Dit kook in die toetskombuis

Vandag het dit weer behoorlik gekook in die toetskombuis! Daar is gewoel en gewerk teen topspoed, gekonsentreer, planne gemaak.

Op kort kennisgewing het ek gister my twee helpers gekontak en gevra dat ons nog ‘n paar foto’s moet neem. Beslis twee mense om op staat te maak. Ek dink ek mag maar hulle name noem: Lize van Photography by Lize, en Lizelle van Die Wit Kombuis. Joe! Ons het gewoel!

So tussendeur het ons nog verander aan ‘n resep, hier gekook, daar gebak. Ek wys julle my selfoonfoto’tjies. Die fotograaffoto’s gaan nog baie mooier wees. O ja, terloops, as daar iewers ‘n blou toon of iets wys, ek belowe ons sal dit verwyder voor dit in die nuwe Banting Boerekos resepteboek sal wees. Die eerste foto van die teebeker is nie deel van die boek nie! Dit wys maar net die naaste wat ek deesdae aan brood kom: ‘n snytjie kurkbrood onder my teekoppie!

20151031_135747

Die naaste wat ek aan ‘n snytjie brood kom, is ‘n kurksnytjie brood onder my teekoppie.

20151103_095115

Neute wat gemaal word vir muffins

20151103_100745

Meng …

20151103_102608

Muffins in die oond. Heerlik!

20151103_115837

Opgedolliede blomkool

20151103_121257

Resepte word nog vir oulaas aangepas

20151103_092636 20151103_092700 20151103_115906 Kyk uit vir my aankondiging oor die nuwe resepteboek vir Banters! Toortsie se Banting Boerekos!

Groete

Toortsie

Toortsie se Banting Boerekos Faceboekblad.

Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se Faceboekblad.

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF, Boeke en flieks and tagged , , . Bookmark the permalink.

20 Responses to Dit kook in die toetskombuis

  1. Ek lig my koppie op jou!

    Like

  2. Wow, maar dit lyk belowend! Daardie laaste oomblikke voor die wenstreep bereik word is die spannendste deel. Jy wikkel jong. Sien uit na die voltooide boek!

    Liked by 1 person

  3. seegogga sê:

    Die boek is d begin van groot dinge

    Like

  4. Ek “bant” nie, maar dit lyk heerlik!! Geluk!

    Like

  5. Tokeloshe sê:

    Ek sien daarn uit 😉

    Like

  6. Lyk aanloklik en heerlik! Lyk my die meel waai behoorlik in daai kombuis ..

    Like

  7. Dit lyk lekker en die kappertjies lyk so pragtig. Sterkte!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s