Het jy al ‘n boer sien lag?

Voor jy verder lees, kyk hierdie video. Asseblief. Moenie dit NIE kyk nie.

Dans in die reën (Touch of Class) (Skrywer onbekend aan my)

Op ‘n plaas buitekant die Klein Karoo staan ‘n boer en wag

Hy wag al lank vir ‘n druppel reën om sy grond te kom seën

Hy bid al maande lank dat daar iets moet gebeur

skielik slaan die druppels deur.

Het jy al ‘n boer sien lag, ‘n boer sien dans in die reën terwyl ‘n traan by sy wang afrol

‘n boer sien lag, ‘n boer sien dans in die rëen…

terwyl God die aarde seën?

Op ‘n plaas buitekant die Klein Karoo staan ‘n boer en lag

Hy kyk op na die wolke hoog en sien hoe reën kom

Hy weet ook daar’s Iemand wat uitkyk vir hom

Hy hoor nog ‘n storm aankom.

Het jy al ‘n boer sien lag, ‘n boer sien dans in die reën terwyl ‘n traan by sy wang afrol

‘n boer sien lag, ‘n boer sien dans in die rëen…

terwyl God die aarde seën?

Hy hoor dit aankom

Hy hoor die gegrom

Donker woke wat bo-oor hom huil.

Die reën val neer en meer en meer

en sak op sy knieë neer…

Het jy al ‘n boer sien lag, ‘n boer sien dans in die reën terwyl ‘n traan by sy wang afrol

‘n boer sien lag, ‘n boer sien dans in die rëen…

terwyl God die aarde seën…

terwyl God die aarde seën.

……………….

Ek kon nêrens die woorde in die hande kry nie, so ek het dit van die CD afgeskryf. Verskoon asb as ek iewers iets nie reg het nie.

Gedig/Aanhaling uitdaging dag 3

Groete

Toortsie

Terloops… ek het al gedans in die reën. En jy?

Toortsie se Faceboekblad.

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Plaaslewe en Landbousake. Bookmark the permalink.

9 Responses to Het jy al ‘n boer sien lag?

  1. Korrelkop Kahuna sê:

    Ek was nog altyd ‘n man vir lirieke wat ‘n storie vertel. Hier is sommer nog 3 Afrikaanse liedjies rondom dieselfde tema.
    https://www.youtube.com/watch?v=grSUQs8r9tU Kyk so rondom 4:45 vir die reën liedjie.

    En nog een van Adam Tas. https://www.youtube.com/watch?v=3cHMK9FDchY

    Like

  2. ekmyselff sê:

    Ver by mooi verby!

    Like

  3. Kameel sê:

    Betekenisvolle woorde. Vertel ‘n storie…..

    Like

  4. scrapydo2.wordpress.com sê:

    Het nie woorde nie!

    Like

  5. Son sê:

    Dis so verskriklik mooi!

    Liked by 1 person

  6. Terug pieng: Hoekom sal iemand reën wil hê? | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s