Hoe bereken ek my tiende?

Die maklikste een om sy tiende te bereken, is seker iemand wat ‘n vasgestelde salaris per maand kry. Of, al is dit nie vasgestel nie, ‘n bedrag kry wat in sy rekening inbetaal word. Dan is dit baie maklik om dit te bereken – 10% daarvan!! 🙂

Maar wat maak die persoon wat sy eie besigheid het, wat dalk sommer uit die besigheid leef en nie noodwendig ‘n spesifieke bedrag kry wat hy sy inkomste kan noem nie? Wat maak die persoon wat jaar vir jaar nie noodwendig ‘n groot wins toon nie? Hoe bereken daardie persoon sy tiende?

Ek dink so iemand moet ‘n slag gaan sit en kyk wat is sy PERSOONLIKE uitgawes in ‘n maand. Hoeveel spandeer hy op homself/haarself? As jy dan daardie bedrag het, 1o% daarvan! Is dit uitvoerbaar?

Hoe gee jy jou dankoffer? Maandeliks of jaarliks? Dis my persoonlike ervaring dat as jy jaarliks gee, jy minder gee as wanneer jy maandeliks sou gee. ‘n Duisend rand per maand klink nie naastenby so erg soos R12000.00 eenmalig nie. Oorweeg dit.

Gee jy nie naastenby 10% nie? Dink dan daaraan of jy nie jou bydrae ‘n bietjie wil verhoog nie. Verhoog dit maandeliks tot jy by die 10% kom. En as jy reeds daar is, wat verhoed jou om nog meer te gee??

God het ‘n blymoedige gewer lief. Gee vir Hom met ‘n bly hart en ek belowe jou, Hy gaan jou seën!! Maar….. moenie gee met die hoop om iets terug te ontvang nie. Gee uit liefde, uit dankbaarheid…

So ‘n nagedagte of twee….. Ek het nog nooit die saak van ‘n tiende van jou tyd regtig oordink nie. Ek hoor nogals daarvan op verskeie plekke. Beteken dit dat ons 2.4 uur per dag met God se dinge besig moet wees? Kan iemand dit dalk vir my verduidelik?

en….. vandat my beursie tot bekering gekom het, gaan dit baie beter met my eie geloofslewe!! sommer net so terloops

Iets wat my nogals destyds oortuig het, was hierdie opmerking: “Ek ontvang eerder die Here se seën op 90 % van my inkomste, as om geen seën te kry op 100% nie.”….. ek was nog nooit NOOIT spyt oor my besluit nie. Nog nooit.

Toortsie

Toortsie se faceboekbladsy

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geldsake, Geleefde Christenskap and tagged , , . Bookmark the permalink.

8 Responses to Hoe bereken ek my tiende?

  1. vega sê:

    Die konsep van ‘n tiende is Ou Testamenties. Jesus het NOOIT gepreek dat mens ‘n tiende moet gee nie. Al wanneer hy daarvan gepraat het was as hy van die Fariseers gepraat het. Alles wat mens besit behoort aan die Here, mens moet dit gebruik soos gelei deur die Heilige Gees. En as ons lewe soos Jesus van ons verwag sal ons meer as ‘n tiende gee, soos wat daar nood is.

    Like

    • Toortsie sê:

      Ja, dit is seker outestamenties. Maar al is dit nie meer ‘n voorskrif wat moet nagevolg word, al is dit nie meer wetties nie, het God nooit verander nie. Daar is nog steeds dinge waarvan Hy hoe en ander waarvan Hy nie hou nie. Dis ons eie keuse of ons iets doen en soos jy sê, ons moet lewe soos Jesus, gelei deur die Heilige Gees. Ek gee my tiende omdat dit vir my lekker is, die 10e is vir my ‘n goeie aanduiding dat ek nie NIKS gee nie. Ek gee dit nie omdat ek bang is vir straf nie. En soos jy sê, als behoort aan God. Ek gee net ‘n 10e daarvan vir Hom terug uit dankbaarheid. soos ek al soveel keer gesê het, die GESINDHEID is al wat tel, en die fariseers se gesindheid was verkeerd. Hulle het gegee om gesien te word, en nie omdat hulle vir God liefhet nie.

      Like

      • Toortsie sê:

        Die belangrikste is dat dit vrywillig is. 🙂

        Like

        • vega sê:

          Jy’s reg, maar hoe dit bereken word is nie belangrik nie. Ek en my man sit ‘n tiende van ons totale inkomste in ‘n spesiale rekening. Daaruit gee ons aan mense in bediening, behoeftiges en ons ouers op ‘n maandelikse basis. wat oorbly word dan gebruik soos ‘n behoefte bekend word. Maar dis nie belangrik nie, wat belangrik is, is jou daaglikse lewe, lewe mens met ‘n oop hand en met die gesindheid van alles wat ek besit behoort eintlik aan God en wend ek dit aan tot opbou van Sy koninkryk. Mens moet liggies vashou aan jou aardse goedere.

          Like

          • Toortsie sê:

            Klink my julle het dit reeds bereken. Maar weet jy, daar is soms mense wat vir my vra – hoe bereken ek dit? Want vanjaar maak ek ‘n goeie oes, volgende jaar ‘n verlies…. Dit was sommer net om as aanduiding te dien.
            Lekker aand!

            Like

  2. Kameel sê:

    “With what shall I come before the Lord, and bow myself before the High God? Shall I come before Him with burnt offerings, with calves a year old? Will the Lord be pleased with thousands of rams, ten thousand rivers of oil?……….” He has shown you, O man, what is good; And what the Lord require of you But to do JUstly, To love MErcy, and to walk HUmbly with your God.”
    Eerstens kom ‘n verhouding met God, en ‘n suiwer hart…. daaruit vloei dan die gee van tiendes en offerhandes…. “which will be pleasing to the Lord.”

    Like

  3. Ek stem saam met Vega – alles behoort aan God. Die 10% van die geld en besittings is seker die minste van dit wat mens aan jou medemens en God verskuldig is. Liefde bestaan nie uit ‘n % nie.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s