Wie is ons?

Die Kameel, die Toorts en die Bokbaai…..   Na aanleiding van ‘n vragie van Lekkerjeuk, “Is jy skisofrenies of drie blogs in een. Myselwers sal ek koekoes raak om daarmee kop te hou.”, skryf ek hierdie een. Diegene wie nou al lank hier lees, ken ons verhaal, maar vir die nuwes onder ons vir wie dit dalk verwarrend kan wees….

Ek, Toortsie, het die blog so 2 jaar gelede begin. Intussen het Kameel, vir wie ek nie in persoon ken nie, by verskillende blogs begin reageer in haar facebook-profiel. Ek het vreeslik gewonder oor waar hoor iemand wat nie self blog nie, van ons? Ons het met mekaar begin gesels deur fb se ‘inbox’, en later was ons selfs fb vriende. (Ek WEET ‘n mens maak nie fb vriende met mense wie jy nie ken nie!!! 😯 ) Iewers het ons ‘n aanknopingspunt gehad, en kort voor lank het ek haar genooi om hier te kom skryf.

Intussen het ek en Bokbaaivygie, ‘n vriendin uit my hoërskooljare, heerlik gesels, en hier is sy nou ook!!

Dis ‘n groot besluit om iemand te nooi om ‘n blogmaat te word. Dis amper soos ‘n huwelik. Daarom moet jy baie mooi dink voor jy dit doen. Maar ek is nie een dag spyt dat ek dit gedoen het nie. Alhoewel ons al drie se lewens totaal van mekaar verskil, ons in verskillende denominasies in die kerk is, het ons een groot gemene faktor: Ons liefde vir God. Ons vul mekaar aan. Daar is geen reël oor wanneer wie mag skryf nie. Elkeen skryf wanneer sy wil, waaroor sy wil.

Hoe doen jy dit? In die instrumentepaneel, redelik onder, is ‘n Icon, “users”. Kies Invite new. Daar vul jy die persoon se epos-adres in, ‘n boodskap vir hom/haar, en die rol wat jy vir hom/haar gee. Jy kan daar gaan lees van die verskillende rolle, maar jy kan kies tussen:

  1. Administrator, wie, soos jy, alles kan doen en verander op die blog. Maak maar eers seker of julle goed regkom, voor jy hom/haar ‘n administrator maak.
  2. Editor. Soos ek dit verstaan kan ‘n editor publiseer, verander aan enige pos, ook aan joune.
  3. Author. Hy/sy kan sy eie goed skryf, publiseer, verander soos hy wil, maar nie aan joune raak nie.
  4. Contributor. Hy kan sy goed skryf, maar jy moet dit eers goedkeur voor dit gepubliseer kan word.
  5. Follower. Iemand wat jou blog volg, en ingeskryf is daarvoor.

Op hierdie stadium voel ek ons blog is “vol”. Ek sal nie nog iemand bynooi nie, dan raak dit regtig verwarrend. Maar begin jou eie blog! Dis so lekker!!

Groete

Toortsie

11 thoughts on “Wie is ons?

  1. Baie dankie vir die mooi uitleg, Toortsie, met jou paraffinlampie wat orals inskyn. 🙂 Nou verstaan ek alte goed. Maar ek dink ek stem saam met Maankind dat ek liewerster hen op my eie mishoop wil wees. Dalk verander ek later van plan.

    Like

  2. Ek is baie dankbaar dat jy my hand gevat en oor die afgrond met my gespring het Toortsie. Ek wil dan nie eers alleen in die hemel inloop nie – nou een dag my vriendin gesê dit sal so lekker wees as ons hand aan hand saam daar kan instap 😉 Jy bly vir my ‘n inspirasie!!!

    Like

  3. Ek geniet die diversiteit van julle drie se skrywes. Tog (soos jy skryf) is daar ‘n draadjie wat julle bind en wetend onwetend lees jy dit raak in die skrywes.

    Sal ek ooit iemand laat saam skryf by my blog? Ek twyfel… Vir geen ander rede as dat my Somtyds MY Somtyds is. My stukkie selfsug leegmaak plekkie.

    Like

  4. Mens MAAK vriende op FB met mense wat jy nog nooit in “real life” gesien het of ken nie. Ek het gisteraand gebraai en gekuier saam met twee sulke mense, van Australie – wat nou in SA kuier. Ons het mekaar leer ken op FB, nadat daar kommentaar gelos is op ‘n YouTube wat ek gemaak is. En die snaakste ding gisteraand was – dit het gevoel of ons mekaar al jare ken. Ons het vanuit die staanspoor net gekliek.

    Like

  5. dis nou interessant – dankie vir die deel.

    nee wat, ek het ‘n paar facebook vriende wat so deel is van my lewe en ek het hulle nog nie in lewende lywe ontmoet nie.

    dan is daar ‘n hele paar wat very dear friends in die regte lewe nou is, wat ek op facebook ontmoet het. embrace technology … 🙂

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s