


Daar is tans drie gedrukte resepteboeke, geskik vir die LCHF-leefstyl, vir Banting, Paleo en Keto en selfs diabete vind dit goed om te gebruik. Natuurlik is dit baie ryk en maklike resepte, so almal wat hou van lekker eet geniet dit ook. Die eerste boek, Toortsie se Bantingresepte, is ook in Engels, Toortsie’s Banting Bash! Hierdie twee boeke is dus dieselfde resepte, net in Afrikaans en in Engels. Die tweede boek is Hier’s die Toortsie weer! Beide hierdie boeke gee ook Bantingraad en hoe ek die leefstyl benader. Al hierdie boeke is baie kleurvol en die foto’s van die resepte is ook baie mooi. Hierdie boeke is almal by my of by Bidorbuy te koop, R175 per boek. Geregistreerde posgeld is ingesluit by hierdie bedrag, maar as u Postnet of Courier Guy verkies, kos dit R100 ekstra.

Ek is tans besig om die derde Toortsieresepteboek te doen en hoop om volgende week die kosfoto’s te neem. Dit beteken dat hier ernstig kos gemaak word in die Toortsiekombuis! Ek twyfel egter of hierdie boek nog in 2020 die lig sal sien, tensy ek dag en nag werk hieraan, maar mens weet nooit!

Die Goue Vroue het ook ‘n boek saam geskryf, ‘n fanatasieverhaal en hierdie boek kan ook by Smashwords gratis afgelaai word.
Kontak my indien u in enige van hierdie boeke belangstel. My e-posadres is madeleburger@gmail.com
Groete
Toortsie