Banting vir Beginners

Hoekom skryf ek graag oor Banting? Nie omdat ek Banting verskrik is nie! Dalk is ek!! Toe ek destyds met Banting begin het, het ek slegs Tim Noakes se boek gehad as handleiding, en een vriendin wie dit gedoen het. Ek het nie geweet wáár om hulp te soek nie.

Dís hoekom ek hieroor skryf! Omdat daar daagliks nuwe mense is wat met die eetplan begin en ook nie weet waar om hulp te soek nie. Dalk kan ek vir een so ‘n persoon help! Maar nou wil ek weet, wát noem ‘n mens so ‘n persoon? Ek sien op die “Real Meal Revolution webblad” dat hulle die woord, Banter, gebruik, maar as ek dié woord google, is die beskrywing daarvan nie mooi nie. Op die Faceboekgroep, “Banting (Tim Noakes Diet)” praat hulle van Bunters.  Van nou af gaan ek die woord, Banter, gebruik, en nee, ek bedoel nie lelik nie!

My beste raad vir Beginner Banters is:

1. Sny ALLE grane, rys, meel, suiker totaal uit.

2. Verhoog jou VET inname. Daarmee saam verhoog jou proteïen inname ook, maar konsentreer op VET. Gebruik botter, room, avokadopeer, bacon, kaas, in oorvloed. Selfs olywe. Veral DIEREVET is GOED vir jou.

3. Groente by ELKE ete. Let wel. Al is dit net ‘n tamatie!

4. Eet wanneer jy honger is, nie wanneer die horlosie sê nie. (Ek sukkel nog met dit.) Eet soveel soos jou liggaam nodig het. As hy meer nodig het, eet meer, maar moenie ooreet nie. As jy vol voel, STOP. Moenie kos in jou keel afwurg nie.

5. Vergeet ALLES wat jy in die verlede oor dieet geleer het. Dit wat jy moes uitsny, MOET jy nou eet. 🙂

6. Jy MAG van die oranje lys af eet. Onthou, die hoeveelhede wat hulle aandui, is die totaal vir die dag vir die hele lys. Ek eet elke dag een vrug, en dan is daar nog plek vir ‘n wortel of stukkie butternut in my bord ook.

7. Anders as ander diëte is hierdie NIE ‘n swaarkry dieet nie. Dis ‘n maklike, lekker eetplan wat ‘n mens jou lewe lank kan volhou. Al wat jy jouself ontneem, is die suikers, wat in elk geval sleg vir jou is.

8. Eet natuurlike kosse. Kos wat soos kos lyk, nie kos wat uit boksies kom, wat jy nie weet wat als daarin is nie.

9. As jy ‘n keer kroek, IS DIT NIE DIE EINDE VAN DIE WêRELD NIE. Onthou net dat jy gekroek het, en probeer dan om vir MINSTENS ‘N WEEK niks te kroek nie. Daarmee praat ek nie kroek goed nie, maar as jy regtig lus het vir iets en jy het lank laas gekroek, ai, man. Ek glo net dat as ek kroek dit moet regtig lekker wees, ek mors nie my kroek met slegte goed op nie!

10. Lees Tim Noakes se boek, en ook The Big Fat Surprise.

11. HOU DIT EENVOUDIG. MOENIE DIT PROBEER INGEWIKKELD MAAK NIE. DIS NIE NODIG NIE!

12. Die belangrikste: Lekker eet! 🙂

13. Wil jy lekker eet? Maklike kos? Kry dan my boek met heerlike en maklike resepte. Toortsie se Bantingboerekos. Kliek HIER om te sien waar jy dit kan bestel. IMG_1591

Groete

Toortsie

Ns. Soos altyd is dit nie my gedagte om mense oor te haal tot die Banting eetplan nie, al dink ek persoonlik dat dit ‘n uitstekende en gesonde eetplan is. As jy dit wil volg, gaan sien asb eers jou dokter.

Toortsie se Bantingboerekosfaceboekblad.

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie by Finesse: Drie dinge en jou lewensuitkyk verander. 

Winkels wat Toortsie se Bantingboerekosboek aanhou.

The English book, Toortsie’s Banting Bash will be available soon, hopefully in July 2016.

Toortsie's Banting Bash Nr 1

 

29 thoughts on “Banting vir Beginners

  1. Ag ek het HEELTEMAL van die bus afgeval. En hy het bo-oor my gery. En weer gereverse ook.

    😦

    Ek voel heeltemal oorweldig deur die ding. Ek het geen idee hoe om my kos uit te werk nie. Ja ek weet wat die ratio is (FPC) maar ek het geen idee waar om te begin nie. Tweedens het ek nie die tyd om al die kos van niks af te maak soos in die boek nie. En almal met wie ek praat wat dit doen sê dis so maklik. Ek weet nie of ek dit moeilik maak in my kop, en of my vetselle my brein vasdruk nie, maar ek kom net nie reg nie.

    En ek het ook die boek gekoop. En is deel van ‘n FB-groep.

    Like

    1. Ek dink baie mense maak dit te moeilik. Ek werk niks uit nie. Daar is ook nie regtig porsiegroottes nie. Jy eet meestal van die groen lys,,waarvan jy hou, tot jy vol is. My standaard ontbyt is 2 eiers, tamatie en halwe avo. Of kaas in plek van avo.
      Hoofmaal enige vleis en groente daarby. En dan nog iets ligs vir derde ete soos tunaslaai. Kook amper soos jy altyd gekook het, los net die stysel.
      Ek het deur my gewone resepteboek geblaai en gekyk wat daarvan ek steeds kan gebruik, wat nie meel of suiker in het nie. Daar’s baie van jou gewone kos wat jy steeds kan eet. Net nie lae vet nie. Als hoë vet. Volroom melk. Volvet mayonnaise.

      Liked by 1 person

  2. Dankie vir die! Ek bant nou n maand, sommige dae is ek glad nie honger nie en eet net omdat ek weet ek moet. Ek is glad nie n groot vleis eter nie. Ek dink ek staan tans n bietjie stil, my skaal se battery is pap so ek weeg nie.
    Wil gou hoor, doen jy ook die gelatien ding?

    Like

  3. More,Ek is doof,vind interressant in jou boek en waar kan ek boek koop?Ek is self moedeloos want ek het amper jaar op dieet gevolg,werk mooi uit maar die crackerbread is malprys maar watter brood kan ek in die oggend of aand eet?Ja eet saam met tamatie,komkommer,mozerrela kaas en blaarslaai sonder smeer op crackerbread.maar mens word moeg vir herhaal kos.Mag ek geroosterde bruin brood eet aangesien my dikderm het probleem wat dr aanbeveel dat ek nie koringbrood mag eet nie.Maar bruinbrood het mos self stysel.Ag gee my raad watter soort brood kan ek eet?baie dankie.Wil graag hoor oor gesondte kos.Elsa.

    Like

    1. Hello Elsa. As jy die LCHF of Banting leefstyl volg, mag jy geen brood eet wat van grane gemaak is nie. Ek sal nou probeer om ‘n resep van Bantibgmuffins hier bysit. Ek is nie tans by my rekenaar nie. Die muffins kan ook as broodjie gebak word.

      Like

  4. Goeie dag, ek is in die buiteland en stel baie belang in jou boek. Het jy dalk n elektroniese weergawe wat ek kan aanskaf?
    Groete
    Uit United Arab Emirates

    Like

    1. Sandra, ek werk op my tablet nou kan ek nie jou eposadres sien nie.
      Ken jy nie iemand wat in UAE werk wat tans in SA is en dit kan saambring vir jou nie? Dan pos ek dit vir daardie persoon.

      Like

  5. Ek bant nou al vir 3 maande, en verloor vrek stadig, en vandag is ek gatvol. En eet toe ñ pie. En toe ontdek ek jou blog, nog nie alles gelwes nie maar gaan nou maar weer aangaan en weer probeer. Is dit waar dat dit my cholestrol sal verbeter? My LDL is 5.8 en my dokter het aangeraai ek moet nie meer so baie hoë vet eet nie.

    Like

    1. O ek kan nie van jpu cholesterol praat nie! Myne het aanvanklik effens verhoog en toe gestabiliseer.
      My raad aan jou? Hou aan. Dis oraait dat jy ‘n pie geëet het. Daar is lewe anderkant ‘n pie! 😁 Party mense verloor stadig. Ek het al op ‘n stadium vir ‘n hele haar stilgestaan en skielik weer 4 verloor.
      Het jy baie om te verloor?
      Onthou, stilstaan is BAIE beter as wipplank ry.
      En as jy stadig verloor, verloor jy wel. 😁 Dis sagter op jou sak ook, jy kan jou klere langer dra.
      Byt vas, asb.

      Like

      1. Baie dankie Toortsie, jy is die eerste banting raadgewer wat my werklik motiveer. Die meeste groepe op fb is so streng dat horders mense my nou al die kop sou gewas het oor vandag se pie. Ek gaan deurdruk!

        Like

        1. Dankie. Ek stem nie saammet die bantingpolisie nue en hul sou my sekerlik al ‘n paar keer wou arresteer as hil net kon!
          Ek wil dit graag die res van my lewe doen, daarom moet dit leefbaar doen.
          In my eie huis bant ek 100 persent, maar dit gebeur soms dat ek iets eet by ander mense, wat ek nie mag eet nie.
          My dr het gesê ek nag 1 keer per week kroek. Dis heeltemal te veel en ek sal dit nie aanbeveel nie, maar dus vir my ‘n goeie aanduiding. Byt nou net ekstra hard vas.

          Like

Gesels saam, asseblief!