Job se geduld

In ons bybelstudiegroep worstel ons sedert die begin van die jaar saam met Job. Of hy ‘n regte persoon was of nie, maak eintlik nie saak nie.

Ons kry saam met hom swaar, sug saam met hom oor als wat hy verloor: Eers sy besittings, dan al sy kinders, dan sy gesondheid. Job wat eers ‘n gesiene man was in sy gemeenskap, word ‘n uitgeworpene wat homself met ‘n potskerf moet krap. Hy verduur spot, selfs sy slawe gehoorsaam hom nie meer nie. Dit alles saam met liggaamlike pyn en ongerief.

Terselfdertyd leer ons van sy vriende wat hom kom besoek.  Dis mos wat ons ook doen: As ‘n vriend swaar kry, toon ons medelye. Aanvanklik doen die vriende reg: Vir ‘n week lank sit hulle net by Job, met grond op hulle koppe gegooi, voel hulle saam met Job.

Tot hy begin praat. Hy praat sy hart uit. Hy vra vrae.  Hy wil graag weet HOEKOM het dit hom oorgekom?  Hy’s uitgemergel. Moedeloos.  Hy bevraagteken sy geboortedag.

Sy vriende hou nie van wat hy sê nie, help hom eers sagkens reg, maar soos die tyd verloop en Job nie na hulle wil luister nie, begin hulle met hom redeneer, reageer al hoe skerper, raak geniepsig…  Dit maak my bekommerd… Is dit nie maar hoe ek ook maak nie? Ons leer, as vriende van iemand wat swaarkry, om te LUISTER na wat die persoon sê, nie sommer gevolgtrekkings te maak nie, te ondersteun eerder as te verwerp.

Ons leer by Job dat, al is hy moedeloos, al vra Hy vir God vreeslike vrae, al sê hy dalk verkeerde dinge, dat Hy steeds aan God bly vashou, want waaraan anders moet hy vashou? Dat, al is hy nietig en klein, teenoor God se almag, hy steeds nie vir God vervloek of verwerp nie. Ons sien ‘n ongelooflike groot geloof.

Waar die uitdrukking, “Job se geduld” vandaan kom, weet ek nie.  Maar ek leer geweldig baie oor sy geloof.

Dag 33? Wat ‘n wonderlike God het ons! Een wat ons kan weet saam met ons in ‘n krisis gaan, ons NOOIT alleen los nie. ‘n God wat dalk nie alle sleg van my af gaan weghou nie, om watter rede ook al, dalk sodat ek in geloof moet groei, maar wie my sal beskerm en sterk maak selfs in die grootste krisis!

Toortsie

2 thoughts on “Job se geduld

  1. Verstaan ook nie waar die gesegte “Job se geduld” vandaan kom nie; maar dat hy deur alles heen sy geloof behou, en ‘n wyser mens aan die anderkant uitgekom het, is verseker.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s