Toortsie se Toeka Tokkel oor brille en pille

Die brille en die pille. In opdrag van Scrapydo.

Ek was in die hoërskool toe my ouers oor die brille en pille gespot het. Daar is sekere stadia wat elke mens moes deurgaan en natuurlik is die brille en die pille een van hulle. Ja, sonder dat jy dit besef, bekruip hulle jou!

Ek het in my lewe elke liewe brilmode beproef. Ek het reeds in standerd 6 my eerste bril gekry, toe net vir op die bord kyk en as ek klavier speel. My musiekjuffrou was baie gesteld daarop dat ek my bril dra.

b 002Noem maar op: Traandruppel, groot, ronde lense, klein plat lense, breës, smalles, raamloos, plastiekraam, swart, gekleurd. As jongmens was dit vir my regtig ‘n storie as ek ‘n nuwe raam moes koop. Ek dink die brilplekke het nie genoeg leiding gegee nie. Ek was altyd lief vir ‘n interessante bril en wanneer ek dit dan gekry het, was die mense nie altyd so opgewonde nie. Later het ek maar “gewone” brilrame gekoop, dat tot my skoonpa tevrede was daarmee! B ô r i n g !!!

So ‘n paar jaar gelede toe ek by die brilmaker kom, sê die dame dat ons vandag vir my ‘n mooi raam gaan koop. Sy het met die katalogus gaan sit en seker 10 besonderse rame bestel wat by my sou pas. Ek kon kies en keur! Wat ‘n plesier! Skielik was brildra weer lekker, my bril was ‘n fokuspunt op my gesig. As jy mooi dink, dis al soveel jaar deel van my gesig, dit kan net sowel mooi wees. Daarvandaan, wanneer ek die keer my raam moet vervang so elke 4 jaar, kies ek met vreugde die mooiste raam waarmee ek gemaklik voel.

Van pille gepraat …

Toortsie

As ek reg het, was dit die laaste Toeka Tokkel van 2015. Ek hoop Scrapydo onthou om ons volgende jaar te herinner as die nuwe reeks begin! Dankie Scrapy vir al die oulike onderwerpe. Jy het ons behoorlik aan die gang gehou. Ek dink nogals ek het al oor 50 onderwerpe geskryf, en saam met my, natuurlik Kameel ook! Ou meeldier, ons is ‘n lekker span!

28 thoughts on “Toortsie se Toeka Tokkel oor brille en pille

  1. Ag toggie net gister sit my kinders ou fotos van my op ons whatsapp groep. Dit gee toe ‘n groot gespottery af oor my modes 😦 en natuurluk die grooooot bril. My kleinkinders het ook ewe kommentaar gelewer. Sleg vir die ego!!

    Like

      1. Nie maklik nie….. ek is skoon skaam vir die fotos. Kan jy glo op een het ek ‘n wit rok aan met PIENK sykouse, pienk krale en groot pienk oorbelle. Wat’n kombinasie. 😯

        Liked by 1 person

  2. Die liewe brille tog. Ek het gereeld probeer om kontaklense te kry. My oëis te bol en ek sou harde lense moes gebruik. Aangesien ek sport afgerig het was dit nie goed om in wind en stof kontaklense te dra nie. Steeds kan ek nie kontaklense dra omdat die bol van my oog te rond uitstaan! Sug! Baie dankie vir jou getroue ondersteuning. Ek waardeer dit baie dat jy en Kameel so getrou bygedra het. Jy het dit help aan die gang hou. Gaan nou my afronding vir die jaar doen.

    Like

  3. Ekself ken nie van brildra nie, het oë wat nog goed hou. Hier by die werk sit ek so nou en dan ‘n versterk-brilletjie op, as die letters te klein geskryf is.

    Aitsa – hou van jou foto … En ja – Scrapydo hou ons goed aan die gang. Ek waardeer haar ook baie.

    Like

  4. Die ding om ‘n bril te kies, is vir my … moeilik! Ek laat my ook gewoonlik lei deur “die mense wat daar werk”. En as ek die bril kry, is ek ongelukkig…! Hoekom, want ek vergeet elke keer hoe “lomp” ek is! Ek sit gou die bril op my kop as ek in die vliegtuig wil draaitjie loop, dan stamp ek die bril flenters teen die “overhead locker”!! Ek vergeet ek sit die bril op my maag as ek tv kyk, en as ek opstaan, dan trap ek daarop!!!! Volgende keer koop ek die dikste dikraambril op die mark!!

    Like

      1. Haha, nee kyk, jy verstaan nie! Verlede jaar in Marseille, wil ek gou my donkerbril opsit, sit gou my leesbrilletjie sommer hier voor by my hemp in…. Ek buk vorentoe, die bril val uit, en wat gebeur? Ek vál oor die bril, en trap weereens daarop…. 😉

        Like

Gesels saam, asseblief!