Hierdie blog het in 2010 ontstaan en aanvanklik was Toortsie die enigste skrywer. Bokbaaivygie het vir ‘n klein rukkie hier geskryf, en Kameel was ‘n jarelange mede-skryfster. Tans is dit weer net die Toortsie wat hierdie blog beman.
Toortsie is ‘n klein flitsliggie wie se werk dit is om lig te maak. Die flitsliggie skyn orals in: Daar waar ‘n mens dit verwag, maar ook daar waar ‘n mens nie graag wil hê hy moet skyn nie.
Op hierdie blog kuier ons lekker saam, ons lag, ons is laf, ons huil saam, ons troos. Ons vertel van ons werdervaringe en ons respekteer mekaar. Alhoewel ek in Jesus Christus as my Verlosser glo, respekteer ek dit dat hier mense is wat dit nie glo nie, en verwag dieselfde respek terug. Ons gesels oor dinge wat ons glo, sonder om mekaar af te breek.
Kuier lekker saam, gesels lekker saam. Hier in blogland is ons soos een groot familie.
Groetnis
Toortsie
Welkom hier Toortsie! Hoop jy gaan lekker helder skyn hier.
LikeLike
Dankie Dion! Julle moet maar vir my op ‘n subtiele manier laat weet as die batterye flou raak, hoor!
LikeLike
Aangename kennis Toortsie.
LikeLike
Hello Charms. Welkom!! Ek hoop ons sien mekaar nog baie!
LikeLike
Hello,ek sal jou blog lees. Ek hoop dat dit sal my taal better maak. Jammer vir die vuil taal. Any way the only way to make my afrikaans better is to practice reading it.
LikeLike
Baie welkom! Ek hoop jy geniet dit. En dit is soos jy skryf, deur dit te lees, sal beslis help. En deur te skryf, natuurlik ook!!
LikeLike
Toortsie, ek het so half ‘n guns om jou te vra – ons het gister in die vak dieregedrag geleer van verskillende maniere hoe mens melkkoeie kan aanhou. Maar dis nou net in Switserland. Toe wonder ek, kan jy my dalk vertel hoe melkbeeste daar aangehou word?
Hier is vasbinding algemeen, veral by boere wat net ‘n paar beeste het, en meestal in die berggebiede. Dis egter nie goed vir die beeste nie, want hulle is heeltyd op een plek. Daar word dan voorgeskryf dat hulle ‘n x aantal dae buite moet wees. Die toenemende tendens is loopstalle (want melkbedrywe word ook groter), waar daar ‘n eetdeel en ‘n lêdeel is, en die beeste kan rondloop op hulle eie. Dink hulle kan dan ook op die weiveld in die somer. En waar word die versies gehou? Hier word hulle in groepe in “igloes” gehou.
Sal baie waardeer as jy vir my so bietjie informasie kan gee!
LikeLike
Graag. As ons weiding het vir die beeste, wei hulle in groot kampe of lande. Onthou, hier by ons is RUIMTE nie ‘n probleem nie. Sekere troppe melkkoeie word wel in groot voerkampe aangehou. Maar hulle is beslis nie vasgemaak nie en daar is genoeg beweegruimte. Die meeste troppe loop op die lande. Koeie wat opgedroog is loop ook op baie groot lande. Versies word aanvanklik in klein hokkies gehou sodat hulle goed versorg kan word en sodat hulle nie mekaar kan besmet met siektes nie. Ook net vir die eerste ruk, dan kom hulle in groter kampe waar baie speelplek is. Wanneer hulle regtig mooi groot is, gaan hulle ook lande toe en wanneer hulle gereed is vir die bul, word ‘n bul by hulle gesit. Hulle bly daar totdat hulle kalf. Ek voel regtig my man kyk mooi na die diere!! 🙂
LikeLike
My wêreld.
Ek wou op Facebook die woorde sit van “My emmertjie loop oor, my emmertjie loop oor, . . .”, toe “google dek dit soomer, hoekom sal ek nou iets oortik, toe kom ek by jou blog uit.
Dié is die laaste liedjie op Juanita du plessis se nuwe CD “Wees Lig”. . . FANTASTIESE CD.
Aangename kennis. Nou gaan ek eers ‘n sjokoladepoeding (probeer) bak.
Groete
Petra
LikeLike
Hello! Het jy toe wel by die emmertjie se woorde uitgekom? Want iewers iewers iewers op hierdie blog, dink ek, behoort dit te wees.
LikeLike
Ek en my plaaskinders (die werkers se kinders) sing dit vreeslik graag. Ek sal daardie CD moet kry, want ek sing dit op “hoorsê” en ek is nie so seker of ek dit altyd reg sing nie!
My emmertjie loop oor, my emmertjie loop oor!! My emmertjie van vreugde 🙂 en van blydskap 😆 loop nou oor!!! 😉
Dit kan maar bietjie mors, dit kan maar bietjie mors, dit kan maar bietjie mors, want die mense is so dors!! 😆
LikeLike
https://toortsie.wordpress.com/2011/02/12/my-emmertjie/
LikeLike
My liewe mens!! Ek nooit kom kyk of jy my geantwoord het nie!! Ek is besig om my eposse uit te sorteer. Het eposse vanaf 2008 op my PC!! Toe kom ek weer af op eposse re “Toortsie”. Ek het “subscribe” tot jou blog ma nooit weer iets gehoor gehoor nie, toe kom kyk ek of jy nog lewe 🙂 Het jy toe daai CD gekoop? My niggie woon ook da in Swellendam…
LikeLike
Helloooo!!! Ek kan nie verstaan dat jy nooit weer gehoor het nadat jy “subscribe” het nie. ek verstaan nie altyd die tegnologie nie! Nee, nog nie die CD gekoop nie! Ek ken die Swellendammers maar swak, werk meer na ‘n ander dorp se kant toe. Ken jou niggie vir my?
LikeLike
Het nou sommer ‘n klomp van jou posts gelees, baie inspirerend 🙂 Dankie!
LikeLike
Welkom! En dankie!
LikeLike
Aangename kennis!
Toortsie, baie dankie vir julle bereidwilligheid om te help met die wiegeliedjie!
Ek las weer die skakel na die gediggie wat ek geplaas het op woes:
http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/lullaby
Beste wense vir die nuwe week.
LikeLike
ek sal dit aanstuur vir my dogter. Groete
LikeLike
Sien jou so af en toe op Attie se koffietafel blog.Ek hou nogal van jou skryfstyl en jou blog lyk baie interessant.Ons het al baie in Stilbaai vakansie gehou.Ek is n gebore Kapenaar,maar het hierbo in Pretoria groot geword.Het al verby Swellendam gery en lyk na n baie mooi deel van Suid Afrika.
Groetnis.
LikeLike
Dankie Werner, en baie welkom. Onthou, ons is 3 wat hier skryf: Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie. Loer gerus weer in.
LikeLike
vertel bietjie van bokbaaivygie? dit raak nou n baie interessante kombinasie
LikeLike
Sy moet self vertel!! Ek dink die groep is nou voltallig. Iemand wat ook al die pad van die lewe gestap het, en baie het om vir ons te vertel, te leer….
LikeLike
Het jy ‘n blog? Die adres is vreemd.
LikeLike
so het ek dit nou reg???? jy is of was die kameel????? ek dog die kameel is ‘n ou litnetter maar hy was ‘n hy en jy is ‘n sy!!!!!!
ek snuffel lekker hier by jou Toortsie, of kameel!!! die lewe is ‘n lied by jou som ek so tussen die lyne op.
LikeLike
toorts, sal jy seblief daar by my gaan lees, en ietsie los???????
ek soek raad want ek is BANG!!!!!!!
LikeLike
ek soek nog die plek!! Wat is die adres?
LikeLike
dankie vir die inloer en komentaar daar by my toorst
soms is dit goed om jou antwoorde uit ‘n ander mond, of in die geval, skrywe te kry, in die eerste plek laat dit jou stilstaan en die saak mooi van alle kante te beskou, en tweedens is dit lekker om te weet ander gee genoeg om om saam jou stil te staan by jou eenvoudige probleempie wat op daardie stadium soos ‘n berg voor jou staan
LikeLike
Natuurlik is dit lekker as mense by jou inloer en kommentaar los!! Anders voel dit mos ons praat net met onsselwers, en dit is tog nie lekker nie! Mooi dag!
LikeLike
Hi!
Gaan kyk asb op my blog, hierdie blog is genomineer vir ietsie! 😉
LikeLike
Hello Toortsie! Ek blog ook hier van die suide punt van ons land af!
LikeLike
Nou is ek darem baie nuuskierig oor jou! Seegogga sien die dinge ook van die suidekant af, nes ek.
LikeLike
“Stap maar so deur die woestyn en juig oor elke oase op die pad.” So mooi gestel.
LikeLike
Baie dankie dat jy my blog volg!
LikeLike
Ek het nog nooit blogs gevol nie omdat ek nie die baie email wil ontvang nie. Ek volg dit nou met die WordPress reader,,’n nuutjie vir my. Ek glo dit sal makliker werk as om altyd almal te moet onthou. Xx
LikeLiked by 1 person
ek doen dit ook!
LikeLike
Dankie vir die volg van OMBH. Ek hoop julle vang ‘n glimlag of drie wanneer julle ‘n draai kom maak.
(Ek sukkel ‘n bietjie met my Afrikaans lees maar ek sal so elke nou en dan hier ‘n draai knom gooi!)
Lekker dag daar aan die suider punt… ek verland baie dae terug!! 😉
LikeLike
Welkom
LikeLike
Kyk nou is ek so deurmekaar soos kome kan. Net ‘n rukkie terug hierdie blog gelees en nie geweet hoe ek ewe skielik daarby uitgekom het nie. Hier is hy nou weer en party van die kommentare is van mense wat intussen uit ons lewens verdwyn het… en waaroor ek nog met tye wonder.
LikeLike
So weet jy nie hoe jy hier beland het nie?
LikeLike
https://toortsie.com/2012/10/12/wie-is-ons/
LikeLike
Moet nie met my spot nie Toorts 😦 Ek het hierdie selfde blog verlede week gelees en het gewonder hoe ek ewe skielik op dié blog afgekom het wat kommentare van ‘n paar jaar gelede op het. 😯
LikeLiked by 1 person
Dis onse blog, Kameel. Jy het net per ongeluk About raakgekliek.
LikeLike
Voel jy vreemd op die blog?
LikeLike
Baie vreemd. Ek wou jou blog lees wat jy vandag geplaas het toe gaan hierdie een oop. Wat druk ek verkeerd dat ek hier beland???
LikeLike
Ek vermoed jy kliek die Aangename Kennis raak. Jy moet net ‘n bietjie hoër kliek op die foto. 🙂 Sommer op die letters: Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog.
LikeLike
Dankie tog… dog ek raak koekoes. Kom daarvan as ek op my foon wèrk ipv laptop. Mooi dag vir jou!!!
LikeLiked by 1 person
Dieselfde vir jou! En nee, jy makeer op die aarde niks. 🙂
LikeLiked by 1 person