Sjoe, ek moet mos nou kies tussen meer as een opsie vir die voorblad van my nuwe boek. Dit voel of ek wil verdrink! Want die een wat die meerderheid kies, roep my nie. Kan jy glo. Soos soveel maal in my lewe foeter my lyf in ‘n ander rigting! Dit maak my mal! Want hoekom werk dit altyd so?
Hierdie is die logiese opsie. Die een wat 90% kies. Dit is pragtig. Perfek. Mooi. Sag. Besonders. Dit kan dalk werk. Alles is eintlik reg aan hom.

Maar die ander een laat my tone krul. Onthou hulle die fliek, Pretville? Google dit ‘n bietjie dan kyk julle die foto’s. En veral die kleur.
Hierdie prentjie kort nog ‘n bietjie aandag. ‘n Bietjie rondskuif van woorde. Maar hy sê vir my iets. Ek het vandag die verkskillende foto’s laat druk. A5 grootte soos wat die boek gaan wees. Die donker turkoois en die rooi en die wit staan uit. Skoon, helder lyne. Sterk kleure. Jy kan dit nie miskyk nie. Hy sê: “Hey! Jy! Moenie verby loop nie! Tel my op! Vat my! Asb!”
En dit is mos die werk van die voorblad. Die enigste werk, dink ek. Om die koper te roep. Om sy aandag te trek. Dit moenie sommer net nog ‘n boek tussen ‘n klomp ander wees nie. Dit moet op ‘n 2 x 2 cm piekiekiekie uitstaan tussen al die ander op ‘n groot rekenaarskerm. Dit moet die aandag trek.
Daarom dink ek, gaan ek stroomop hierdie een kies, maar soos ek reeds gesê het, kort hy nog ‘n bietjie liefde en aandag.


Iets tussen hierdie laaste twee, dink ek.
Ek waardeer so almal se insette, want dit help my, selfs al kies ek anders.
Toortsie