Dis darem goed ek het nie laas week geskryf nie!

Kyk, Toortsie het my kwaad gehad! (Ek is mos Toortsie se Alter Ego.) Uit my nate uit kwaad. Dis darem net goed ek het nie laas week geskryf toe ek so verskriklik kwaad was nie, ek kon dalk dinge kwytgeraak het wat eerder moes bly!

Ou Toortsie se dogter het mos getrou en ek sê jou, dit was ‘n storie! As dit nie vir haar man was wat gesorg het dat die plaaswerf mooi skoon was en Antoinettes Events wat vir die res gesorg het nie, weet ek nie so mooi nie. Gelukkig het die bruid ook baie van die organiseerwerk gedoen saam met die skoondogter. Intussen moes ek, Ursula ook maar baie kastaiings uit die vuur krap om alles reg te hou, want sien, onse Toortsie speel net gasvrou!

Maar wat my die KWAADSTE gemaak het, was die kamtige Sarel! Waar sy aan hom gekom het, weet ek nie. Elke dag word Sarel op Facebook in kennis gestel van iets van die troue. Die bruid, die bruidegom, die skoonfamilie, die spysenierders, alles word vir Sarel gewys en sy NOEM nie eers MY naam nie! Ek, wat die hele tyd agter haar moet regmaak! (Nou hoor ek sy sê ek voel bedreig! Gmf! Bedreig se voet!)

Weet julle, as iemand nie op FB gedreig het dat sy nie troue toe kom as ek nie ook daar is nie, weet ek nie wat sou gebeur nie. Ek dink NIE dis snaaks nie! 😦

Sal iemand sowaar voorstel dat Sarel vir my moet ogies maak! Genade! Meng jou met die semels!

Maar nou ja, alles het goed afgeloop, ou Toorts het intussen van ou Sarel vergeet en hou tog te lekker vakansie. En regtig, alles het tog te mooi gelyk en ou Toorts het darem nie skandes gemaak nie, nie sover ek weet nie! Sjoe! Wat ‘n verligting!

Maar ek weet nie of julle kan onthou nie, ek het een keer geskryf van ‘n mal projek waarmee sy besig is. Sy het my die dood voor oë gesweer as ek voor die tyd sou uitlap daaroor. Maar sy het ‘n dubbelbedkombers vir haar dogter gehekel. WIE GEE NOU ‘N GEHEKELDE KOMBERS AS TROUGESKENK?  Maar hier is hy, besluit julle maar of dit kan werk as trougeskenk of nie. Ek moet sê, sy moes nogals hekel dat die biesies bewe!

Raai, eintlik is ou T nie te sleg nie. Ek dink ek sal haar maar hou!

Ursula

(Suiwer verbeelding van Toortsie)

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Hekelwerk, Lawwighede; Tong-innie-kies, Toorts se verbeeldingsvlugte, Ursula and tagged . Bookmark the permalink.

25 Responses to Dis darem goed ek het nie laas week geskryf nie!

  1. Kameel sê:

    Dit is ‘n pragtige geskenk Toorts, met baie sentimentele waarde!! Welgedaan.

    Liked by 1 person

  2. Mmmm lyk my jy kan bly wees hulle het jou vir die troue genooi?

    Like

  3. travel460 sê:

    Dit is die allermooiste kombers ooit! Janee, ek kan glo Toortsie het ure lank hieraan gewerk. En dat elke stekie gevul was met liefde en spesiale gebede vir die getroude paartjie.

    Like

  4. travel460 sê:

    Ursula, ek is baie bly jy het Toortsie so getrou bygestaan. 😉😊💖

    Like

  5. Terug pieng: Dis darem goed ek het nie laas week geskryf nie! – Wag 'n Bietjie

  6. Nikita sê:

    Jy en Toorts is darem ‘n span duisend, hoor!

    Liked by 1 person

  7. AWETHENTIQ sê:

    Dis nou psycho as Toortsie, die denkbeeldige skrywer van ‘n denkbeeldige dorpie, Bredasdorp, dink sy is die ware Ursula. Verbeeldingloos. Dis wat troues en trekkery aan mense se psiges kan doen! 😀

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s