Hoe vorder die Bantingboerekosboek?

Mooi! Die boek vorder mooi. Ek is so verskriklik dankbaar vir almal wat gehelp het om die boek daar te kry waar hy nou is, ek wens ek kon hulle almal se name op die voorblad sit!

So waar staan hy vandag?

Die uitleg, alles is klaar. Die DVD is vir die drukkers stuur … wat twee dae sal neem vir die proef … wat vir L gestuur sal word vir goedkeuring. Sodra dit goedgekeur is, maksimum 5 werksdae, dan is hy klaar!

Julle kan altyd die bladsy bo-aan my blog volg om te sien wat aangaan. Op daardie bladsy is ‘n bestelknoppie waar jy die boek sal kan bestel. Dis nou al beskikbaar, maar moet asb nog nie bestel nie, dan gaan jy baie lank wag. Dis egter in Amerikaanse Dollars omdat dit deur Paypal is en die Suid-Afrikaanse Rand nog nie ‘n opsie is nie.  Ek sal, sodra die boek goedgekeur is en hulle besig is met die finale druk van die boek, dadelik vir julle sê as julle wil bestel.

As ek dit nou self mag sê: Die boek is regig mooi! Ek kan nie glo dat dit my ou gewone kossies is wat so mooi lyk nie. L, die bladuitlêer het haarself toetentaal oortref! Ek wil net kyk en kyk en kyk daarna. Wat ek die meeste daarvan bewonder, is dat sy dit reggekry het om my persoonlikheid in die boek vas te vang. Daar is net niks in waarvan ek nie hou nie!

Die boek het 140 bladsye, ongeveer 60 resepte, en natuurlik my Bantingstorie.

Ek is baie, baie opgewonde!

Hier is solank ‘n voorsmakie van die V O O R B L A D:

Voorwoord

Vir gereelde opdatering van nuus, ‘like’ my ‘page’, Toortsie se Bantingboerekos.

Groete

Toortsie

Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se Faceboekblad.

Internetbestellings van die boek kan hier gedoen word, maar wag nog so tot Donderdag, 10 Desember 2015, anders gaan u baie lank wag vir die boek. Die boek is nog by die drukkers. Dis by Paypal, ‘n veilige betaalplek waar jy met jou krediet- en debietkaart kan betaal. Die prys is in Amerikaanse Dollars omdat die Suid-Afrikaanse Rand nog nie by Paypal beskikbaar is nie.

Buy Now Button

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF, Boeke en flieks, Kosdinge and tagged , , , . Bookmark the permalink.

11 Responses to Hoe vorder die Bantingboerekosboek?

  1. Wow! Maar ons is trots op jou. Die voorblad lyk pragtig. Jammer ons kon dit nie noual vir ‘n kersgeskenk gekoop het nie.

    So jy kan al amper begin rus? Geluk Toorts.

    Like

  2. Pragtig man. Dis heerlik dat jy so tevrede is met alles. Nog net die laaste slapies dan is hul in die wye wêreld en almal kan dit geniet. Baie geluk!

    Like

  3. Aaaaaaa!! Wonderlik!! Baie baie geluk!! Wát ‘n vrolike en opgewekte voorblad!

    Like

  4. Ek wou nog sê: op die foto lyk jy vir my heel maer. Lyk of banting jou goed gedoen het.

    Like

    • Toortsie sê:

      Dankie. Ek isnog nie heeltemal op my doelgewig nie, maar is baie tevrede. Ek het in die begin 13 kg verloor. Staan al stil sedert Februarie. Dis wonderlik, gewoonlik is my gewig iewers op pad heen. Banting is goed vir my.

      Like

  5. Fantasties! Die baba is amper hier!

    Like

  6. Kameel sê:

    Kan dink hoe opgewonde jy oor jou baba is. Seënwense!!!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s