toe ek net begin blog het….

Die goeienuusloli vra:  Onthou jy die dae toe jy nog net ‘n paar ‘followers’ gehad het, en gewonder het of enige iemand jou blog lees???…. Wel, Loli, ek staan steeds in verwondering dat iemand sowaar hier lees!!!

Maar om jou vragie te beantwoord. Ek het aanvanklik ‘n ander blog onder my eie naam gehad, en een nag het ‘n angstoestand my beetgepak en binne sekondes het ek dit afgehaal. Die volgende oggend het ek ‘n epos van een van die bloggers gekry en gevra: “Wat het jy vannag aangevang? Het jy ‘n afskrif van dit wat jy geskryf het?” Ek het die meeste gehad, maar net daar stuur sy vir my my hele bondel goed! Kan jy dit oorvertel?!! 😆

Ek kon nie glo dat IEMAND dit lees nie en het ook nie geweet hoe die mense dit in die hande kry nie. Toe skryf ek hierdie:

Om skielik te begin blog, is ‘n erg nuwe ervaring vir hierdie boeretannie. Toe ek begin skryf het, het ek met my naaste vriende gesels, hulle vir wie ek wel die moed gehad het om te vertel van my mal plan.  Intussen het ek agtergekom dat hier iewers in die wêreld mense is (waar hulle is, weet ek glad nie)  wat sulke goed lees. Dis soos ‘n hele gemeenskap op sy eie. En nou skryf ek nie meer net vir my vrinne nie.

Vir my is dit ‘n uitlaatklep. ‘n Vrou het immers 40 000 woorde wat sy per dag moet gebruik en waar gaan dit ek hier stokalleen op die plaas opgebruik? Tog moet ek oppas dat dit nie my hele lewe oorheers nie, ek het nog regte lewendige vriende by wie ek kan gaan koffie drink. Dis nogals aardig om te dink dat ek baie lekker gesels met ‘n hoed, rooi duiweltjie en skildery van ‘n perd! (Klink vir my na ‘n mal mens???)

Ek wonder oor ‘n paar dinge: WIE is die mense wat na my blog kyk? Waar woon hulle? As ons in die regte lewe ontmoet, sal ons dan ook so lekker gesels? Watter tyd van die dag blog julle? Doen julle dit in werktyd of is dit meestal mense wat by die huis is? Hoe weet julle so gou van nuwe blogs en nuwe skrywes?

Nou ja, intussen wonder ek nie meer so baie oor wie my goed lees nie, ek geniet dit net. Ek gesels steeds met vreemde wesens…. ‘n krappie, ‘n halwe gesig vol plantjies, ‘n donkie, ‘n heks ❗  ‘n slak…. noem maar op!! Ek het geleer dat bloggers nie sommer byt nie, soos een vir my in die begin belowe het.

Ek geniet dit steeds, al is dit tyd maar min.

Toorts

46 thoughts on “toe ek net begin blog het….

  1. Die ‘lone ranger’ sweef lekker rond, nê?! Aai, liewe Toorts, blogging is als wat jy sê, en nog meer. Ek skryf vreeslik graag, al vir jare, op papier, vir myself. Nou dat mense my ‘dinge’ kan lees, is dit heel ‘n ander ervaring, en kan mens maklik begin voel: Ek wil hê, NOG iemand moet lees?! Ek hak bietjie vas by, hoekom is my blog nie op ‘freshly pressed Afr.’ nie? Ek sien julle almal sin, en wonder, skryf ek ‘junk’ en wie besluit? (vergewe my, maar ek wil ook ontdek word, en geproe of ge’lek’ word 😉
    Sssso: 1) Ek vertel nog nie my maats regtig nie, en familie, HA!, maar my ma weet nou. Nou probeer ek my bes om steeds eerlik te praat. DIe dag kom, ek weet dis sommer binnekort wat ek wyd en suid gaan verkondig!
    2) Ek werk by die huis, en spandeer te veel tyd op blogging, ek erken. Tog, gaan ek vandag iemand blog lesse gaan gee, en kan nie besluit of ek moet ‘charge’ nie?!

    So wie kan my sê, hoekom is ek nie op ‘af.Freshly pressed’…. nie…ek begin ontrekkings simptome kry …. 😥

    Like

    1. Ek mag verkeerd wees maar hier is hoe ek dit verstaan. Freshly pressed is ‘n plek waar die ouens van WordPress daagliks ‘n klompie blogs lukraak kies, soortvan in die lyn van “pick of the day”. Dit is natuurlik nou vir blogs in Engels. Vir blogs in Afrikaans en ander tale is Freshly pressed eintlik net ‘n kopie van top skrywes/ top blogs en dit word volgens een of ander hoogs gekompliseerde geheime formule bereken.

      Like

        1. Moet dit nie te ernstig opneem nie. In die kuberwêreld gaan statistiek nie soveel oor hoeveel mense jou blog volg of kommentaar lewer nie, maar eerder oor hoeveel “verkeer” jou blog genereer. Omdat ons meestal deesdae inteken op blogs en die inskrywings via e-pos ontvang, en op dieselfde manier kommentaar lewer, beteken dit dat jy afhanklik is van “toevallige” verkeer vanaf plekke soos blik.co.za en soekenjins. Hoe meer inskrywings en hoe jy die opskrifte bewoord speel ‘n groot rol hierin.

          Like

          1. Soos ek verstaan, aantal klieke. Ek het byvoorbeeld al gewonder – tel dit as jy in my blog na ‘n volgende blogpost ook gaan? Ek dink ook die aantal Likes en kommentare tel ook… en ek dink dis net in die afgelope paar uur, nie die hele dag nie…. maar dis maar hoe ek dink en dit kan gevaarlik wees!!!

            Like

        2. Wat ook noodsaaklik is, maar jy doen dit, is om jou VOLLEDIGE blogadres in te tik by URL as jy kommentaar lees. Ek skryf dit omdat soveel mense hier kommentaar lewer en dan weet ek nie WAAR om hulle in die hande te kry nie, en tog lyk dit of hulle ‘n blog het. Ek hou daarvan as iemand by my kommentaar gelewer het, te gaan kyk wat die persoon skryf.

          Like

    2. Ja, ons skryf vir onsself. en ja, ons wil mos maar hê mense moet ons goed lees.
      Xena het vir my geleer: Maak jouself bekend. As jy “anoniem” wil bly, moenie op fb nie, maar fb het vir my gehelp. Dan, iets wat ek nie op die oomblik so baie doen nie omdat tyd te min is, is Lees so veel as moontlik ander blogs EN REAGEER by hulle. Dis waar die ander mense jou raaksien.
      Skryf gereeld, probeer veral tot jy meer bekend is, om daagliks te skryf. As jy gereeld skryf, begin mense gereeld daar by jou loer.
      Ek weet nie of kwaliteit altyd die rede is hoekom mense lees nie.
      Tag of Ping-back. Tag mense, as jy na iemand verwys. NB, tag ‘n geskrewe stuk, nie die blog nie. Want dan laat weet wordpress vir jou dat jy getag is.
      Sterkte, jy skryf fantasties. Hou net aan!! 🙂

      Like

      1. Terloops, Kameel, terwyl ons nou van aantal klieke en sulke dinge praat. Besef jy dat jou rotte en mottegif storie gister vir ‘n rekord klieke vir die dag gesorg het? Dis nou ‘n rekord vir ons blog. Baie geluk!!!

        Like

        1. Dankie Toortsie… alhoewel ek natuurlik min verstaan van klieke en dinge. Klieke is vir my iets wat mense vorm, en jy kannie daar inkom nie al probeer jy ook hoe 😉

          Like

  2. amazing hoe ‘n mens by blogs uitkom – en dan sien ‘n mens ook hoe die mense wat comment en so connected is – ek love dit.

    ek het self nou so begin-begin touch aan die blogging ding. ek se dit nie net nie – maar vir my is dit maar net iets wat ek vir myself doen – ek se nie eers vir mense ek doen dit nie en worry nie eintlik daaroor nie, if you know what i mean. 🙂

    Like

      1. Raas ook sommer met colourmecrazee. Sy wou nie my rottestorie lees nie… het langs ‘n begraafplaas in London gebly, en daar was muise by dosyne 😆

        Like

                  1. Nee, ek het al gedink ek moet dit êrens stoor net vir ingeval iets crash. Beste sal wees om vir Toortsie te vra… sy is die fundi. Gaan nou kyk of ek by jou kan uitkom 😉 Ek is lus vir ‘n lekker storie!!!

                    Like

              1. Soos jy nou die adres ingetik het, moet jy daar waar jy jou naam, epos adres intik, by die URL intik. Dan kan mens net op jou naam tik en kom by jou uit. So gaan jy baie meer verkeer kry.

                Like

  3. Blogging is meestal lekker. En soms is dit lekker om bloggers te ontmoet. En soms wens jy jy het nie. Maar meestal is jy bly jy het. Soms. Meestal.

    Like

              1. Toortsie, sien nou eers die donderweer ding… en weer kry jy dit reg om my te laat lag 😆 Nog ‘n ding wat jy en Rika in gemeen gehad het. Miskien moet ek jou maar as my sussie – na wie ek juis vanoggend so verlang – aanneem.

                Like

  4. Ek bly op ‘n baie afgelee dorp in die Karoo. Ek blog wanneer ek kan – as daar internet-konneksie en krag is 🙂 Ek doen dit omdat dit my forseer om na te dink oor wat ek in die lewe ervaar. “If experience is not translated into knowledge, it is wasted.” Of so iets… het ‘n vriendin baie lank terug vir my op universiteit gese.

    Ek het oorsee begin blog omdat ek nerens anders as die internet gehad het om my gedagtes en klagtes te hou nie. Ek het nie geweet hoe ander mense by ‘n mens se blog uitkom nie, en ook nie omgegee nie – dit was uitsluitlik vir myself.

    Nou wonder ek nie meer daaroor nie. Ek doen dit net. En laat hy val waar hy wil 🙂

    Like

Gesels saam, asseblief!