Lekker ou dae…

As jong kind het ek baie keer, as ek so na my oumas se stories geluister het, gewonder watter stories ék eendag sal kan vertel…

Sparkle reageer by ‘n bloginskrywing: “My generasie was maar nog klein toe al die lekker dinge gebeur het. Nou die dag toe vra ek vir Nismark se ma, wie vir jare op ‘n plaas gewoon het wat hulle gemaak het sonder kassie vermaak jare terug. Haar antwoord: “ons, het gekuier!”

Die goeie nuus? Ons het almal ons stories. Ons het almal ons lekker (en moeilike tye). In ons leeftyd doen ons dinge wat vir ons lekker is, dinge wat ons weer vir ons kleinkinders kan vertel, omdat húlle al weer ánder goed gaan doen as wat ons gedoen het. 🙂 En ja, soms voel dit dalk vir ons of ons verloor by ons ouers, maar ons doen nie. (Swak taal?)

Sparkle laat my toe sommer dink. Ja, ons hét gekuier saans. Wyksbidure gehou en ná die tyd tee en koffie gedrink met toebroodjies en klein frikkadelletjies. Deesdae is dit ‘n hele ete ná die bybelstudie elke week, met ‘n drankie daarby. 😉

Ons het buite gespeel. Onder die bome. Die bloekombome se wortels loop mos so half bo die grond. Ons het tussen daardie wortels plase en paaie en huise gebou en in die stof gespeel en gespeel. Die plaaswerkers se kinders het kom saamspeel, dit was immers die maatjies wat ek gehad het.

Ons het swaai gery en glyplank gegly en gestoei op die gras. Krieket gespeel, al kon ek net altyd vir Spek en Bone saamspeel omdat ek nie kon vang nie! 😦 Die kar gewas en mekaar natgespuit. Baie gelees.

speletjie 002En kom dit melktyd vanaand, was ons in die stal. Met ons kaal voete het ons so in die warm beesmis getrap. Ons het “help melk”… vir wat dit werd was, “seperator” gedraai om die room van die melk te skei.  Tussendeur het ons ‘n speletjie gespeel: Ons het ‘n baan getrek in die grond. Jy begin by die * en spring dan een beentjie. By 4/5 gebruik jy beide voete (een op 4 en een op 5), 6 weer eenbeentjie, 7/8 beide voete en 9 mag jy altwee voete gebruik. Elke keer as jy foutloos deur die patroon was, gooi jy die klippie ‘n nommer  verder. As daar ‘n klippie in ‘n blokkie lê, mag jy nie op daardie blokkie spring nie, dan moet jy hom oorslaan… ure se pret. 🙂

Saam met die oumas het ek gehekel en gebrei en naaldwerk gedoen saam met my ma.

Vakansies is ons see toe. Op daardie dae het Struisbaai geen vermaak gebied nie, behalwe die disco saans. So ons het see toe gegaan, langs die see gestap, ongeag wind of weer of sonskyn of reën. Ons het speletjies gespeel: Rummy, Scrabble, Canesta, Brug…

Maar ook júlle, julle jonges, het lekker goed wat julle doen. Die belangrikste is: Moenie vir ander wag om jou lewe in te kleur nie, doen dit self. 🙂 Gebruik énige kleur, maar verf jou lewe. Geniet hom.

Groetnis

Toorts

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Plaaslewe en Landbousake. Bookmark the permalink.

19 Responses to Lekker ou dae…

  1. mevfluffie sê:

    “Moenie vir ander wag om jou lewe in te kleur nie, doen dit self. 🙂 Gebruik énige kleur, maar verf jou lewe.”

    Beste raad, hierdie. Die besef dat die lewe bitter kort is, kom miskien saam met ouer-word. Maar as jy besig is om in te kleur, dan voel dit minder soos ‘n byt en meer soos ‘n seën.
    Soos Dr. Seuss gesê het (vryvertaal): Moenie spyt wees dis verby nie, wees bly dit het wel gebeur.

    Liked by 2 people

  2. scrapydotwo sê:

    Hop skotsh(spelling?) was die klippie, blokke en eenbeentjie spring. Kennetjie, blik-as-paai. Ai dis lekker speletjies gewees. Jy vertel nou van n heerlikheid wat ons ure besig gehou het. Vandag spring hul rek wat vir my heeltemaal te ingewikkeld lyk.

    Like

  3. Kameel sê:

    Kietsie, kietsie miaau (Spelling) was ‘n lekker binnehuise speletjie. Weet nie of dit Blindemol genoem was nie. Die speletjies wat ons in die buurt gespeel het deur op deure te klop en dan weg te kruip… ens, sal vandag groot moeilikheid veroorsaak. Daardie jare het die buurt se kinders saamgespeel, en hulle kattekwaad is maar geduldig verdra. Ja, lekker ou dae.

    Like

    • Toortsie sê:

      Toktokkie.
      Blindemol
      Donkerkamertjie. Ek hoor nou eers op my oudag dat sekere mense donker kamertjie gespeel het met ANDER idees! Sjoe~!

      Liked by 1 person

    • Toortsie sê:

      O en in ons lang gang het ons handsokker gespeel. Ons moes die bal met die hand slaan, want anders slaan ons my ma se portrette van die mure af…. m o e i l i k h e i d…!
      En ons het films gekyk op die projektor in die gang. Dieselfde 5 films oor en oor… en elke keer was dit ‘n nuwe treffer! 🙂

      Liked by 1 person

      • Kameel sê:

        Ag tot om die familiefilms oor en oor op die projektor te kyk was vet pret. Nee jong ons beter nou ophou, maak mens sowaar nostalgies 😦
        Wat van eier en lepel? Wolf wolf hoe laat is dit? Wegkruipertjie? Musical chairs? Bokspring? Daai een waar jy in kring sit en iemand gooi sakdoek agter jou, dan probeer jy hom vang. Amper sê ek “Kringe in die bos.” Nou gaan ek dedenitief ophou.

        Like

        • Toortsie sê:

          Wolf wolf!
          Wegkruipertjie!
          Vroteier! Ons huishulp het haar Bybel ipv sakdoek gebruik!
          Hou maar aan jy help my ook onthou.

          Liked by 1 person

          • Kameel sê:

            Lag ek nou vir die bybel 🙂 Wat is naam van speletjie waar almal in ry staan dan probeer iemand jou raakgooi met bal. Laaste ou wat staan is die wenner. Nog ‘n speletjie waaraan ek dink is Follow the Leader, en Donkie se stert (waar jy geblindoek die stert moet aansteek) Ek dink ek moet hierdie klomp kleinkinders van my bymekaar kry dan speel ons lekker outydse speletjies!!!

            Like

  4. coetzee2014 sê:

    Ai, julle laat my nou ver terugdink.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s