Skilderye en wyn hoort mos saam!
Rita Oatway is ‘n skilder wat sowaar ‘n skildery aangebied het as prys vir die Banting/Keto Gewigsverlieskompetisie wat loop vanaf 1 Februarie tot 30 April 2022.
Ek is bly om te kan sê dat daar al heelwat inskrywings ingekom het en dat die mense vuur en vlam is om te begin. Ek glo dat die ondersteunende groep deelnemers vir mekaar goed sal wees en dat almal verryk sal word.
Rita sê:
Op 14 Februarie 2012 (ja, ‘n dekade gelede) is ek die eerste keer aan kuns voorgestel . My heerlike kunsreis het daardie warm dag afgeskop.
Met meer entoesiasme as vaardigheid het ek nie alleen my passie gevind nie, maar dit daagliks begin uitleef.
Ek kan as ‘n ‘late bloomer ‘ beskou word, want ek was al 55.
Vandag is ek ‘n senior burger (hoe waardig klink dit nou skielik) met die opgewondenheid van ‘n kind. Elke dag is dit ek by die esel. Of by my werkstafel waar ek aan my journaalboeke werk. Saans skets ek, want ‘n skilder moet skets, glo ek.
Die wenner van ‘n skildery van Rita Oatway mag kies uit hierdie twee, of, as jy nie hiervan hou nie en jy kan na haar toe gaan, selfs ‘n ander een. Maar verkieslik een van hierdie:


Is dit nie ongelooflik mooi nie? As jy nog van Rita Oatway se pragtige skilderye wil loer, kontak haar gerus by 079 497 6931
En wyn! Wie hou nie van ‘n glasie wyn nie? Die goeie nuus is dat Rooiberg Kelders daar in die Robertson area vir een van die deelnemers ‘n wynboksie gaan skenk. Is dit nie tog te lekker nie? Loer gerus op hulle webblad watter lieflike wyne hulle alles het.
Baie dankie vir hierdie twee borge! Ons ander? Kom ons ondersteun hulle!
Vir meer inligting rakende die kompetisie en die inskrywingsvorm, kliek op die gemerkte woorde.
Kyk gerus HIER indien u meer van my skrywes oor die keto-leefstyl wil lees.


Toortsie
Hierdie bloginskrywing het oorspronklik verskyn in Toortsie se Ketoblog, ‘n blog waar daar net oor Banting, of Keto, of LCHF, en diabetes geskryf word.
Die skilderye is werklik mooi, Toortsie.
LikeLiked by 2 people
Dankie. Ek hoop Rita sien jou opmerking.
LikeLiked by 1 person
Heerlike avontuur wat voorle vir deelnemers. Pragtige skilderwerk en beslis goeie pryse om die uitdaging die moeite werd te maak.
LikeLiked by 2 people
Ek hoop van harte dat die deelnemers dit sal geniet.
LikeLiked by 1 person
Genugtig Toortsie, jy kook mos (en dis nou nie in die kombuis nie)! Skilderye EN wyn … ja-nee, dis aanloklike pryse 😉.
LikeLike
Julle hoef my nie te laat sertifiseer of diagnoseer nie. Ons ken die antwoord.
LikeLiked by 1 person
😂
LikeLike