Opstel: Die reg om my eie vriende te kies

Hierdie is nou sowaar ‘n interessante onderwerp: Die reg om my eie vriende te kies. Onthou, ek kies nie die onderwerpe nie, dit kom na my toe aan.

Ek gee vir jou riglyne waaroor om te skryf, ek vra vrae en dan kan jy skryf wat in jou gedagtes opkom.

Hoe voel jy daaroor? Voel jy dat jy, as tiener, die reg het om jou eie vriende te kies? Hoe sal jy daardie reg beskryf? As jy voel dat daardie reg van jou weerhou word, hoekom voel jy so? Wie meng in by die keuse van jou vriende? Is jou ouers voorskriftelik? Of dalk jou onderwysers? Selfs van die vriende in jou vriendekring? Is daar boelies wat vir jou wil voorskryf wie jou vriende mag wees?

Is die keuse van vriende ‘n reg of ‘n voorreg?

Wanneer jy vriende sou kies, waarna moet jy oplet? Kies jy sommer die eerste die beste persoon? Kyk jy uit vir iemand wat eensaam is? Kies jy iemand met dieselfde belangstellings as jy? Hou jy van vriende wat sterk oorkom, wat jou gaan ondersteun in boeliegedrag, of kies jy juis hulle wat sagter is? Dalk ‘n sterk persoon wat saam met jou sterk sal staan teen boelies? Kies jy iemand wat dieselfde geloof as jy deel, of kies jy juis iemand van ‘n ander geloof? Wat is vir jou belangrik in die keuse van jou vriende?

Hoe voel jy oor jou ouers se opmerkings oor jou vriende? Luister jy na hulle as hulle jou waarsku teen iemand of sal jy dan juis vriende met daardie persoon wees uit rebelsheid? Voel jy dat jou ouers lewenservaring het en dat jy na hulle raad kan luister, of voel jy om eerder jou eie kop te volg?

As ou tannie wil ek tog vir jou die raad gee: Wanneer jy vriende kies, luister wel na die raad van jou ouers en onderwysers, hulle kan baie meer en verder sien as wat jy ooit sal dink.

‘n Rukkie gelede het ek ‘n blog geskryf oor wanneer iemand vir my ‘n vriend is, oor wat ék as belangrik beskou in die keuse van my vriende. Jy kan gerus hier gaan kyk, maar onthou, dit is wat vir my belangrik is. Jy kan dit nie net so oorskryf nie, want ek is seker jy gaan heeltemal anders vriende kies.

Vir nog opstel- of mondelinghulp, kan jy HIER kyk. Onthou om toortsie.com as bron aan te gee as jy my hulp gebruik het.

Groete

Toortsie

2 thoughts on “Opstel: Die reg om my eie vriende te kies

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s