Banting Muffins

Ek nie baie brood of muffins nie, ek kom eintlik goed reg so broodloos. Ek het wel by iemand Low Carb Pitabrode en Snye brood gekoop, een keer, maar ek kom reg. Dis maar duur!

Toe kielie iemand my “lus vir brood” kliere en ek gryp hierdie resep en my muffinpannetjies:

20150530_214257[1]Banting broodjie

100 ml flax seeds (lynsaad?)

100 ml sonneblomsaad

250 ml amandelmeel (100g heel amandels, gemaal)

30 ml pysillium husk

250 ml karringmelk/Griekse joghurt/suurroom

6 eiers

10 ml bakpoeier

5 ml sout

5 ml xylitol

klein bietjie kaneel

Gooi saad bymekaar en maal fyn. As heel amandels gebruik, maal fyn.

Meng al die droë bestanddele saam

Meng die nat bestanddele saam en meng dit by die droë bestanddele.

Smeer muffinpan (of broodpan)

Stooi sesamsaad of Ultimate Seed Mix bo-oor

Bak in oond by 180°C. (Brood omtrent 50 minute, muffins korter)

Smeer met jou gunsteling Bantingvriendelike vulsel, soos BOTTER!!, KAAS!, Salami, dalk komkommer as jy regtig moet…Net wat jy wil, man!

En, dit is nie BROOD nie, maar HEERLIK.

Lekker eet!

Toortsie

Onthou, ek pin oulike Banting resepte hier. 

Toortsie se Bantingboerekos faceboekblad

Toortsie se faceboekblad

Toortsie by Finesse: Die foto of die storie?

Bestel Toortsie se Bantingboerekosboek HIER

 

img_104674595322599.jpeg

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF, Kosdinge. Bookmark the permalink.

19 Responses to Banting Muffins

  1. scrapydotwo sê:

    Wat is die volgende: pysillium husk, xylitol? Ek vra maar. Ek het darem amandelmeel raakgeloop!

    Like

    • Toortsie sê:

      Pysillium husk is een of ander baie fyn vesel. Ek vermoed dis in die plek van semels. Google dit, dis nogals interessant. Mens kry dit by ons checkers op die rak waat al daai vreemde goed is soos klappermeel, ens.
      Xylitol is ‘n kunsmatige versoeter wat blykbaar beter is of gesonder is as die ou soort. Hulle gee altyd 2 name aan maar ek kan nie nou die ander naam onthou nie. Ek wonder ook maar oor xylitol se gesondheidswaarde want ek het gister gelees dis dalk giftig vir katte en honde.
      Ek hou dit maar aan, maar gebruik dit erg minimaal. Ek kom eintlik al heeltemal reg sonder suiker. Xylitol lyk presies soos suiker.
      My een groot swakte is steeds Coke Lite wat die groot gif, Aspartaan in het. Ek drink saans ‘n glas brandewyn met Coke lite saam met my man. Sal weer bietjie konsentreer op rooi wyn saans. Een glasie. Dis mos dan medisyne! 🙂

      Like

    • Toortsie sê:

      O ek maak my eie amandelmeel as ek nodig het. By Spar is groot sakke amandels ietwat goedkoper dan hou ek die meel in die yskas. Anders gebruik ek klein 100g sakkies. Ek gebruik dit ook baie min. Ek maak sommer gewone kos!

      Like

  2. Terug pieng: Oor statistiek, netwerkbemarking, en lekker saamkuier | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  3. scrapydotwo sê:

    Het gaan oplees oor Pysillium husk en ek gebruik Metamucil eintlik vir kolesterol. Dis nou op anbeveling v dr wat ek dit gebruik.

    Like

    • Toortsie sê:

      Ken nie Metamucil nie.

      Like

      • scrapydotwo sê:

        Het dit maar hier uitgevind. Dis maar by gesondheidsafdelings beskikbaar. Mens drink soggens een en n half teelepel in n glas water. Ek het spastiese dkderm en dit hou die binnekant mooi konstant net reg

        Like

    • vvuureoc sê:

      Psyllium seed husks, also known as ispaghula, isabgol, or psyllium, are portions of the seeds of the plant Plantago ovata, (genus Plantago), a native of India, Bangladesh and Pakistan. Psyllium seed husks, also known as ispaghula, isabgol, or psyllium, are portions of the seeds of the plant Plantago ovata, (genus Plantago), a native of India, Bangladesh and Pakistan. They are hygroscopic, which allows them to expand and become mucilaginous.

      Psyllium seed husk are indigestible and are a source of soluble dietary fiber which may be fermented into butyrate, which is a pharmacologically active short-chain fatty acid, by butyrate-producing bacteria.[1] They are used to relieve constipation, irritable bowel syndrome, and diarrhea. They are also used as a regular dietary supplement to improve and maintain regular GI transit. The inert bulk of the husks helps provide a constant volume of solid material irrespective of other aspects of the diet or any disease condition of the gut. Some recent research[2] has shown they may be effective in lowering cholesterol[3] and controlling certain types of diabetes.[4]

      Psyllium seed husk are indigestible and are a source of soluble dietary fiber which may be fermented into butyrate, which is a pharmacologically active short-chain fatty acid, by butyrate-producing bacteria.[1] They are used to relieve constipation, irritable bowel syndrome, and diarrhea. They are also used as a regular dietary supplement to improve and maintain regular GI transit. The inert bulk of the husks helps provide a constant volume of solid material irrespective of other aspects of the diet or any disease condition of the gut. Some recent research[2] has shown they may be effective in lowering cholesterol[3] and controlling certain types of diabetes.[4]

      Liked by 1 person

  4. Manewales sê:

    Klink heerlik en sommer gluten/koring vry ook 🙂

    Like

  5. Terug pieng: Banting muffins LCHF | Toortsie's LCHF Journey

  6. Terug pieng: Banting Muffins LCHF | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s