Middelpos! In die Roggeveld. Wat ‘n verrassing. Dit laat my dink aan Ouplaas waar ek vandaan kom. Daar is ‘n hotel en ‘n winkel en ek dink ‘n polisiestasie. En ‘n man wat met bokke boer en teel met boerboelhonde en ongelooflike mooi hoenders.





Ek ken hoenders as hoenders en kapokkies as klein hoendertjies. Hier lyk die kapokkies soos hoenders en die hoenders reusagtig soos kalkoene. En blykbaar het ons nog nie eers die regtige mooi hoenders gesien nie. Die broeipare is blykbaar besonders. Hy het blykbaar bloues ook! Sien, ek is glad nie verkeerd met my blou skapie nie!

Toortsie
Woow !!
Dat doet me terugdenken aan mijn kindertijd op de boerderij van mijn Ouders.
Daar was ook veel pluimvee in allerlei soorten en kleuren aanwezig.
Bedankt voor het opwekken van die herinnering.
Groetjes uit Vlaanderen 😀
Theo
LikeLiked by 1 person
😀
LikeLike
Sjoe nou vat jy my ook ver terug. Toe ek nog jonk was( so 16 tot amper 30) het ons met melkbokke geboer. Ons het iemand op Middelpos geken wat ook melkbokke gehad het. My ouers het meer met die oom te doen gehad. Kannie onthou wat sy van was nie maar ek weet ons het wel by hom bokke gekoop en gaan haal. Dis darem maar pragtige hoenders wat die mense het. So lekker om regte versorgde hoenders te sien. Ek gaan meestal na ons pluimvee skoue net om te sien wat hul alles uitbroei. Ons het ook n kapokkie gehad. Swart en ‘n haantjie wat saans by ons in sitkamer op rusbank se rugleuning kom sit en dan saggies met mens gesit en praat het. Hy’t later sy twee vroutjies ook na bank genooi maar hul was meer teruggetrokke en wou nie by hom kom sit nie.
LikeLiked by 1 person
Te oulik die kapokkie op die sitkamerbank! Ek het mense geken wat mak tarentale gehad het wat saam tv gekyk het.
LikeLike
Haha, hierdie haantjie was n swart pof geveerde outjie. (weet nie wat hul genoem word nie) My man was ‘n hoender en duiwe liefhebber. Ou Kokkie was te dierbaar met sy geselsery in ‘n mens se oor want hy wou naby mens sit saans.
LikeLiked by 1 person
Oulik
LikeLiked by 1 person
Die hoteleienaar sê dit was hulle. Hulle is nou van der Westhuizen. Haar ouers was die Wrights en het ook al melkbokke gehad. 😁
LikeLike
Ag nou toe nou. Dis nou “toevallig”. Dis ‘n klein wêreldjie. Ek kon gaan opsoek wie hul was maar was nie lus vir grawe nie. Ek het al die bok jaarboeke en vergadering papiere saam heerheen gebring. Brong van baie interessante dinge. Tannie Issie duPreez van De Aar was ons sekretaresse gewees.
LikeLiked by 1 person
Ek het ook kappokkies as troeteldiere gehad. Het nogal n soft spot vir n mooi hoender. Hulle het baie persoonlikheid, hoor!
LikeLiked by 1 person
Jy het steeds ‘n piepklein hoendertjie: Bekkie! 😀
LikeLike
Piepklein maar GROOT! Hy is baas vd plaas.
LikeLiked by 1 person
Jajaaa
LikeLike
Ons het ook gehad Seegogga. Ons hen se naam was Hennetjie, as jy die deur oopmaak en roep, kom sy oop en toe aan genael.
LikeLiked by 1 person
Hulle was oulik
LikeLiked by 1 person
Dit lyk inderdaad soos skouhoenders, hulle is pragtig! Geniet jy die ekskursie?
LikeLiked by 1 person
Ons kuier heerlik. 😁
LikeLike
Klink soos Plooysburg…daar is net nie ‘n hotel nie! Maar die hoendertjies is mooi. Het hoeka so veelkleurige plastiek tafeldoek by Pep gekoop om my yskas te plak.
LikeLiked by 1 person
Ek ken daai tafeldoeke! 😁
LikeLike
As ek dit nie mis het nie, het die hele dorp azn een persoon behoort die tyd toe ons daar waz. Snaaks die plekkie het ń diep indruk op onx gdlaat. Ons sal nou nog tdrug verwys nz die dorpie.
LikeLiked by 1 person
Ja hele dorpie behoort aan een eienaar.
LikeLiked by 1 person
Skou hoenders op Middelpos … kan jy nou meer! Toe ons by die winkeltjie op Middelpos ingegaan het, was daar ‘n kennisgewing op die deur geplak wat lui: “Die kind wat weer sy neus teen hierdie venster druk, se ma moet dit self kom skoonmaak” … dit het my ‘n tydjie geneem om op te hou lag 😅.
LikeLiked by 1 person
😁 ek was nie by die winkel nie, waaroor ek nogal spyt is. Dit klink my die hele dorpie behoort aan dieselfde mense. 😁
LikeLike