Ingelegde Kwepers en Beet

Ek was só bly toe ek kwepers in ons Checkers sien!

Wanneer jy met kwepers werk, moet jy vinnig werk, want sodra jy aan die kweper skil, begin dit verkleur.

Ek gebruik die resep in Kook en Geniet. Hul sê dat jy eers die kwepers moet kook in gewone water, en dan maak jy die suikerstroop waarin jy dit kook. Ek kook dit sommer van die begin af in die stroop.

Ek sien die resep in die Landbouweekblad gee allerhande speserye wat ‘n mens kan bysit. Ek het dit nie gedoen nie, maar dit kan nogals baie lekker wees.

Hoe ek dit doen:

Gooi in ‘n groot bak 4.5 liter water, 4 hoogvol teelepels sout en 25 ml asyn. Hierin gooi jy jou geskilde kwepers solank jy nog besig is om dit voor te berei. Maak elke stukkie goed nat om verkleuring te voorkom.

In ‘n groot kastrol maak jy ‘n middelmatige stroop aan: 1 deel suiker gemeng met twee dele water. Sit dit solank op die stoof en laat die suiker smelt. Bring tot kookpunt. Roer gereeld.

Skrop die skille van die kwepers skoon met die skurwe kant van ‘n sponsie. Sny in wiggies en sny die pitte uit. Skil dit as jy dit verkies. (Ek het ‘n klompie geskil en ‘n klompie ongeskil gelos, en in aparte kastrolle gekook. Aanvanklik het ek gedink dat ek dit nie weer met skille aan sal kook nie, maar dit was tog op die ou end lekker en die manne het dit geëet sonder klagtes.)

20150325_114423[1]Die geskilde/ongeskilde kwepers lê solank in die asyn/soutwater wat jy aangemaak het. Sodra alles klaar geskil en gesny is, gooi jy dit in die kokende stroop. Laat kook totdat dit sag is. Sag, maar tog ferm.

Intussen steriliseer jy die potte. Draai die deksels af en sit dit in die oond by 100ºC. Mens kan dit glo ook in die mikrogolf steriliseer, maar ek volg nog die ou manier. Ek sit ook die deksels in die oond.

Wanneer dit gaar is, word dit onmiddellik gebottel. Skep eers die potte vol van die kwepers en gooi dan die pot heel vol met die stroop.

20150325_132845[1]

Dit kan lank gebêre word. Eet dit as bykos by braaivleis.

…………………………………………………………………………………………..

Ingelegde beet.

DSC08086Ek het een keer my skoonma se beetblatjang resep gegee, wat héérlik is. Dis so ‘n soet-suur beet.

Vandag gee ek die resep vir gewone ingelegde beet.

Kook jou bete gaar, skil af en sny in skywe of rasper dit, of as dit klein beetjies, is, hou dit heel.

Kook in gelyke hoeveelhede water, asyn en suiker. Gooi die gaar beet, soos gesny volgens jou voorkeur, hierby. Laat kook vir 5 minute. Bottel warm.

20150116_205715[1]

Groete

Toorts

Loer by Pinterest waar ek nog skakels na ingelegde kosse gee.

Toortsie se faceboekblad

Toortsie by Finesse: Saam-saam

Beide hierdie resepte is NIE vir mense wat ‘n Lae Koolhidraat Hoë Vet dieet volg nie.

18 thoughts on “Ingelegde Kwepers en Beet

  1. Dit klink en lyk sommer baie lekker. Ek is n lui kookster maar as ek sulke inlê goed sien het ek sommer lus om te maak. Ek het tog vroeër jare ingelê. Vandat ek alleen is is dit net nie vir my die moeite werd nie.(Alleen wees gaan al vir 22 jaar- omtrent al n leeftyd)

    Like

  2. Ek’s mal oor kwepers. En beet! Ek gebruik die Tuis resep vir kwepers. Met Verjuice en ster anys en vars vanielje, dan sit ek sommer naeltjies en pypkaneel ook by. Baie lekker! Maar die Verjuice maak dit nogal duur

    Like

      1. Nee Toorts, vat die kompliment as hy jou kant toe kom. Daar is nie ‘n manier waarop ek goete inlê, en konfyt kook, en brood bak nie. Gelukkig het ek so ‘n dogter…. en ons eet heerlik aan alles wat haar hande optower.

        Like

  3. Hier in Bellville is daar ‘n markie wat bokse kwepers teen gewoonlik so R25 verkoop as dit in seisoen is. Se as ek moet uitkyk daarvoor. Ek kan dit in Hermanus kry vir jou

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s