Ek is mal oor ‘n poncho… of ‘n sjaal… of ‘n ding wat punte hang. Want sien, onder dit kan ‘n mens basies enige ding aantrek, wat dalk óók punte hang, vir al wat jy weet. Dit maak nie saak dat die klere onder uitsteek nie. Anders as met ‘n baadjie, waar alles mooi netjies moet sit en daar nie stukke van jou hempie onder mag uithang nie.
Vir jare het ek daardie liefde in my doodgedruk, dit was immers nie in die mode nie, asof ék my nou aan mode steur! Kyk, my superbont sjaal wat ek gehekel het, het my tone van dag een af laat krul, al het dit dalk ander laat naar word! (Jammer om van hulle probleem te hoor, maar GELUKKIG hoef hulle dit nie te dra nie! 🙂 )
Ek is altyd op die uitkyk vir ‘n mooi poncho patroon, toe sit iemand hierdie een op die “Ons Hekel” faceboekgroep. Natuurlik is daar nie ‘n patroon by nie, maar ek glo, met ‘n bietjie beplanning, sal ek dalk ‘n soortgelyke een kan optower. Natuurlik laat faceboek nie toe dat ‘n mens ‘n foto kan pin nie, of dis wat ek nog elke keer ervaar het as ek ‘n fb foto wou pin. So, al manier vir my om dit by my Poncho prentjies en -patrone te kry, is om hierdie bloginskrywing te doen met die foto daarby, en dit dan te pin. 🙂
Is dit nie verskriklik mooi nie? En as jy wil weet waar ek my poncho’s en ander serpe pin, kyk bietjie hier.
Vir die hekelaars hier onder ons: Lekker hekel!
Groetnis
Toortsie
Toortsie by Finesse: Wegbreek
Toortsie se Faceboekpage
Toortsie se Bantingboerekosboek faceboekpage
Eintlik is dit vir my ook so pragtig. (Maar ja – my kinders dink nog dis outyds.) Kom ek sê jou, met die volgende geslag gaan hierdie stukke Royal word. Dis harde werk, en die patrone is kleurvol en lekker warm.
Ek hou in elk geval meer van hekel as brei. En ja, ‘n hekelpatroon kyk ook makliker af. Lekker hekel …
LikeLiked by 1 person
Hekelwerk is mos nou weer hoog mode. Moet sê my nageslag byt nog nie aan die nuwe mode nie. My dogter het wel nou die dag gevra of ek eendag vir haar babatjies ook mooi truitjies sal hekel. 🙂
LikeLike
Dra waarin jy gemaklik voel sê ek 🙂 my dogter se skoonma het vir haar ‘n bonte jas…. of laaaaaang baadjie gehekel. Ek kannie een van ons behalwe vir haar daarin sien nie 🙂 Jou poncho’s maak my nie naar nie… ek wonder net waar is die grooooot hoed?
LikeLiked by 1 person
Noggie daaaa nie! 🙂
LikeLike
Ek hou van die patroon en dit lyk nie te moeilik nie. Is soos jy sê bietjie beplanning en dit kom reg. Mooi man
LikeLiked by 1 person
Ek hou van die een wat jy reeds gehekel het – baie mooi.
LikeLike
Dankie. Hy laat my tone krul. 🙂 Ek moet in die regte bui wees om dit te dra, maar DAN is dit HEERLIK!
LikeLiked by 1 person
Lekker … net goed vir die tussen in tyd
LikeLike
My een was met chunky wol gehekel. Baie warm. Het dit in die koue tyd gedra. As ek ‘n volgende een maak sal ek dalk dunner wol gebruik, maar die chunky is nogals lekker.
LikeLiked by 1 person
*fluister* en dit gaan baie vinniger!
LikeLike
*fluister* beslis! En is so lekker warm. 🙂
LikeLiked by 1 person
‘n Ding wat punte hang! 😉
LikeLike
Jajaaa
LikeLike
Leuk, dat Afrikaans. Voor Nederlander goed te lezen. Leuke site, mooie vest.
Groet uit Curacao , West Indies
Piet van Linden
LikeLike
Baie dankie! Welkom!
LikeLike
Hoe lyk dit my blog en hekel loop hand-aan-hand. Sal jy jou eindproduk wys? Hier’s wolle wat wag
LikeLike
Kyk gou bietjie by my kategorieë onder hekel. Ek het ‘n ander poncho gehekel wat ek beslis uewers gewys het. 😋
LikeLike
Ek gebruik baie kleur, heeltemal te verl kleure. 😛
LikeLike
https://toortsie.com/2018/01/09/kreatief-in-2017/
LikeLike
https://toortsie.com/2017/01/05/vryheidsponcho/
LikeLike
Lang storie, maar kyk onderaan die foto. 🙂
https://toortsie.com/2016/12/28/dis-darem-goed-ek-het-nie-laas-week-geskryf-nie/
LikeLike
Laaste een: My Astrante sjaal.
https://toortsie.com/2015/07/06/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-kleur/
LikeLike