Tyd vir nuwe begin

Orals lees ek dit raak: ‘Ek gaan weer begin’, ‘Ek klim weer op die wa’.

Dis die tyd van die jaar wat mense oor begin, die tyd wanneer jy hard werk aan jou nuwejaarsvoorneme, wanneer jy weer probeer. Dit geld vir baie dinge: ‘n Nuwe stokperdjie, jou verhouding met jou geliefde, jou werk, jou geloof, jou gewig, wat ookal. Dis die tyd vir weer begin.

Veral ons wat maar met ons gewig sukkel, is ook lief om die nuwe jaar weer met nuwe moed aan te pak. Ons wil weer begin. Ons gaan weer probeer.

Banting werk vir my. Dit werk al 3 en ‘n halwe jaar vir my. Dis uitvoervaar. Dis leefbaar. Dis volhoubaar. Dis lekker. Dis maklik. Dis gesond. Dis goed. Dis selfs volhoubaar oor vakansies.

Ongelukkig kan ek nie waarborg dat dit vir jou ook sal werk nie en ek beveel altyd aan dat jy dit in samewerking met jou dokter moet doen. Ek wil jou graag help, as jy wil.

Before:

   After:  After

By Toortsie eet ons nét lekker kos, want Toortsie glo aan lekker eet.

Probeer is die beste geweer! 😁

Groetnis

Toortsie

‘n Goeie vraag

Die fotograaf se foto’s van die boekbekendstelling wat al in Desember gehou was, het gekom. Sy het dit blykbaar al lankal vir my gestuur, maar iewers het dit verlore geraak in die wolk. Sies tog, sy kon seker nie verstaan dat ek só ondankbaar is nie en die foto’s ís so mooi! Geen dankie van enige aard nie!

Ek het die foto’s op my faceboekblad geplaas, waarop iemand, dalk ‘n blogmaat vir al wat jy weet, gevra het hoekom ék dan enigsins op ‘n dieet is! Dankie! Wat ‘n kompliment! 🙂 Ek het haar geantwoord dat sy die produk sien van amper twee jaar se Banting, dat ek ook vetsugtig was en reeds sowat 14 kg verloor het en steeds 5 kg het om te verloor. Lengte steek baie weg.

Intussen bly die vraag in my kop draai. Hoekom steeds aanhou met Banting?

Omdat ek nog gewig het om te verloor. Op hierdie stadium neem dit baie lank maar ek gee regtig nie om nie, die wipplankryery van die afgelope 30 jaar is ten minste gestuit. Wat ‘n verligting!

Die belangrikste antwoord op die vraag, is dat dit regtig ‘n leefstyl geword het. In die begin het ek vir mense gesê dis nie ‘n dieet nie, maar ‘n leefstyl, terwyl dit eintlik maar ‘n dieet was. Nou is dit ‘n leefstyl. Ons het aangepas. Dis die kos wat ek maak. As ek ‘n resep sien, is die eerste besluit of dit Banting is of nie, of ek dit kan aanpas en of ek dit heeltemal moet los.

Die grootste rede hoekom ek sal aanhou met hierdie leefstyl is dat dit maklik is en lekker. Ons eet lekker. Ryk en lekker. Ons geniet ons kos voluit. Volroom. Nie afgewaterde kos waarvan al die voedingswaarde verwyder is nie, wat lyk soos kos maar nie kos is nie. Ons geniet die kos soos wat dit bedoel is om te eet. Ja, ek moes ‘n prys vir my vetsugtigheid betaal, ek sou graag álle kosse wou eet, maar die lewe het my gewys dat dit vir my, Toortsie, beter is om maar sekere kosse te vermy.

Ek hoop ek sal lewenslank hiermee volhou en kan volhou, selfs wanneer ek al in die ouetehuis is, want hierdie leefstyl werk vir my. Ek is gesond, vol energie en is stadig maar seker om my kroniese medisyne wat ek moes neem as gevolg van ‘n foutiewe leefstyl, te los. Wat meer kan jy vra? Banting is bobaas!

Fotograaf: Photography by Lize

image

image

image

image

image

image

image

image

image

image

image

image

Groetnis,
Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos faceboekblad.

Bestel Toortsie se Bantingboerekos HIER.

We did it!

Ek wéns ek kon sê: “I did it!”, maar nee, “WE DID IT”!

20151210_105400[1] 20151210_105406[1] 20151210_143021[1] 20151210_143109[1] Die proef is vandag gefinaliseer! Hiehaaaaa! Yeay! Yesssss! Hahaooooooo!!!

Ek het gister die Here gedank vir elke fantastiese mense wat Hy op hierdie pad vir my gesit het. Dit was nie regtig op my bucket list nie, ek sou nooit dink dat ek so iets sou aanpak nie, die pad was vir my uitgelê. Dat dit ‘n aansienlik groter projek is was wat ek gedink het, is waar en dis beslis nie dieselfde as die Tameletjie Toortsie  wat ek een keer as ‘n Pay it Forward-projek gedoen het oor ‘n naweek nie.

Die ONS wat dit gedoen het, is:

My Hemelse Vader wat my hand vasgehou het, wat vir my raad gegee het as ek nie geweet het hoe nou nie, wat my ELKE KEER rustig gemaak het as ek angstig was, wat die Reuse saam met my beveg het. Hierdie sê ek nie om te dweep nie, ek sê dit omdat ek nie anders kan nie.

My man en kinders wat my hierin ondersteun het.

Lizelle du Toit van Die Wit Kombuis wat die stilering van die kos gedoen het, wat op kort kennisgewing beskikbaar was, soveel ekstra myle gestap het, my by ‘n fantastiese bemarker uitgebring het, wat selfs gereël het dat ek volgende week op Radio Overberg gaan praat oor my boek. Die bemarker het danksy haar ‘n persverklaring uitgereik wat my stomslaan. Asof dit nie genoeg is nie, help sy my ook met die reëlings rondom die Boekbekendstelling wat 22 Desember 2015 in die NG Kerk op Struisbaai sal wees.

Boekbekendstelling Is jy in die omtrek? Kom sê hello!

Lize du Toit is die fotograaf wat net so baie gedoen het op kort kennisgewing. Sy sorg ook dat my plakkate gedruk word, visitekaartjies, ens. Sy is te vinde by Photography by Lize.

My twee kinders in die Kaap. Hoe gaan ek julle bedank? My skoondogter het gesorg vir die uitleg van die boek, vir fyn detail, vir die voorblad, om my boek “myne” te maak, totaal uniek. Sy het gedoen en oorgedoen en nogmaals oorgedoen, met die drukkers gewerk as ek nie kon nie. Hy het dit gelees en gelees en gehelp met die verstellings van die program, die proef gaan optel. Ag, ek kan nie alles opnoem nie! Wenspan!

Twee vriendinne wat te midde van ‘n uiters besige program vir my raad gegee het, help proeflees het, bygestaan het, is DM en ons eie Seegogga. Twee juwele. En sommer my ander maatjie, Amaré, wat my aangemoedig het, moed ingepraat het.

Mega Digital is die drukkers. Hulle is nie sommer ‘n agterplaasdrukkertjie nie. Ek is hoogs beïndruk met hulle werk, hulle professionele aanslag. Die dame op die eerste foto is die persoon wat my help daar.

My dogter wat my elke keer rondkarwei het in die stad se verkeer.

Dankie almal! Die boek sal hopelik volgende week beskikbaar wees. Julle kan dit van Maandag af begin bestel  deur op hierdie knoppie te druk. Dis by Paypal en jy kan met jou kredietkaart betaal. Die prys daar is in Amerikaanse Dollars, ongeveer R195 – R200, afhangende van die wisselkoers.

 

Buy Now Button

Hier kan jy kyk waar dit te koop sal wees asook die nuutste inligting oor die boek.

Groetnis
Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos faceboekblad

Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se faceboekblad.

Toortsie se Pinterest oor boeke.

Die agterblad

Die agterblad van ‘n boek is natuurlik vir my net so belangrik. As jy ‘n boek in jou hand hou in ‘n boekwinkel, draai jy hom om en lees die agterblad? Die voorblad trek jou aandag, maak dat jy jou hand uitsteek na die boek, maar die agterblad vertel jou meer, oortuig jou om dit te koop. Dis hoe dit veronderstel is om te wees. Hy help jou besluit.

So, hier is Toortsie se Bantingboerekos se agterblad!

agterblad Net vir indien julle wonder: Dis nie ek hierdie nie! Dis die produk van ‘n haarkapster-grimeerkunstenaar en die fotograaf. EK is Toortsie, en as julle wonder hoe Toortsie lyk, kyk op die voorblad! My kinders sal kan getuig daarvan. Die VOORBLAD is die ware weergawe!

Ek weet die meeste mense wat hier lees het reeds die voorblad gesien, maar net vir ingeval:

Voorwoord

Wil jy meer inligting hê oor die boek, hoe hy vorder, waar hy te koop is of waar jy hom kan bestel, kliek HIER. Of anders, kyk bo-aan hierdie blog, net onder die foto, heel regs: Toortsie se Bantingboerekos.

Dit sal ook goed wees om Toortsie se Bantingboerekos Faceboekblad te volg. Ek sit gewoonlik die nuutste nuus daar op.

Op Pinterest gee ek die skakels na al die bloginskrywings wat ek maak oor boeke. Daar is ook baie skakels na lekker Bantingresepte wat ek raakloop.

Internetbestellings van die boek kan hier gedoen word, maar wag nog so tot Donderdag, 10 Desember 2015, anders gaan u baie lank wag vir die boek. Die boek is nog by die drukkers. Dis by Paypal, ‘n veilige betaalplek waar jy met jou krediet- en debietkaart kan betaal. Die prys is in Amerikaanse Dollars omdat die Suid-Afrikaanse Rand nog nie by Paypal beskikbaar is nie.

Buy Now Button

Lekker dag!

Toortsie

Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se Faceboekblad, waar ek skakels sit na oulike bloginskrywings wat ek raakloop.

Hoe vorder die Bantingboerekosboek?

Mooi! Die boek vorder mooi. Ek is so verskriklik dankbaar vir almal wat gehelp het om die boek daar te kry waar hy nou is, ek wens ek kon hulle almal se name op die voorblad sit!

So waar staan hy vandag?

Die uitleg, alles is klaar. Die DVD is vir die drukkers stuur … wat twee dae sal neem vir die proef … wat vir L gestuur sal word vir goedkeuring. Sodra dit goedgekeur is, maksimum 5 werksdae, dan is hy klaar!

Julle kan altyd die bladsy bo-aan my blog volg om te sien wat aangaan. Op daardie bladsy is ‘n bestelknoppie waar jy die boek sal kan bestel. Dis nou al beskikbaar, maar moet asb nog nie bestel nie, dan gaan jy baie lank wag. Dis egter in Amerikaanse Dollars omdat dit deur Paypal is en die Suid-Afrikaanse Rand nog nie ‘n opsie is nie.  Ek sal, sodra die boek goedgekeur is en hulle besig is met die finale druk van die boek, dadelik vir julle sê as julle wil bestel.

As ek dit nou self mag sê: Die boek is regig mooi! Ek kan nie glo dat dit my ou gewone kossies is wat so mooi lyk nie. L, die bladuitlêer het haarself toetentaal oortref! Ek wil net kyk en kyk en kyk daarna. Wat ek die meeste daarvan bewonder, is dat sy dit reggekry het om my persoonlikheid in die boek vas te vang. Daar is net niks in waarvan ek nie hou nie!

Die boek het 140 bladsye, ongeveer 60 resepte, en natuurlik my Bantingstorie.

Ek is baie, baie opgewonde!

Hier is solank ‘n voorsmakie van die V O O R B L A D:

Voorwoord

Vir gereelde opdatering van nuus, ‘like’ my ‘page’, Toortsie se Bantingboerekos.

Groete

Toortsie

Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se Faceboekblad.

Internetbestellings van die boek kan hier gedoen word, maar wag nog so tot Donderdag, 10 Desember 2015, anders gaan u baie lank wag vir die boek. Die boek is nog by die drukkers. Dis by Paypal, ‘n veilige betaalplek waar jy met jou krediet- en debietkaart kan betaal. Die prys is in Amerikaanse Dollars omdat die Suid-Afrikaanse Rand nog nie by Paypal beskikbaar is nie.

Buy Now Button