Ek verjaar nog al die pad! Om die waarheid te sê, dis nou al amper ‘n hele week wat ek verjaar en dit hou steeds aan!
Ek het al Donderdag begin verjaar al was dit nie toe al my verjaarsdag nie toe ‘n klompie vriendinne kom koek en tee het om die koeke te proe. Toe het ek gesê dis nou sommer my verjaarsdag. En Vrydagoggend by die Bybelstudie het ek net verder verjaar, koek en tee en al. Oor die naweek het my kinders kom kuier en dit was verjaarsdag al die pad, koek en tee en feesvieringe. Nóg vriende wat kom inloer, uiteet saam met my familie, nog eetgoed maak vir die boekfoto’s, nog maats wat inloer, nog oorslaapkuiergaste.
So tussendeur wanneer daar wel ‘n kansie kom, lees en reageer ek op ‘n whattsapp- of Facebookboodskap, maar dít is nog lank nie klaar nie! So ek verjaar steeds! As ek nog nie op jou mooi wense gereageer het nie, vergewe my asseblief. Elke boodskap is vir my kosbaar en ek belowe ek gaan hom nog lees en geniet.
Mensdom! Dis lekker.
Toortsie

Lees asb hierdie baie belangrike artikel oor verstikking en hoe om iemand te help wat verstik. https://welstand.solidariteit.co.za/verstikking-rus-jouself-toe-om-dit-te-hanteer/amp/
Veels geluk. Die koek lyk heerlik.
LikeLike
Baie dankie. 🙂
LikeLike
Oooo, daardie koek laat my bek water!
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLiked by 1 person
Hy is nogal regtig lekker.
LikeLiked by 1 person
Hoe lekker om so lank te verjaar! Ek hoop die jaar wat volg vir jou reg sal loop.
LikeLike
BAie dankie. Ek verjaar nog steeds! Dankie vir die mooi wense.
LikeLike
BAie dankie Anne. Ek verjaar steeds. 🙂
LikeLike
Dis darem lekker as jou verjaarsdag net nie wil ophou nie! Baie geluk met jou spesiale dag. Groete, Lizel.
LikeLike
Baie dankie. Hierdie verjaarsdag hou regtig net aan en aan. Steeds. 🙂 Dankie vir die mooi wense.
LikeLike
Dis mos nou hoe ń mens moet verjaar, sommer so aanmekaar.💖
LikeLike
Baie geluk!! Jy verdien al die bederf
LikeLike
Baie dankie. Ek verjaar steeds!
LikeLiked by 1 person
Geniet
LikeLike
Baie geluk met jou verjaarsdag! Kan sien dat jy dit behoorlik gevier het.
LikeLike
BAie dankie.
LikeLike
En ek het van daardie lemoenkoek geëet. Dis te heerlik.
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLike