In opdrag van scrapydo se toeka-tokkel geskenke.
Die pop wat ek as klein dogtertjie vir ‘n kersgeskenk gekry het, is die enigste geskenk wat ek goed kan onthou. Nie omdat ek so lekker met haar gespeel het nie, maar wel omdat sy in misterie omhul was. My twee ouer susters het my een middag baie suutjies badkamer toe gevat, en nadat hulle die deur agter hulle toegemaak het baie geheimsinnig gevra het of ek wil sien wat ek vir kersfees gaan kry. Natuurlik wil ek sien. Die linnekas word oopgemaak, en Rika klim tot heelbo. Sy strek diep om doer agter iets by te kom, en dan hou sy triomfanklik ‘n pop omhoog. Van waar ek staan lyk die pop engelmooi in haar blou rok en bypassende kappie. “Wil jy haar ‘n rukkie vashou?” vra Rika. Ek knik my kop, en ‘n rukkie later word die pop in my arms gelê. “Mammie het vir haar die mooi blou klere gemaak, en aangetrek,” vertel hulle, en maak my belowe dat ek nooit sal sê dat hulle vir my die pop voor kersfees gewys het nie.
As tiener het ek ‘n bokskamera as kersgeskenk gekry, en ek het al geskryf hoe ‘n wonderlike geskenk dit vir my was, en dat dit die begin was van my stokperdjie om dagboek te hou met fotos, en ook later my beroep as fotograaf.
Deur my lewe het ek wonderlike geskenke ontvang, maar ek moet bely dat ek nie werklik ‘n geskenkemens is nie. Ek verstaan nou dat dit nie my liefdestaal is nie. Nogtans is dit heerlik om geskenke te kry, en ook om te gee…. maar dit kom nie natuurlik by my nie. Ek is nooit seker wat om vir ander te koop nie, en om geskenke te gaan soek voel vir my soos werk. Marlè het ‘n natuurlike aanvoeling vir geskenke, en sy doen dit dan met soveel passie dat tot die toedraai van die geskenk ‘n liefdesdaad is. Dit is definitief nie ek nie… no siree.
Daar is egter een geskenk wat alle ander geskenke oortref, en in die niet laat verdwyn. Dit is die geskenk wat ek uit die Vaderhand ontvang het diè dag toe ek “ja” gesê het vir Sy Seun, Jesus Christus. Daardie dag is ek nuutgebore en het die ewige lewe ontvang. Het ek hierdie geskenk verdien? “Nee, ‘n duisendmaal nee!!” Ek het vêr van die Vaderhuis af rondgedwaal, en gelewe asof daar geen God is nie. Dit was onverdiende guns vanuit ‘n Vaderhart wat nooit ophou roep het na my nie.
Ja Genade is die grootste geskenk
LikeLiked by 1 person
Onverdiende genade alleen. Weet nie waar ek vandag in die lewe sou gewees het, was dit nie vir God se ingryping nie.
LikeLiked by 1 person
Dis net so!
LikeLike
Genade. vrede. liefde… alles gratis geskenke!
LikeLiked by 1 person
Presies netso…. alles gratis geskenke uit Sy hand.
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die deelname. Ek het jou vertelling baie geniet. Wonderlik hoe mens sekere klein dingetjies onthou. Jou laaste paragraaf is werklik die grootste en aller beste geskenk van almal.
(Ek kon toe nie net ver4by gaan en nie dadelik lees nie! Nou kan ek rustig my dagtaak aanpak)
LikeLiked by 1 person
Nou toe gaan geniet jouself…. en onthou om ‘n stukkie koek ook te eet.
LikeLike
Nee, jong n muffen….. soetigheid is nie juis in my lyn nie!
LikeLike
Jy is so reg Sally. Die grootste geskenk nog.
LikeLike
Lekker om die rooi gesiggie hier te sien 🙂 Nie dat ek jou nie jou tyd by jou ousus gegun het nie. Glimlag ek nou toe ek jou met breinaald in hand sien. Mooi dag vir jou Olga.
LikeLike
Dankie tog vir die laaste geskenk! Die Groot Geskenk!
LikeLike
Genade onbeskryflik groot!!! Waar sou ons sonder dit gewees het.
LikeLiked by 1 person
Pragtig geskryf! Is jy ‘n fotograaf? Nou waarom sien ek niks fotos nie, of het jy ‘n ander blog ook.
Ek stem, daar is geen groter geskenk dan wedergeboorte nie. Snaaks, baie mense dink dit is dieselfde as bekering. Hoe dit ookal is, dis lekker om te weet dis onverdiend en soos jy sê: gratis!
LikeLike
Toe my kinders uit die huis uit is het ek ‘n studio oopgemaak. Ek was ook troufotograaf. Het ook vir ‘n agentskap fotos geneem vir portfolios. My fotografie het dus om mense gedraai. Vandag neem ek sommer met my telefoon fotos. Het al my “equipment” laat gaan toe ek Menieres disease gekry het.
LikeLike
Genade onbeskryflik groot. Wat ‘n wonderlike inskrywing!
LikeLike
Daar is niks groter as die genadegeskenk uit Sy hand nie. Laat mens lus kry om te jubel!!!
LikeLiked by 1 person