Stres en gewigsverlies

Wanneer ‘n mens stres, skei jou liggaam glukose af wat jou gewigsverlies belemmer. Wel, en as jy enigsins ‘n emosionele eter is (soos ek), raak jy aan die kou sodra jy gespanne raak en eet jy al wat voorkom – dit wat reg is en ook wat nie goed is vir jou nie. Om die waarheid te sê, het jy ‘n geneigdheid om sulke tye juis te wil gryp na suikers en tjips en lekkers. 

Daarom is dit belangrik om te kyk na wat jou stresvlakke opjaag. Kan jy dalk iets daaraan doen? Is daar dinge op jou program wt jou geluk stel en bydra tot ‘n stresvolle lewe? Is dit moontlik om af te skaal? 

Watter saadjies van bitterheid het jy dalk toegelaat om wortel te skiet? Vir wie wil jy nie vergewe nie? Dink daaroor – wat gaan gebeur as ek dit laat gaan? Wat gaan gebeur as ek die persoon vryspreek?

Die waarheid is – deur iemand vry te spreek, deur doelbewus te kies om die persoon te vergewe, spreek jy nie net daardie persoon vry nie, maar kom jy ook vry. En om die persoon keer op keer te vergewe, elke keer wat die kwaad weer kom, raak jy vryer en vryer. Jou hart ligter en ligter. Gesonder en gesonder. Skei jou liggaam minder glukose af. 

Ja, as jy wil gewig verloor, help dit nie net om te kyk na wat jy eet en jou oefening nie. Om suksesvol gewig te verloor moet jy na die hele jy kyk. Dat die hele jy gesond raak. En dán sal jy meer moed en krag hê om die onmoontlike aan te pak. 

Sterkte!

Kyk gerus HIER indien u meer van my skrywes oor die keto-leefstyl wil lees.

Ek wil jou graag uitnooi om deel te word van ons Banting (Keto) whattsappgroep. Ons kommunikeer in Afrikaans. Ons indersteun en help mekaar om die leefstyl goed aan te pak.

Toortsie

Atkins

Dr Atkins New Diet Revolution

Ek lees tans bogenoemde boek na aanleiding van Prof Tim Noakes se verwysing daarna. Hy verwys daarna tydens sy verhoor destyds nadat hy by die Mediese Raad aangekla was oor raad wat hy vir iemand gegee het rondom babavoeding. Terloops, hy is onthef van al die aanklagte. En het jy geweet dat hy as wetenskaplike in die Mediese lyn 3e in Suid-Afrika en 1240e op die wêreldranglys is? 

Terug by die boek: Dr Atkins New Diet Revolution. Wat ‘n lieflike boek! Ek het altyd gedink dat Atkins eerder konsentreer op proteïene terwyl keto op vette konsentreer. Wat seker waar is. Maar as jy die boek lees, is daar soveel ooreenkomste en soveel te leer. Hy antwoord sommer ‘n klomp vrae wat ek nog in my hart het. 

Hy noem dat as jy vir langer as 4 weke ‘n plato bereik het, jy ernstig moet kyk na wat jy eet. Het jy nie dalk ongemerk weer meer koolhidrate begin inneem nie? Oefen jy genoeg? Moet jy nie ‘n bietjie sny op alkohol nie? Dalk moet jy melk en selfs koffie vir ‘n ruk uitsny? Neute vir ‘n ruk vermy as jy glad nie gewig verloor nie. Net groen groentes eet om weer aan die gang te kom. Natuurlik altyd jou proteïene met vet aan. Vetter snitte vleis. 

Hy noem ook dat party mense ‘n groter metaboliese weerstand het. Dit veroorsaak dat jy moeiliker gewig verloor. Die antwoord? Eet nóg minder koolhidrate. En soos wat ek soveel keer vir my groeplede sê wat dalk sukkel om die gewig af te gooi: Daar is eers metaboliese herstelwerk wat gedoen moet word. Moenie ontmoedig voel as jy nie dadelik verloor nie. Dalk het jy in jou lewe al soveel keer dieet, gewig verloor, verkeerde eetpatrone gevolg, weer opgetel. Dit laat sy merk en moet eers weer reggestel word. 

Atkins se boek is ‘n baie praktiese boek. Dit is geskryf in ‘n baie gemaklike trant en lekker om te lees. 

Kyk gerus HIER indien u meer van my skrywes oor die keto-leefstyl wil lees.

Ek wil jou graag uitnooi om deel te word van ons Banting (Keto) whattsappgroep. Ons kommunikeer in Afrikaans. Ons indersteun en help mekaar om die leefstyl goed aan te pak.

Hierdie bloginskrywing het oorspronklik verskyn in Toortsie se Ketoblog, ‘n blog waar daar net oor Banting, of Keto, of LCHF, en diabetes geskryf word.

Toortsie

Kompetisie tot kompetisie

Wonderlike nuus! Die eerste Banting (Keto) gewigsverlieskompetisie loop nou amper tot einde. Dit eindig DV op 30 April en dan gaan ons die wenners aankondig van die verskillende pryse! Dit gaan opwindend wees! 

Daar is egter nog goeie nuus. Die ondersteuningsgroep gaan aangaan vir diegene wat wil aanhou. Daar gaan steeds weeklikse inligtingsessies wees en inweegsessies per whattsapp. Die deelnemers is goed op dreef en die meeste van hulle het die leefstyl goed onder die knie.

Maarrrrrr daar is nóg nuus! Daar begin DV ‘n NUWE kompetisie op 1 Mei en sal loop tot 31 Augustus 2022. Hierdie keer is die inskrywingsfooi R1000 en 30% van die volle inskrywingsfooi van al die inskrywings gaan verdeel word tussen die persoon wat die meeste gewig verloor in hierdie tyd en die een wat die grootste persentasie gewig in verhouding met sy begingewig verloor. 

Ingesluit by hierdie R1000 is ook Toortsie se 3 resepteboeke, weeklikse inweeg- en inligtingsessies deur ‘n gekwalifiseerde Bantingafrigter en ‘n whattsapp ondersteuningsgroep. Alles gebeur per whattsapp wat beteken dat deelnemers enige plek in die wêreld kan woon en steeds kan deelneem. Die voertaal van die groep is Afrikaans. 

Kontak my as jy belangstel. 

Toortsie

E-boeke en boeke

Hierdie is ‘n bloginskrywing wat voorheen gepubliseer was, wat ek nou opdateer het. Soos wat daar nog e-boeke van my én ander beskikbaar raak, sal ek hulle hier plaas. Dit is almal boeke wat ek namens my én ander skrywers uitgegee het.

Hou hierdie spasie dop, hier kom gereeld boeke by!

Genade onbeskryflik groot – deur Ansu Malan

Uiteindelik kan ek vir julle vertel van hierdie e-boek. Dit is ‘n moet lees!

In hierdie ware verhaal beskryf Ansu Malan die reis wat sy langs haar man beleef het nadat hy met galpypiekanker gediagnoseer is. Sy vertel van hulle vrese, hulle pyn, maar die sekerheid wat hulle in Jesus Christus gehad het en steeds het. Dit is ‘n geloofspad wat sy met vertroue in haar Skepper loop. Hierdie deernisvolle boek sal beslis enige leser se hart aanraak. 

Laai die gratis e-boek hier af.


Die Groen Mouter & ander kortverhale – deur Frik Stoffberg

Frik Stoffberg is ‘n storieverteller soos min. In hierdie kortverhaalbundel neem Frik Stoffberg ons op ’n komiese wyse terug na die oudae en die oudae se stories. Frik Stoffberg se lekker, informele geselstrant maak hierdie kortverhale ’n plesier om te lees. Beslis lekker leesstof!

Laai die gratis e-boek hier af.

Skoolstories 1969 – 1980 Bredasdorp

Hierdie boek is geskryf deur die groep klasmaats wat in 1969 skool toe is en in 1980 matriek geskryf het. Bredasdorpstories. In hierdie bundel is die onthoustories van ‘n paar van die klasmaats opgeneem. Op ‘n humoristiese manier vertel hulle dinge wat hulle ervaar het en spot hulle baie keer met hulleself. Dit is beslis ‘n lekkerleesboek.

Skrywers: Adri Aggenbach de Kock, Deon Gouws, Jacques Swart, Kosie Blom, Leana van Deventer Smit, Lucy Steyn Brink, Mabeth Knipe Janse van Rensburg, Madelé de Wet Burger, Nicoleen Swart du Plessis, Ronel le Roux Cilliers, Sal Lourens.

Laai die gratis e-boek hier af.

Boeke deur Madelé Burger

  1. Toortsie se Bantingboerekos (Toortsie 1)

Meer as 2 800 boeke verkoop in Afrikaans en Engels!

Toortsie se Bantingboerekos is meer as net ‘n resepteboek. Dit bevat smaaklike, vinnige en maklike resepte wat in gewone huise met gewone bestanddele gemaak kan word. Al hierdie resepte is geskik vir die Bantingleefstyl, vir Keto, Paleo, LCHF. Selfs diabete kan baat vind by hierdie resepte en alle mense wat hou van lekker eet. 

Toortsie vertel ook haar verhaal, haar reis sedert sy in Julie 2014 begin het om die Bantingeetplan te volg. 

Dis ‘n lekker leesboek tesame met ‘n resepteboek. 

Bestel die gedrukte boek direk by Madelé Burger by 082 563 8351 of e-pos na: madeleburger@gmail.com. Die E-boek kan hier afgelaai word in ‘n verskeidenheid formate.

2. Toortsie’s Banting Bash! (English version of Toortsie se Bantingboerekos)

Nearly 500 copies sold in English. 2800 copies sold in Afrikaans and English.

Toortsie’s Banting Bash! is more than just a recipe book. It is full of quick, easy and tasty recipes you can make in an ordinary kitchen using ordinary ingredients. All of the recipes are suitable to the Banting lifestyle. 

Toortsie also tells her story, her journey since starting the Banting eating plan in July 2014.

It’s not just a recipe book, it’s also a great read!

Madelé Burger is a mother, a grandmother and a farmer’s wife. She lives in the Overberg with her husband and they run a mixed farming operation. She is involved in the farm’s administrative work. 

This book is suitable for LCHF, Keto, Banting, Paleo and diabetes that follows the LCHF lifestyle. Also for people who loves nice food. 

Madelé loves people and she lives life to the full. She loves to travel and enjoys being outdoors. She writes about everyday things on her blog, about children, about life, and about her relationship with God. 

Her culinary experience comes from 30 years’ worth of cooking for her family. 

The book is available in print and as an e-book. 

Order the printed book directly from Madelé Burger at 082 563 8351 or e-mail to: madeleburger@gmail.com.

Buy the e-book from Smashwords.com

Farmgirl from South Afrika

3. Hier’s die Toortsie weer! (Toortsie 2)

Toortsie is ‘n liggie en in hierdie boek skyn haar liggie weer eens op die Bantingleefstyl.

Ná die formidabele sukses van haar eerste boek, Toortsie se Bantingboerekos, was ‘n tweede resepteboek die natuurlike uitvloeisel daarvan. Hierdie boek bevat meer as sestig nuwe, maklike en geurige resepte, asook eenvoudige raad om die Bantingleefstyl met gemak te volg. 

Hier’s die Toortsie weer! is ‘n boek wat in elke kombuis sy plekkie sal volstaan. By Banters sowel as nie-Banters. Al die resepte in hierdie boek is geskik vir die LCHF-leefstyl: Banting, Paleo, Keto. Ook vir diabete wat hierdie leefstyl volg. Dit is ook uiters geskik vir almal wat hou daarvan om lekker te eet. 

Bestel die gedrukte boek direk by Madelé Burger by 082 563 8351 of e-pos na: madeleburger@gmail.com. Ook beskikbaar by bidorbuy.co.za.

4. Toortsie 3, is dit nie? (Toortsie 3)

Toortsie is geen onbekende naam meer in die hoëvetlaekoolhidraatkringe nie. Toortsie3, is dit nie? is die derde boek in die baie suksesvolle reeks resepteboeke uit die pen van Madelé Burger. Net soos in die vorige boeke in die reeks, is die kos smaaklik en die resepte eenvoudig en maklik om te maak. Die kos is ryk en lekker en geskik vir enige persoon wat hou van lekker eet en vir al die hoëvetlaekoolhidraatdissiplines soos Banting en Keto. Al Toortsie se resepte is glutenvry. 

Bestel die gedrukte boek direk by Madelé Burger by 082 563 8351 of e-pos na: madeleburger@gmail.com. Ook beskikbaar by bidorbuy.co.za.

5. Toortsie se Soetighede

Madelé Burger, oftewel Toortsie, is ‘n boervrou, ma, ouma. Sy is lief daarvoor om te woel in haar kombuis. Sy volg sedert Julie 2014 die Bantingleefstyl en het reeds twee resepteboeke vir die Lae Koolhidraat Hoë Vet leefstyl suksesvol uitgegee. Hierdie boek bevat die soetighede wat in haar twee boeke voorkom. 

Die resepte is geskik vir LCHF, Banting, Keto, Paleo en vir diabete wat die LCHF-leefstyl volg. Dit is ook ideaal vir almal wat daarvan hou om lekker te eet.

Laai die GRATIS e-boek by Smashwords af.

Bestel die gedrukte boek direk by Madelé Burger by 082 563 8351 of e-pos na: madeleburger@gmail.com. Ook beskikbaar by bidorbuy.co.za

6. My kinderjare met betrekking tot vandag

Madelé Burger, oftewel Toortsie, is ‘n flitsliggie wat oral inskyn. In hierdie boek laat Madelé haar flitsliggie skyn op haar kinderjare en die manier waarop dit betrekking het op haar lewe as volwassene. Op ‘n humoristiese wyse vertel sy dinge wat sy beleef het en spot sy ook met haarself en die res van haar gesin. Is die boek ‘n outobiografie? ‘n Memoir? Besluit self! Wat dit wel is, is eerlik, vinnig en binne karakter. 

Madelé is ‘n dogter van die Overberg, gebore en getoë in Bredasdorp. Sy vertel storietjies uit haar lewe op die plaas, die skool en koshuis en kleur dit in met stories uit haar volwasse lewe. 

Sy het reeds twee resepteboeke, geskik vir die Bantingleefstyl, suksesvol uitgegee, naamlik Toortsie se Bantingboerekos en Hier’s die Toortsie weer. Toortsie se Bantingboerekos is ook in Engels uitgegee onder die naam Toortsie’s Banting Bash!

Madelé Burger is ‘n ma, ouma, huisvrou en boervrou. Sy en haar mna, Kobus, woon in die Overberg. Madelé is lief vir mense en leef die lewe voluit. Sy reis graag en geniet dit baie om in die natuur te wees. sy skryf in haar blog, toortise.com, oor alledaagse dinge, kinders, die lewe en haar verhouding met God. 

Bestel die gedrukte boek direk by Madelé Burger by 082 563 8351 of e-pos na: madeleburger@gmail.com. Ook beskikbaar by bidorbuy.co.za

……………………………..

Die Goue Vroue

‘n Groep vroue, die Goue Vroue, woon regoor die wêreld en skryf in Afrikaans. Hulle skryf saam vervolgverhale en in hulle verbeeldingswêreld leef hulle in die magiese dorpie, Rebusfontein, iewers in Suid-Afrika.

Goue Vroue in Wonderland – deur die Goue Vroue

’n Groepie Towerinne beland in ’n storieboekavontuur. Tydens die ontrafeling van die verhaal ontdek hulle elkeen hulle Goue Eienskap wat van hulle die Goue Vroue maak.

In hierdie verhaal word ‘n groepie van die Towerinne “Goue Vroue”.
‘n Lekkerleesboek vir volwassenes met kinderharte.

Hierdie boek is geskryf deur: Aalsie, Appeltjie, Christa, Positief, Seegogga, Tannie Frannie, Toortsie, Una, Woordnoot.

Laai die gratis e-boek hier af.

Goue Vroue in Jumanji

Die Goue Vroue was weer op een van hulle vele wonderlike avonture – hierdie keer in die oerwoud in Afrika. Soos dit altyd met die Goues die geval is, is hierdie geen uitsondering nie en was dit ’n avontuur gevul met opwinding en gevaar. Adrenalienbelaai. Die dames het soms tuimelend bo-oor mekaar rondgeval, ander kere gillend vasgeklou vir lewe en dood! Op die ou end, soos nog altyd vantevore, het hulle die Jumanji-uitdaging met vlieënde vaandels geslaag.

Skrywers: Antoinnette Goosen, San Dreyer, Anna-Marie Groenewald, Tannie Frannie, Madelé Burger, Hannelie Raath, Una Steenkamp, Carien Steenkamp, Ria Fourie.

‘n Lekkerleesboek vir volwassenes met kinderharte.

Laai die gratis e-boek hier af.

……………..

Kyk ‘n bietjie watter oulike e-boeke alles by Smashwords te koop is.

Toortsie

Skilderye en wyn hoort mos saam!

Skilderye en wyn hoort mos saam!

Rita Oatway is ‘n skilder wat sowaar ‘n skildery aangebied het as prys vir die Banting/Keto Gewigsverlieskompetisie wat loop vanaf 1 Februarie tot 30 April 2022.

Ek is bly om te kan sê dat daar al heelwat inskrywings ingekom het en dat die mense vuur en vlam is om te begin. Ek glo dat die ondersteunende groep deelnemers vir mekaar goed sal wees en dat almal verryk sal word.

Rita sê:

Op 14 Februarie 2012 (ja, ‘n dekade gelede) is ek die eerste keer aan kuns voorgestel . My heerlike kunsreis het daardie warm dag afgeskop.
Met meer entoesiasme as vaardigheid het ek nie alleen my passie gevind nie, maar dit daagliks begin uitleef.
Ek kan as ‘n ‘late bloomer ‘ beskou word, want ek was al 55.
Vandag is ek ‘n senior burger (hoe waardig klink dit nou skielik) met die opgewondenheid van ‘n kind. Elke dag is dit ek by die esel. Of by my werkstafel waar ek aan my journaalboeke werk. Saans skets ek, want ‘n skilder moet skets, glo ek.

Die wenner van ‘n skildery van Rita Oatway mag kies uit hierdie twee, of, as jy nie hiervan hou nie en jy kan na haar toe gaan, selfs ‘n ander een. Maar verkieslik een van hierdie:

Blomme collage en akriel op canvas. 60cm (h) x 42 (b).
Weskushuisie. Olie op canvas . 46cm (h) x 41cm (b)

Is dit nie ongelooflik mooi nie? As jy nog van Rita Oatway se pragtige skilderye wil loer, kontak haar gerus by 079 497 6931

En wyn! Wie hou nie van ‘n glasie wyn nie? Die goeie nuus is dat Rooiberg Kelders daar in die Robertson area vir een van die deelnemers ‘n wynboksie gaan skenk. Is dit nie tog te lekker nie? Loer gerus op hulle webblad watter lieflike wyne hulle alles het.

Baie dankie vir hierdie twee borge! Ons ander? Kom ons ondersteun hulle!

Vir meer inligting rakende die kompetisie en die inskrywingsvorm, kliek op die gemerkte woorde. 

Kyk gerus HIER indien u meer van my skrywes oor die keto-leefstyl wil lees.

Toortsie

Hierdie bloginskrywing het oorspronklik verskyn in Toortsie se Ketoblog, ‘n blog waar daar net oor Banting, of Keto, of LCHF, en diabetes geskryf word.