pannekoek

‘n Mens doen dieselfde ding soms om ‘n ander rede… Soos om ‘n tweede keer op een dag op jou blog te skryf, terwyl jy eintlik die Bokbaaivygie en Kameel ‘n kans wil gee…. soos om pannekoek te bak om jou eer te beskerm. Want sien, ek woon in die Overberg, amper by die see, en ‘n vriendin wat in Pretoria ❗ bly, vra wie gaan vandag pannekoek bak. Ek dink dis ‘n goeie idee en sê dat ek sal. Intussen word geinsinueer op my blog dat ek dalkies ‘n leuen vertel het  oor die pannekoekbakkery 👿 en dalk was die insinuasie glad nie so verkeerd nie…

Om pannekoek te bak, moet dit eerstens reën. Dan gryp jy Kook en Geniet se resep. Jy het nodig… 250 ml (1k) meelblom; ¼ teelepel bakpoeier, ½ tl sout; 1 k melk; 2 eiers.

Die meel en bakpoeier en sout word gesif en die ander bestanddele word bygegooi.

Klits dit goed totdat dit heeltemal glad is. Dan gooi ek graag nog ‘n klein bietjie water by om dit net effens dunner te kry.

Maak 2 panne baie warm op die stoof, gooi ‘n bietjie olie in. Gebruik ‘n sop-skeplepel en gooi ‘n bietjie deeg in die pan. Nie te veel nie, laat die deeg die pan vol loop. Maak goed gaar aan die een kant, en draai dit om. As die pannekoek gaar is, dop ek hom om as ek dit in die bord sit. Dit maak dat die mooi kant aan die buitekant is as dit gerol word.

As jy enigsins meer as 2 persone is, moet die resep verdubbel word. Want dit lewer, met geluk, net 8 pannekoeke. Maak die vulsel van jou keuse, of as jy lui is, gooi ‘n mengsel van suiker en kaneel oor. Rol op, en…

Dankie Kameel! Dit was ‘n lekker uitdaging!! Hoop jy het jou pannekoek ook geniet.

Advertisements

14 thoughts on “pannekoek

  1. Pannekoeke wat ander bak is altyd lekkerder…. daardie van jou lyk “finger licken good!!” Bly jy het die uitdaging aanvaar, en ek glo jou man ook 😆

    Like

  2. Ek kan nie pannekoek bak om my lewe te red nie. Op ‘n keer sê ek vir my kinders ek is so lus vir plaatkoekies, ek dink ek gaan dit nou maak. Na ‘n redelike stilte sê die een so ewe; “Ma, onthou die gemors toe jy dit laas keer probeer het? Ek dink jy moet dit eerder net los.” Nou ja…

    Ons het darem ‘n pannekoekman nie ver van hier nie wat die HEERLIKSTE pannekoek verkoop, ek het al sy nommer op speed dial op my foon 😉

    Like

    1. Elke boervrou moet mos kan brood bak. Wel, my man het sommer kort na ons troue gesê ek moet maar eerder sommer brood koop!

      Oor pannekoek – my dogter het eendag ewe komplimenterend vir my gesê dat daar nog net 1 ding is wat ek beter in die kombuis kan maak as sy: Pannekoek.!! Haar gat!!

      Like

      1. Ek moet tot my skaamte erken dat my dogter dessdae BAIE beter in die kombuis is as wat ek ooit op haar ouderdom was. En selfs nou op my ouderdom is 😆 Maar dan weer, die afgesonderheid van die Karoo het haar geleer om te bak, want die winkel is nie net op die volgende hoek nie!

        Like

  3. Ek het Vrydagaand pannekoek gebak, gistermiddag by ons een dogter eet ons pannekoek. Met die intrapslag in die groot huis gisteraand bak hulle pannekoek, en natuurlik eet ons saam. Die beker deeg wat oorbly word in my yskas gesit om vandag vir my en my man pannekoek te bak, sê hulle. Jammer Toortsie, met my gespottery met jou en die pannekoek, reën dit nou pannekoek hier. “Be careful what you ask for!” 😯

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s