Die pad na ribbokvoete

Scrapydo se toeka-tokkel: Paaie

Dit was een oggend in ‘n prefab geboutjie – wat as die Baptistekerk gedien het – dat ek as baba in Christus die woorde nie net gesing het nie, maar dit ‘n uitroep tot God gemaak het:

Lord, lift me up and let me stand,

By faith, on Heaven’s tableland,

A higher plane than I have found;

Lord, plant my feet on higher ground.

Kort hierna het die pad van my lewe begin verander.  Dit het kompleet gevoel asof ek begin berg klim.  “Ek verstaan dit nie Here,” het ek gekla,  “Ek het U gevra om my na hoër hoogtes te neem, maar nou voel dit kompleet asof ek oor een hindernis na ‘n ander moet klim, en die pad raak al steiler.  ‘n Jaar later, en daar is by my geen twyfel meer nie….. ek is besig om teen ‘n berg uit te klim.

Een middag gaan drink ek by vriende van ons tee.  Hy is ‘n pastoor, maar het na die onderwys geroepe gevoel.  Ek vertel hom van die oggend toe ek in soveel erns die lied gesing het, en dat omstandighede daarna stadig maar seker moeiliker geraak het, en dit vir my voel asof ek ‘n berg moet uit.  Ewe droog vra hy, “Hoe het jy gedink gaan jy hoër hoogtes bereik?.  “Die Here gaan my vat en daar neersit,” sê ek ewe ernstig.  Vandag verstaan ek die glimlag tussen hom en sy vrou.  “Ek dink dit is tyd dat sy “Hinds feet on High Places,” lees, sê hy.  Sy knik haar kop instemmend en gaan haal vir my die slapband boekie.  “Wanneer jy hierdie boek lees sal jy verstaan wat besig is om met jou te gebeur,” sê hy, en so is ek daar weg.

Nog nooit het ek ‘n boek gelees waarmee ek so kon identifiseer nie.  In ‘n neutedop: Ek gebruik sommer my eie naam.  Alhoewel Kameel aan die Herder behoort het, was haar voete kreupel, en het sy in ‘n vallei saam met baie ander kreupel mense gewoon.  Party van die mense het met die berg opgegaan, en wanneer hulle terugkom, was hulle voete soos die van ‘n ribbok.  Sy wou ook ribbokvoete hê, maar het gehoor dat net die Herder jou teen die berg kan uitneem, en vir jou sulke voete gee.  Op ‘n dag toe die Herder weer sy skape kom water gee, gaan vra sy Hom of Hy haar nie ook teen die berg wil opvat nie.  Die Herder was gewillig, maar het vir haar gesê dat Hy eers die saad van Liefde, in die vorm van ‘n doring in haar hart moet indruk, daar sal dit ontkiem, en blom.  Kameel het ingestem, en die doring is in haar hart gedruk.  Uiteindelik breek die dag aan waarop haar pelgrimstog kan begin.  Die Herder neem haar tot by die voet van die berg, en dan tot haar ontsteltenis word twee metgeselle aan aan toegesê wat haar verder die berg sou opneem.  Dis twee morbiede vroue – in swart geklee, met die name Sorrow and Suffering.  Kameel wil nie saam met hulle gaan nie, maar die Herder verduidelik dat Hy oral rondgeweeg, en sy Hom nie altyd sal sien nie, maar dat Hy altyd bewus is van haar, by haar is, en weet van elke treë wat sy gee.  Sy moet saam met Sorrow en Suffering gaan, en wanneer sy Hom nodig het moet sy net “Herder,” roep, en Hy sal daar wees om haar te help.

So begin sy en haar twee metgeselle die pad.  Hulle gee die pas aan, maar praat met haar net wanneer dit nodig is.  Partykeer gaan sit sy obsternaat op die grond, dan steek hulle haar met ‘n doring, sodat sy verontwaardig na die Herder roep.  Hy is dadelik by om haar klagtes aan te hoor.  So bring hulle haar by ‘n steil krans waarteen sy moet uit.  Sy weier, en roep na die Herder.  Huilend sê sy dat sy onmoontlik teen hierdie krans kan uitklim, en vra of daar nie ‘n ander pad is wat makliker is nie.  “Daar is,” sê die Herder, maar verduidelik dat daardie pad nie vir haar bedoel is nie, en haar nie na die hoogtes toe sal bring wat sy moet bereik nie.

Die storie gaan gaan, met tye stap Kameel op ‘n gevaarlike seepgladde pad in die mis, en kannie haar hand voor haar oë sien nie.  Sy verkwalik die Herder dat Hy nie omgee oor haar veiligheid nie, en Hy sê met ‘n stem vol Liefde dat Hy die hele tyd saam met haar geloop het, en nie vir ‘n oomblik sy oë van haar afgehaal het nie.  Kameel maak op die pad klippies bymekaar (beloftes uit die bybel,) maar gooi hulle een nag uit moedeloosheid by die deur uit.  Die volgende dag het sy berou, en gaan soek die klippies waar hulle versprei lê.  Baie dinge gebeur nog op die pad saam met Sorrow en Suffering, maar dan loop die pad dood by ‘n diep-diep afgrond.

Volgens Sorrow en Suffering is dit tot hier waar hulle haar moet vergesel.  Net Kameel alleen kan die volgende stap aandurf; sy moet by die afgrond afspring. Kameel is “horrified,” (for lack of a better word) en smeek en soebat vir ‘n ander weg, maar Sorrow en Suffering het verdwyn.  Daar sit Kameel, haar voete is nogsteeds kreupel, en sy het so ‘n vêr pad gekom….. sal sy nou omdraai?  Vol angs besluit Kameel om die Herder te vertrou.  Sy haal diep asem en spring; toe sy weer bykom lê sy op ‘n altaar en langs haar sit die Herder en glimlag vir haar.  “Kyk na jou voete,” sê Hy vir haar.  Kameel kyk, en sowaar sy het ribbokvoete.  “Ek verstaan nie,” sê sy, en die Herder verduidelik dat die afgrond beteken dat sy haarself (die vlees) afgelê het (ag jouself dood) en haarself nou kompleet aan die Herder oorgegee het (total surrender.)  Met ribbokvoete kan sy gemaklik saam met die Herder op die berg rondbeweeg.

Die storie gaan aan.  Sy moet nog verder die berg op, maar dit is nie meer Sorrow en Suffering wat haar vergesel nie, maar Goodness.en Mercy.  Die boek eindig nie daar nie, maar tot hier gaan Kameel oor haar pad na hoër hoogtes skryf.

 

Advertisements
This entry was posted in 'In opdrag..... Bookmark the permalink.

19 Responses to Die pad na ribbokvoete

  1. Toortsie sê:

    O, Kameel! Dis VERSKRIKLIK mooi.

    Like

  2. Kameel sê:

    Ek glo Amazon sal dit verkoop 🙂

    Like

  3. Pragtige stukkie! En dit vir almal om te verstaan – en tog diep genoeg vir enigeen se spirituele vlak.
    Ja, ons geestes paaie-reis is van die belangrikste.

    Liked by 1 person

    • Kameel sê:

      Dit is dié pad in ons lewens, want dit eindig in die ewige lewe waar ons Hom van aangesig tot aangesig gaan sien. Oh, what a day of rejoycing that will be!!!

      Like

  4. Dis werklik n gevoelvolle vertelling en pad wat jy reeds geloop het. Die bewys is daar dat die Herder altyd daar is. Baie bemoedigende skrywe.

    Like

    • Kameel sê:

      Dankie Scrapy. Daardie boek het die pad waarop ek was so duidelik gemaak. Ek kon stap vir stap daarmee identifiseer. Ja, ons Herder…. altyd daar, altyd op die uitkyk. Die woorde His rodd and His staff, they comfort me, kom sommer nou by my op. Mooi dag vir jou 🙂

      Like

  5. nowathome sê:

    Dit is so goed vertel, Kameel! Dankie dat jy dit met ons gedeel het!

    Liked by 1 person

  6. ekmyselff sê:

    Dit is vreeslik mooi geskryf!
    Ek kan ook nogal hiermee identifiseer !
    WOW – dit is amazinggggg

    Liked by 1 person

  7. ekmyselff sê:

    Die Here my God gee vir my krag, hy maak my voete soos die van n ribbok, op hoe plekke laat Hy my veilig loop.
    Ken jy DIE lied?

    Liked by 1 person

  8. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 40 : Herinneringe/kuiertyd | I scrap 2

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s