Elke dag is ‘n tweede kans

Vir dae lank al draai ‘Elke dag is ‘n tweede kans’ van Helene Bester in my kop.

Elke dag is ‘n tweede kans! Elke nuwe dag wat God ons gee, kry ons ‘n nuwe geleentheid om goed te doen, reg te maak, weer te probeer, vergewe!

In Lukas 4:18-19 word Jesus se bediening beskryf: “Die Gees van die Here is op My omdat Hy my gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig.

God stuur my ook om hierdie dinge te doen. Hy stuur my om die evangelie te verkondig aan hulle wat dit nie ken nie, om aan mense wat vasgevang voel met die daaglikse stryd van die lewe, vrylating deur Jesus Christus aan te kondig. Hy roep my om mense te help om die Waarheid te sien en op te staan vir hulle wat onderdruk word.

Hy roep my om die genadejaar van die Here aan te kondig, om te sê, ons het ‘n tweede kans! Ons het elke dag ‘n tweede kans en al voel dit of ons regtig aan die einde van ons kragte gekom het, al weet ons regtig nie meer watter kant toe nie, in Hom het ons ‘n tweede kans! Hý bied ons ‘n tweede kans. Hý gee ons ‘n genadejaar.

Nie net sodat ons IN Hom kan glo nie, kan glo dat Hy gelewe en gesterf en opgestaan het nie, maar om Hom te glo, om te glo dat Hy regtig is wie Hy is, dat Hy in beheer is, Almagtig is, weet wat Hy doen.

Daarom, laat ons hierdie tweede kans gebruik wat ons het. Laat ons dit benut tot voordeel van onsself en van ander. Laat ons goed doen aan ander. Laat ons doen wat Jesus gedoen het, naamlik om die evangelie aan armes van gees te verkondig, mense wat gevangenes in die lewe is, help om vry te kom.  Laat ons blindes help sien en onderdruktes in vryheid uitstuur. Laat ons die genadejaar van die Here aankondig.

Here, help my asseblief om elke dag se tweede kans met albei hande vas te gryp tot eer van U naam alleen.

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Hoe raak my verswakte moeders my?

Toortsie by Pinterest

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap, Toortsie se dagstukkies op Sondae. Bookmark the permalink.

8 Responses to Elke dag is ‘n tweede kans

  1. travel460 sê:

    Toortsie, my hart jubel oor die ‘genadejaar’. Ek gryp ook ñ tweede kans met albei hande vas.

    Liked by 1 person

  2. AWETHENTIQ sê:

    Sewentig maal sewe. Ouens soos ek vind tweede kanse effe min. 🙂 Elke keer gee Hy weer ‘n kans, maar dan moet ‘n mens opreg wees in berou en boonop ook eerlikwaar na Sy wil soek en meer as net streef om dit te doen.

    My 490e kans begin, ja wel, by die tweede een. Sy Liefde en geduld is onbeskryflik. Maar ek het ook al aan Sy verkeerde kant beland en my straf moes verduur. Ps 119:65-73, jy weet.

    On 15 Jan 2017 19:09, “Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog” wrote:

    > Toortsie posted: “Vir dae lank al draai ‘Elke dag is ‘n tweede kans’ van > Helene Bester in my kop. http://www.youtube.com/watch?v=I-XT5lt0DeY Elke > dag is ‘n tweede kans! Elke nuwe dag wat God ons gee, kry ons ‘n nuwe > geleentheid om goed te doen, reg te maak, weer te p” >

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s