Hoe vorder die Bantingboerekosboek?

Mooi! Die boek vorder mooi. Ek is so verskriklik dankbaar vir almal wat gehelp het om die boek daar te kry waar hy nou is, ek wens ek kon hulle almal se name op die voorblad sit!

So waar staan hy vandag?

Die uitleg, alles is klaar. Die DVD is vir die drukkers stuur … wat twee dae sal neem vir die proef … wat vir L gestuur sal word vir goedkeuring. Sodra dit goedgekeur is, maksimum 5 werksdae, dan is hy klaar!

Julle kan altyd die bladsy bo-aan my blog volg om te sien wat aangaan. Op daardie bladsy is ‘n bestelknoppie waar jy die boek sal kan bestel. Dis nou al beskikbaar, maar moet asb nog nie bestel nie, dan gaan jy baie lank wag. Dis egter in Amerikaanse Dollars omdat dit deur Paypal is en die Suid-Afrikaanse Rand nog nie ‘n opsie is nie.  Ek sal, sodra die boek goedgekeur is en hulle besig is met die finale druk van die boek, dadelik vir julle sê as julle wil bestel.

As ek dit nou self mag sê: Die boek is regig mooi! Ek kan nie glo dat dit my ou gewone kossies is wat so mooi lyk nie. L, die bladuitlêer het haarself toetentaal oortref! Ek wil net kyk en kyk en kyk daarna. Wat ek die meeste daarvan bewonder, is dat sy dit reggekry het om my persoonlikheid in die boek vas te vang. Daar is net niks in waarvan ek nie hou nie!

Die boek het 140 bladsye, ongeveer 60 resepte, en natuurlik my Bantingstorie.

Ek is baie, baie opgewonde!

Hier is solank ‘n voorsmakie van die V O O R B L A D:

Voorwoord

Vir gereelde opdatering van nuus, ‘like’ my ‘page’, Toortsie se Bantingboerekos.

Groete

Toortsie

Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se Faceboekblad.

Internetbestellings van die boek kan hier gedoen word, maar wag nog so tot Donderdag, 10 Desember 2015, anders gaan u baie lank wag vir die boek. Die boek is nog by die drukkers. Dis by Paypal, ‘n veilige betaalplek waar jy met jou krediet- en debietkaart kan betaal. Die prys is in Amerikaanse Dollars omdat die Suid-Afrikaanse Rand nog nie by Paypal beskikbaar is nie.

Buy Now Button

Dit kook in die toetskombuis

Vandag het dit weer behoorlik gekook in die toetskombuis! Daar is gewoel en gewerk teen topspoed, gekonsentreer, planne gemaak.

Op kort kennisgewing het ek gister my twee helpers gekontak en gevra dat ons nog ‘n paar foto’s moet neem. Beslis twee mense om op staat te maak. Ek dink ek mag maar hulle name noem: Lize van Photography by Lize, en Lizelle van Die Wit Kombuis. Joe! Ons het gewoel!

So tussendeur het ons nog verander aan ‘n resep, hier gekook, daar gebak. Ek wys julle my selfoonfoto’tjies. Die fotograaffoto’s gaan nog baie mooier wees. O ja, terloops, as daar iewers ‘n blou toon of iets wys, ek belowe ons sal dit verwyder voor dit in die nuwe Banting Boerekos resepteboek sal wees. Die eerste foto van die teebeker is nie deel van die boek nie! Dit wys maar net die naaste wat ek deesdae aan brood kom: ‘n snytjie kurkbrood onder my teekoppie!

20151031_135747
Die naaste wat ek aan ‘n snytjie brood kom, is ‘n kurksnytjie brood onder my teekoppie.
20151103_095115
Neute wat gemaal word vir muffins
20151103_100745
Meng …
20151103_102608
Muffins in die oond. Heerlik!
20151103_115837
Opgedolliede blomkool
20151103_121257
Resepte word nog vir oulaas aangepas

20151103_092636 20151103_092700 20151103_115906 Kyk uit vir my aankondiging oor die nuwe resepteboek vir Banters! Toortsie se Banting Boerekos!

Groete

Toortsie

Toortsie se Banting Boerekos Faceboekblad.

Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se Faceboekblad.