Jare gelede het ek hierdie ysbreker op ‘n partytjie gebruik en dit het uitstekend gewerk. Jy stel ‘n lys op met verskillende vrae. Die doel van die vrae is om mense te elimineer. Laat almal opstaan. Jy vra die vrae van nommer 1 af en as die antwoord op die persoon betrekking het, moet hy sit. Die een wat die langste staan, wen ‘n prys. Vrae moet lekker laf wees, en as jy jou vrae opstel, dink aan die persone wat kom. Wat sal op hulle betrekking hê?
Vrae soos:
- Wie was die afgelope week in die Kaap/Johannesburg/Pretoria…
- Hou jy van afval? (of sal dit te gou ‘n klomp laat sit?)
- Wie het die afgelope week geswem?
- Wie het ‘n kind in graad 7 (of waar ook al)
- Was jy al teen die Eiffeltoring uit?
- Wie het vergeet om ‘n pantie aan te trek?
- As jy ‘n rooi bra aanhet…
- Wie was gister by die haarkapster?
- Rook jy?
- Verkies jy rooiwyn?
- Het jy ‘n tweeling?
- Wie is swanger?
- …
Groetnis,
Toortsie
Toortsie by Finesse: ‘n Spinnekop het my gebyt!
Toortsie se Faceboekpage
Toortsie se Bantingboerekosboek Faceboekpage
Ek staan nog Toortsie 😆
Ysbrekers help baie, ek het een maar dit moet gedemonstreer word. Eenkeer by ‘n vyf dae konferensie het die spreker ons dit op die eerste aand laat doen… na ons almal lekker saam gelag het is die “ys gebreek,” en het ons vir die volgende vyf dae lekker saam “gekuier.”
LikeLike
Hier volg nog ‘n vragie…… het jy al ooit op ‘n blog 😯 geskryf??
LikeLike
Gehoorsaam gaan sit ek. 😉
Het jy al ooit spelde op iemand se stoel gesteek (skerp kant boontoe?)
LikeLike
As kind op skool….. uhm….. en drukspykers…ai, ai, ai, hier kom my sondes nou uit.
LikeLike
Het jy al ooit ‘n leuen vertel bv deur te sê jy gaan pannekoek 🙄 bak?
LikeLike
Wie sê dit was ‘n leuen?
LikeLike
Omdat ek nie “tring, tring” gehoor het, en dan die stem wat sê “die pannekoek is reg,” nie.
LikeLike
Oraait, maar ek sit al lankal. Ek het mos ‘n tweeling. 😦
LikeLike
Jy weet daar is iets soos aan die buitekant sit, maar binnekant staan jy pen orent 😆
LikeLike
Ek het al by no 2 gesit 😈
LikeLike
No 1 was al op toepassing van my!! 😦
Anders nr 5
LikeLike
Ek hou ook van afval! 🙂
LikeLike