Smoothies

Ek wil al lankal smoothies maak, maar kom net nie daarby nie. Toe kom ek gister by ons groentemark en koop lekker groot sakke bevrore aarbeie en brame. Smoothietyd!

In my verpulper gooi ek ‘n halwe avo, ‘n piesang, neute, die brame en aarbeie, dubbelroom joghurt en xylitol. Dis tog te lekker, maar daar kort iets.

Vandag doen ek dit weer, maar gooi ‘n knertsie gemmer en sommer pampoensade ook by en chiasade vir versiering. Te lekker.

Dis toe wat ek besef watter groot verantwoordelikheid die kok in die huis het. Sy bepaal wat by almal se monde ingaan. Sy kan ‘n lieflike, ryk, voedsame, gesonde smoothie aanmekaarslaan of sy kan een maak wat presies dieselfde lyk, maar dit kan vol ongesonde, leë kilojoules, suikers wat mense siek maak, wees.

Ongelukkig weet ons nie altyd wat in klaar verpakte mengsels is wat ons eet nie.

Toortsie

29 thoughts on “Smoothies

  1. Interessant van gronboontjiebotter wat Ann ingooi. Somertyd is ook my smoothie tyd. Vars vrugte yogurt en bietjie melk en dan met tye sommer spinasie ook ondat ek genoeg in tuin het. Ek gooi niks soets by nie. Ek vind dat die gevrieste vrugte nie so lekker is nie. Hier koop mens alles vars in seisoen. Alle bessie vrugte is volop.

    Liked by 2 people

              1. Ek het nog verder opgesoek want hul sê geen starch veggies nie. Toe sien ek van die boontjies wat nie geëet word nie. Interessant. Het juis voor ek van die boontjies gelees het vir my groenboontjies se plantjies gekoop want nou moet daar vars groent wees wat ek self kan plan! Dit gee my weer iets om na uit te sien om te doen en te versorg.

                Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!