Rotte en mottegif

Wie eerste op hierdie erf was – rotte of mense – diè weet ek nie.   Wat ek wel weet is dat diè twee spesies onmoontlik saam onder een dak kan woon.  Dit is ook heel duidelik dat nie een sy goed wil pak, en trek nie.  Inteendeel elkeen veg verwoed terug vir ‘n plek in ‘n omgewing, wat eers net veld en bome was.

Ons, of laat ek eerder sê Ken en skoonseun, veg met lokvalle, elektriese seine, rottegif, en ROTtweilers.  Die rotte veg terug deur in die nag – wanneer die mens veronderstel is om te slaap – ‘n helse lawaai te maak.  Die gifballe word gebruik om rugby mee te speel (altans dit is soos dit klink.)  Of deur bo in die dak sy laaste asem uit te blaas, en daar te lê en ontbind.  Om van die stinkende oorskot ontslae te raak, dwing hy die mens om sy donker doolhof te betree.

Die grootste wapen wat hulle teen die Evas op hierdie erf gebruik is vrees.  Vrees verander hulle in Goliats wat manhaftig uitroep “Kruip uit julle gate, en kom veg teen ons.”  Daar is nie ‘n Eva met Dawidsmoed op hierdie erf nie.  Die naaste wat ek aan braaf wees kom is om vir hulle ‘n meer huisliker, en dus vriendeliker voorkoms te skep.  Ek trek vir hulle wit voorskote, en hoë kokhoede aan; maar tevergeefs – wanneer dit by die ware Jakob kom troon hulle voorskootloos, en hoedloos bokant my uit. 😯

So kom skoonseun op ‘n dag met die wonderraad om motballe in die dak te gooi. “Rot se kind kom nie naby aan ‘n motbalreuk nie.” “Eureka,” sug ons verlig – uiteindelik het ons ‘n doeltreffende wapen teen die rotte gevind.  Ken gaan koop motballe – nie een of twee nie – nee sommer BAIE!!  Dit hael motballe hier bokant ons koppe; veral in die gebied bokant ons slaapkamer; daar waar die plafon al ‘n geel kol deurslaan van rottepiepie.

Ken is skaars van die leer af, of die reuk van mottegif vul ons huis.  Ek gaan haal buitekant asem.  Dit is winter, maar deur die dag leef ons met oop deure en vensters.  Oggend na oggend word ek met ‘n hoofpyn wakker, en kannie gou genoeg die deure oopmaak om vars lug in te asem nie.  “Hoe lank gaan die reuk nog bly?” probeer ons uitvis.  “Marlè het ‘n ruk terug motballe in die spens gesit,” sê Jay, ons dogter wat ook op die erf bly.  “Na ‘n maand het dit beter begin ruik,”

Verlede week kom ons jongste seun Kenneth hier aan.  Met die intrapslag kry hy so ‘n oprtrekneus wat “disgusting,” spel.  “Die huis begin nou soos ‘n regte oumenshuis ruik!”  “Hello,” dink ek.  Ek verduidelik van die motballe.  Vrydag is dit weer ons Portugese meisiekind wat haar neus wie weet waar in die lug in druk, en dieselfde oumenshuis ding kwytraak.  Weereens verduidelik ek van die motballe.  “Die maand is amper verby, dit behoort oor ‘n dag of twee beter te ruik,”

Nouwel, die maand is om en alhoewel die reuk nie heeltemal weg is nie, is die huis meer leefbaar.  Die rotte dink blykbaar ook so.  Hoekom anders sou hulle my laasnag kort-kort wakker gemaak het met hulle baljaery hier bo in die dak? 😦

17 thoughts on “Rotte en mottegif

  1. Jy kan bly wees dit was ‘n muis… hierdie goed hier is GROOT. Probleem is daar was soveel jare gebou, en bourommel het oral in die omgewing rondgestaan. Lekker uitbroeiplek. Toe alles eers toegebou is, en rommel weggery toe trek hulle huise toe. As almal hier rond nie moeite gaan doen om hulle te probeer uitroei nie… “veg” ons tevergeefs.

    Like

    1. Die Rottweilers sal die katte vang. Ek sou ‘n kat of twee verkies het, bo al die giwwe en goed. Skoonseun het ook al van die drank gepraat… of hy dit gedoen het, die weet ek ne. Hier is oral fonteintjies wat hardloop… nou die dag ‘n dooie rot net by die fonteintjie hier voor ons slaapkamervenster gekry. Wat anders bedoel jy met die bakke water?

      Like

    2. Nee man Toorts. Nou het ek hierdie prentjie in my kop van die spul rotte wat blinkgedrink aan die soetwyn mekaar met die rotgif korrels probeer doodgooi. Geen word dit rumoer so op die plafon nie

      Like

    1. Jy mag maar met die grootste plesier lag Vlooi. Ek het ook al gesmile as Ken die besem gryp, en teen die plafon begin hamer. Dit moet net so komieklik lyk wanneer ek Bostik in my ore druk om bietjie rus en vrede te kry 😉

      Like

      1. jy sien – ek het nie eers by die tafels spring gekom nie – wil nie lees nie – he-he. toe ek in londen gebly het, was ons langs ‘n cemetery gewees – nou kan jy imagine die muise in die huis. ek het gewoonlik op die kombuisstoele gestaan, my ore toegedruk en ge-la-la-la-la – sodat ek nie kon hoor hoe die ouens die goed doodslaan nie. grrrrrr

        Like

        1. Eerste keer dat ek van die la-la-la hoor terwyl jy op ‘n stoel staan, en jou ore toedruk 😆 Asof dit nie erg genoeg was om langs ‘n cemetery te bly nie!!!! Now I don’t know which one is the most scary 😯

          Like

  2. Oeee ek ken die rotte in die dak storie. Ons het ses jaar lank in ‘n hout huis in ‘n bosbou gemeenskap gewoon. Daar was 25 huise en daar was elke drie maande nuwe gif in die dakke gesit. As dit nie gereen het nie, het hulle huise toe gekom. As dit te veel gereen het, het hulle huise toe gekom. Hulle was in die dakke, in die (hol) mure. Hulle het gate deur daardie “ceilinf board” mure gevreet. Ek hoor nadat ons daar weg is, het dit so erg geraak, die hout huise het plek moes maak vir gewone steen huise wat nogal ‘n jammerte is.
    die houthuise het so mooi gepas in die boswereld.
    Oeg ek dwaal af. Net kat se kind het hulle by ons onder beheer gehou.

    Like

    1. Houthuise en ‘n bos… kan net ‘n pragtige prentjie maak….. as die rotte net wou uitbly 😉 Olga, ek wens rêgtig ons kan ‘n kat aanhou…. maar hierdie kwaaie Rottweilers sal dit nie toelaat nie. Dus duur die stryd voort….!!!

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s