Ek stap by ‘n winkel in, waar ek nie graag instap nie, omdat ek werklik altyd onwelkom voel daar. Soms kan dit nie anders nie, soms moet jy so ‘n plek besoek. Die eienaar, enigste persoon in die winkel, sit agter sie toonbank toe ek inkom, frons effens toe sy opkyk en sit haar gesprek op die selfoon voort, … en voort, … en voort.
Ek het haar hulp nodig gehad, selfs ‘n bietjie raad met wat ek wou koop, miskien. Ek stap uit en draai terug na die winkel, sy is steeds druk in gesprek met dieselfde persoon, al die huise te koop is al in detail bespreek. Ek vat aan haar arm en sê: ‘Jy kon nou ‘n hele trui se wol verkoop het.’ Inderwaarheid kon sy ‘n hele ROK se wol verkoop het.
People skills. Mensevaardighede. Dalk het ek dit ook nie getoon met my optrede nie. Dalk probeer sy regtig hard. Dalk wil sy regtig ‘n sukses maak en ek gun dit uit my hart uit vir haar.
Liewe vriend/vriendin, as jy nie mensevaardighede het nie, maar in so ‘n werk is waar dit van uiterste belang is, móét jy dit aanleer. Asseblief.
Ja, ons beland soms in ‘n werk wat ons nie regtig wil doen nie, en hier is my les nommer 2: Dis baie beter om ‘n werk te doen waarvan jy dalk nie so baie hou nie, as om werkloos te wees. Daar is egter ‘n geheim aan: Doen elke werk wat jy kry, na die beste van jou vermoë. Vind uit wat nodig is om daardie spesifieke werk goed te doen en gaan leer daardie vaardighede aan. Hanteer kliënte met jou beste gesindheid.
Daardie onlekker werk wat jy na die beste van jou vermoë doen, maak dalk net die pad oop vir ‘n beter geleentheid.
Mense kyk na die manier wat jy optree. Mense kyk na jou gesindheid en as jy met ‘n mooi, leerbare gees werk, gewillig om dit wat oor jou pad kom, te doen sonder om daarop neer te sien, gaan jy beslis altyd werk hê en gaan jy groei op jou pad.
Ek weet dis deesdae nie maklik om werk te kry nie. Ek weet werksgeleenthede is skaars. Daarom is dit ekstra nodig dat jy gewillig moet wees om, veral in die begin, ook dit te doen waarvan jy nie hou nie. Ek belowe jou, jy sal nie spyt wees nie. (Ek doen dit nog my hele lewe en is nie een dag spyt daaroor nie!)
Vir die winkeleienaar van netnou wil ek sê: Luister na die raad wat soveel mense jou gee en jy kan regtig ‘n sukses maak van jou winkel. Hê ‘n leerbare gees en klim uit jou gemaksone. Ontvang jou klante met vreugde op die gesig, jy sál die vrugte daarvan pluk.
Groete
Toortsie
Mooi gezegd.
Zelfs hier in Vlaanderen (maar ook elders) zou men die wijze woorden moeten toepassen
Groetjes
Theo
LikeLike
Goed gestelToorts. As mense net wil besef watse verskil gesindheid maak.
LikeLiked by 1 person
Net ’n glimlag om mee te begin.
LikeLiked by 1 person
Stem 100% saam
LikeLiked by 1 person
Jy sien deesdae daardie gesindheid by meeste van die groot winkels en ander besighede ook.
LikeLiked by 1 person
Orals, maar dis erg as dit ‘n koein winkelthie is en die eienaar die enigste personeellid is en sy is nors.
LikeLiked by 1 person
Ja, dis ‘n probleem.
LikeLike
Sjoe, is al wat ek kan sê. Sou myself ook liederlik vererg het vir haar!
LikeLiked by 1 person
Ai man
LikeLike
Ek kan my gelukkig nie indink dat jy so met jou klante sal werk nie. 😁
LikeLiked by 1 person
Nee jong, ek kuier eerder te veel met hulle!
LikeLike
Dis die beste! 😁
LikeLike
Jy is kwaai? 🙂
LikeLike
Jaaaa! Erg!
LikeLiked by 1 person
Vertel hulle!!
LikeLiked by 1 person
Né?
LikeLike
Baie waar wat jy se. Heng ek kan nie dink sy doen dit nie…
Jy weet, ek dink mens word hartlik ontvang in daai mooi winkel in Harties, dalk kan sy daar gaan tips vang. 😉
LikeLiked by 1 person
Ek dink ek moet vir haar ‘n retoertreinkaartjie koop Harties toe. ❤️
LikeLiked by 1 person
Maar nou is treine skielik so gevaarlik, ek weet ook nie.
LikeLike
Vir tien jaar lank was ek in die skoonheidsbedryf omdat ons nie Unversiteit of dramaskool kon bekostig nie. Vir tien jaar lank moes ek ‘n glimlag opsit by ‘n werk wat ek gladnie eens geniet het nie, en tog was my kliente altyd (Altans, meeste van die tyd) vriendelik en tevrede. Daardie tien jaar het my die nodige mensvaardighede geleer sodat ek dit wat ek nou doen (Motiveringspreker en skrywer) ten volle kan doen. Mensvaardighede is so belangrik. Elkeeen in hierdie lewe wil net belangrik en waardeer voel en jy sal dit alleenlik ontvang wanneer jy dit uitdeel. 🙂
LikeLiked by 1 person
Vir 10 jaar het jy soveel vaardighede aangeleer wat jy die res van jou lewe gaan gebruik. Dankie vir hierdie bydrae. Jy is nou net mooi die regmerkie op my skrywe.
LikeLiked by 1 person
O absoluut! Dankie vir jou ‘regmerkie’. 😉
LikeLiked by 1 person
Natuurlik! 😁
LikeLiked by 1 person