Kreatiwiteit gee vir my die energie om my gewone dagtaak te verrig. Dis lekker, opwindend en heerlik om ‘n voltooide projek in jou hande te hou.
My eerste kreatiewe poging vir 2017, is seker eintlik nog 2016 s’n. My kleurvolle poncho. Ek het hom kort voor die nuwe jaar voltooi. Dit was my krismisprojek by die see. Weet julle hoe lekker dra hy? My Amandla-kombersie wat sê dat ek nou totaal vry is van die ou kleurreëls en mag kleure bymekaarsit wat vir my lekker is.
Die volgende projek was om my Aspriskombersie wat ek al lank tevore gehekel het, groter te maak. Aspris, omdat ek toe nog in die proses van vrywording was, en aspris vreemde kleure bymekaar gesit het.
Daarná het ouma fluks geword en ‘n paar truitjies aanmekaar geslaan.
Vir baie jare het ek nie gebrei of gehekel nie. Totdat ek weer begin het. Ek was soos ‘n honger dier. Eers het ek gehekel en gehekel en kon net nie versadig raak nie, en toe het die breigogga weer gebyt. Ons pendel mos baie, so ek kry kans om te brei terwyl ons ry.
Ons dorp het vir die kinders in die plakkerskamp mussies gebrei.
Toe kom my dogter aan die beurt. Ek dink nie sy weet wat dit aan die moederhart doen as sy vra: ‘Ma, sal ma asseblief vir my ‘n trui brei‘ nie. Sy het nie soveel tuisgemaakte klere soos die ander gekry nie, ma was toe al besiger met ander goed toe sy klein was, en sy het die tuisgemaakte goedjies altyd so waardeer. So, die nag voor ek haar die laaste keer sou sien voor ons oorsese trippie, is truitjie voltooi. Ek moes hom ‘n paar keer stuk-stuk uittrek, omdat ek aan die patroon moes verander.
Die beloning? ‘Dankie, ma, hy sit lekker. ‘
As ek na die gebreide en gehekelde goedjies kyk, besef ek: Vroeër is neerbuigend afgekyk op tuisgemaakte goed. Vandag is dit ‘n kwaliteit waarvoor jy ver moet soek, veral as jy goeie wol gebruik.
Ek kon ook my kreatiwiteit uitleef in ons kerk se voorsanggroep. Wat ‘n lekkerte!
En laaste, maar nie die minste nie, my boek! Dít was nogals ‘n stewige bergie!
So, hier is 2018 nou, en die penne klap tog te lekker.
Groetnis
Toortsie
Toe ek ‘n kind was kon ek ook nie ophou brei nie. Op my to-do lysie is hekel nog. Dalk is 2018 die tyd daarvoor! Jy is baie oulik. Baie kreatief!
LikeLiked by 1 person
Dankie. Doen daai ding! 😁
LikeLike
Daar’s niks so lekker warm soos ‘n handgebreide trui nie.
LikeLiked by 1 person
Aitsa! Wel gedaan…toe kry die webtuiste ook sommer ‘n nuwe baadjie…Voorspoedige 2018!
LikeLike
Ek moet nog die nuwe baadjie op ‘n regte rekenaar bekyk.
LikeLike
Voorspoed vir 2018
LikeLike
Dis mooi en dis lekker. As jy net weet hoe lus is ek vir handgebreide truie, en sweetpakbroeke wat ek self gemaak het. Wie weet miskien hierdie jaar. 😊
LikeLiked by 1 person
Ek kom net glad nie meer by regte naaldwerk uit nie.
LikeLiked by 1 person
Ek ook nie 😕 Kan dan nie eers my dogter se masjien bedraad nie. By jou is tyd die faktor… by my was dit “‘n ‘n ek is nou dik.” (Nie banting dik nie 😊)
LikeLiked by 1 person
Ek werk nie eers meer ‘n knoop aan nie! 😱 Ek het dit sommer altyd met my masjien vasgestik. Vinnig en maklik.
LikeLiked by 1 person
Nou voel ek beter 😊
LikeLiked by 1 person
Jy’s ‘n regte doring en baie kreatief.
LikeLike
Doring in die vlees? 😂
LikeLiked by 1 person
Nee, toe! Jy’s die mooi roos wat aan dieselfde bos groei ook.
LikeLiked by 1 person
🥂
LikeLiked by 1 person
Ek is netso lief daarvoor om kreatief te verkeer. Mag jy sommer nog baie truie en mussies brei en aspris komberse. Wat goed is vir die hande is goed vir die siel en BAIE geluk met jou boek!
LikeLike
Hier is ek nou ietwat mismoedig. Ek doen niks meer sulke dinge nie, en jy is so kreatief! Ek is mal oor jou kombersie, en ook oor enige truie wat met die hand gebrei word. Dit dra net 100% anders as winkeltruie.
LikeLiked by 1 person
Suster, jy saldadelik iets moet kry wat jy daar in jou winkel kan sit en doen. Wat sal jy graag wil doen en daar kan doen?
LikeLike
Laslappie werk! En ek weet dit is baie moontlik, maar nou is ek een van daais wat eers by die Plaza wil uitkom om die regte kombinasie materiale te gaan kry, ens ens. Baie fimies, jong. Dit kom daarvan as jy al wat ń kurses is al geloop het en jou verbeel jy weet te veel.🙈🙈Skande, ek weet.
LikeLiked by 1 person
Geen skande nie. Kom by daai Plaza uit, toe man! 😁
LikeLike
Jy was behoorlik aan die gang met die hekel en brei. Toe ek nog” jonk” was het ek ook altyd gebrei terwyl my man bestuur het. Ons het gereeld naweke gery. Ek het ook altyd TV gekyk en gebrei na my man se dood maar nou is dit net laptop en lees en tik! Eintlik haat ek die tegnologie dit steel mens se handwerk tyd. My laaste poppie kwilt lê ook al vir amper n jaar(okay my masjien is stukkend! Het 4 maande terug nuwe masjien gekoop) Ek het selfs nou die dag die agterkant lap gekoop. My voorneme is om masjienwerk te doen, soos in so gou as moontlik. Daars nog 3 weke vakansie oor en dit moet gedoen word.
LikeLiked by 1 person
Doen dit! 😁
LikeLike
Ek probeer om spoed op te tel en te begin. Soos jy weet daar is baie afdraai paadjies! Huisskoonmaak, wasgoed was, skottelgoed, Trompie loop!Sug, ek gaan daar kom!
LikeLiked by 1 person