‘n Verjaarsdag vol verrassings

Die Toortsie verjaar! 😁 En watter verjaarsdag is dit nie!

Ek het groot planne gehad vir hierdie dag, wou partytjie hou en alles, wou die nuwe Toortsie bekendstel, maar Vader Tyd het ander planne gehad. Boek is nog nie gereed vir bekendstelling nie. Regtig, die laaste 15 meter is vol slaggate. Maar laat ek eerder van die verjaarsdag vertel!

My manlief het natuurlk vir ‘n groot bederf gesorg, maar ek gaan nie uitpraat nie.

Vanaand woon ek ‘n musiekaand van ‘n baie besonderse skool by en as die koor ‘Veels geluk, liewe Toortsie’ sing, gaan ek vreeslik skaam wees.

En toe sing die hele saal vir my!

<<<<<<<<
rwags op my verjaarsdag, ek het dit natuurlik verwag, maar nie met sulke goeie tydsberekening nie, stuur die ambassade van ‘n baie ver land toe sowaar vandag vir my die briefie dat ek vir hulle mag kom kuier! My visum is goedgekeur. Waar daardie ver land is, kan julle maar net raai! 😁

Nog is het einde niet!

Uiteindelik het my nuwe boek se proef vandag van die drukkers af gekom. Sug van verligting en dankbaarheid. Dis goedgekeur, so nou is ons in die finale rondte. Julle kan al bestel by Bidorbuy, maar onthou dat julle ‘n hele rukkie sal moet wag voor dit sal kom.

Intussen, dankie vir elke goeie wens. As dit alles moet waar word, gaan julle toor met hierdie Toortsie!

Groetnis

Toortsie

Advertisements

16 thoughts on “‘n Verjaarsdag vol verrassings

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s