Die blou”toolbox”

Scrapydo se toeka:tokkel – Brille en pille

Hoe skryf ‘n mens oor diè onderwerp sonder om dit soos die klaagliedere van Jeremia te laat klink?  Oor my groote bril het ek voorheen geskryf, dus los dit my met pille.  Dit is nie uit vrye keuse dat ek ‘n blou “toolbox,” vol pille en salwe, oral saam met my piekel nie.  Die “toolbox” is ‘n onderwerp van fynspot onder die kinders….. net totdat hulle ‘n geel pil vir kopseer, of ‘n oranje pilletjie vir kalmering kom soek.  Ek sou nie omgee om diè dag in gees by te wees wanneer die kinders daardie blou kassie oopmaak, en sy inhoud in die vuilisdrom gooi nie.  In liggaam sal ek natuurlik dan nie meer op die aarde wees nie….. en pille sal onnodig wees. O blye dag!!!!

Al medisyne wat ek as kind geken het was kasterolie.  Een keer per maand het my pa met die haatlike botteltjie in ons kamerdeur verskyn.  Hy het vas geglo skoon ingewande is die wapen teen alle siektes.  En miskien was hy reg, ek was dan tot met standard vyf nie een dag uit die skool uit nie.  O ja, ek moes een of ander dokter se pienk pilletjies ook drink, en baie Molasses eet, want ek was die sieklike kind tussen die klomp.

Eers getroud en ons apteek bestaan uit Disprins.  Dit help vir kopseer, koors, en verkoues.  Ek beland in die hospitaal, en moet aanhoor dat disprins my maagwand gaatjies inbrand.  Dit keer my egter nie om kinderskete daarmee te dokter nie, en saam met pers grieppille – wat Ken van die werk af bring – maak ons ses kinders groot.  Die kasterolie bottel word so nou en dan uitgehaal, maar nie op die gereelde basis waarmee ek as kind groot geword het nie.

Soos die jare aanstap brei die medisynekas uit.  Die hormone werk nie so goed nie, en die bloeddruk is te hoog, die hare val uit want die skildklier is lui, en so kan ek aangaan.  En daarom dra ek nou ‘n blou “toolbox” met my saam.

 

 

 

 

Advertisements
This entry was posted in 'In opdrag...., Uncategorized. Bookmark the permalink.

13 Responses to Die blou”toolbox”

  1. Toortsie sê:

    Ja. Sommige het toolboksies, ander het toiletsakkies. Brille en Pille klop nie aan die voordeur nie!

    Like

  2. Ongenooid dring hul in by n normale leefwyse. Daardie pers pille vir verkoue en griep het ons tarrentaalpille genoem. Hul het mos sulke spikkeltjies op? Ek weet egter dat hul wel gehelp het maar waarvoor sal ek ook nie rerig kan sê nie. Ek kan bv gladnie asperien gebruik nie en so nou en dan wil panados ook n slegte reaksie gee. Nou kry ek maar voorskrif medisyne wat verligting bring. O wee as daardie blou “toolbox” tuis vergeet is! Paniek se moses. Dankie vir jou bydrae. Ek waardeer regtig jou getroue bydraes. Kan dit sommer in n boek sit!

    Like

    • Kameel sê:

      Het eenkeer toe ek en my seun vir paar dae gaan kuier het toolbox vergeet. Was erg…. moes ‘n dokter gaan soek om voorskrif te kry. My man het ‘n nie te mooi gesegte wat hy partykeer sê voordat ons ry om seker te maak hy is by. My watch, my wallet, my spectacles, my testicles…. lets go. 😆

      Like

      • Ha ha, ja ek kan my aanspuitgeursels of tandeborsel vergeet maar net nie my pille nie. Ek kan kastig selfs ook nie eers n uur later as gewoonlik my pille drink nie! Voel asof my lyf of verstand dadelik laat weet dis laat!

        Like

        • Kameel sê:

          Dis netso….. jou lyf sê “Haai waar is daardie pil!!” Goed om te hoor ek is nie alleen in die dilemma nie. Mooi dag vir jou. En baie dankie vir al jou onderwerpe waaraan ons deel kan hê. Volgende jaar laat jy ons skryf oor ons eerste soen Sal graag ander se ondervinding wil hoor 🙂

          Like

          • Ja jong, die liewe medikasie waarsonder ons nie kan klaarkom nie is ook maar n ding. Dankie vir jou ook vir die getroue ondersteuning. Daardie eerste soen gaan ek sommer dadelik op my lysie sit. As jy nog lekker idees het gooi dit bietjie hierdie kant toe asb. Mooi bly en hope liefde vir jou

            Like

  3. Hehe – ja, as die jare meer word, word die pilletjies ook maar meer.

    Like

  4. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 50: Afsluiting | I scrap 2

  5. Ek het die jaar lekker gelees hier by jou!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s