Ná ‘n ekstra woeste tien dae van kosmaak teen topspoed, vinnig planne maak, breinselle gebruik wat ek het en nie het nie, het my kop stilgestaan teen Donderdagaand, my oë stokstyf in my kop. Jy kon geen bruikbare reaksie uit my brein verwag nie en elke woord wat uit my mond gekom het, moes jy met meer as ‘n knippie sout neem.
Die stof het gaan lê. Wat is die slaap? ‘n Wondersoete ding, het een of ander baie bekende digter gesê. Sy naam is iewers in my brein se argiewe weggebêre. Diepppp.
Ek het nog altyd geweet die groep vroue en man wat God my gegee het vir ‘n Bybelstudiegroep is uitgesoek met die hand. Vrydagoggend het hul groepleier ‘n ronde nul op ‘n kontrak beteken. Haar kop het nie geraas nie, nee, haar kop was doodstil. Maar húlle is goud werd. Weer eens het ons ‘n wonderlike Bybelstudie gehad. Want sien, niks het eintlik verander nie. Elkeen in ons groepie stap ‘n wonderlike pad met ons Here en elkeen dra elke keer soveel by, ons leer by mekaar. Ek is eintlik net die koördineerder. Almal dra by.
Met die kinders wat die naweek kom kuier het en ‘n rustige atmosfeer van lekker saamwees, het die stof in my kop gaan lê. Daar is nog 12 maklike en vinnige kossies wat gemaak moet word môre. Dan is ons klaar.
Mense! Ek is opgewonde! Die foto’s is fantasties verby! Ons is presies dieselfde span wat die vorige twee boeke ook gedoen het. Ek kan letterlik sien hoe ons al drie gegroei het.
In die afgelope twee maande het ek twee uitmergelende moeghede ervaar. Met die Baviaans Camino was dit liggaamlike moegheid. Hierdie keer was dit kopmoegheid. Dis goed om dit te ervaar.
Ek is reg vir wat voorlê.

Toortsie 3, is dit nie?
Toortsie
Die foto spreek boekdele. Dis nie stof wat gaan lê nie dis stoom wat optrek. Mooi man. Net twaalf klink na nog n goeie klomp.
LikeLiked by 1 person
Eerste dag … 24. Tweede dag … 24. Dalk selfs meer en dit was resepte wat tyd gevat het om te maak. Dit is nog ‘n dag se werk.
LikeLiked by 1 person
Bakke raak op. Idees raak min. 🙈
LikeLike
Sjoe, hoe hou jy dit?
LikeLike
Klaar! 😀
LikeLike
Ek antwoord jou in ‘n blog. 🙂
LikeLiked by 1 person
Ek vermoed die stroom het opgetrek én die stof het gaan lê. 🙈😁
LikeLike
Haha!
LikeLike
Daar oor die Overberg het ‘n Toortsie Twister deksels afgeruk en stof opgeskop. “Warrelwind tref kombuis.” Ek sien in my geestesoof hoe wentel lepels en boontjies en steak deur die lug. Ons sien uit na die boek. Die vorige was meer as ‘n resepteboek maar opvoedkundige vermaak.
LikeLiked by 1 person
Dankie!
LikeLiked by 1 person
Wat is die slaap ‘n wondersoete ding! D.F.Malherbe het dit geskryf (en ek was óók ‘n Malherbe).
Ek is bly die gejaag is verby.Nou kan jy net GENIET.
LikeLiked by 1 person
Nog môre 😁
LikeLike
Kan nie wag vir hierdie een nie!!!
LikeLiked by 1 person
😊
LikeLiked by 1 person
Dis pragtig!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie!
LikeLiked by 1 person
Voorwaar ń woeste tyd agter jou, ek dink jy het meer as kop fiksheid nodig gehad om al die disse voor te berei. Ek sou omval moeg gewees het. Die foto’s is fantasties. Sterkte vir vandag.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie. Die laaste been.
LikeLike
Klaarrrrr! 👏🏻👏🏻👏🏻
LikeLiked by 1 person
Dis ń uitsonderlike foto, Toortsie!
LikeLiked by 1 person
Ek os verby mal daaroor.
LikeLike