
…………………………………………………….
Comono Eiland is ‘n eilandjie daar verrrrr in die middel van die see. En op Comono Eiland woon daar net … ja wag … s e u n t j i e s. Seuntjies! Net seuntjies. Dogtertjies eeeeeeeeuuuuuuuuwwwwwww word nie daar toegelaat nie. Dogtertjies se name word nie eers hier genoem nie! Jegggg! O Neeee! Net nie dogtertjies nie!
Op Comono Eiland word seuntjies geleer om seuntjies te wees. Hulle doen net seuntjiedinge. Speel seuntjiespeletjies. Bad? Nooit? Watter seuntjie bad ooit? Skiet met ketties? Ja! Stoei? Ja! Hou skattejag? Ja! Swem? Ja!
Ja, dit is reg, op seuntjie-eiland doen hulle seuntjiedinge. Oefen hulle om sterk te word. Eintlik oefen hulle sommer om … s e e r o w e r s … te word. Seerowers! Seerowers wat rof en onbeskof is. Darem nie regtig só erg nie, maar amper so erg! Want as die seerowerskip by seuntjie-eiland stop en seuns soek vir hulle bemanning, moet die seuntjies reg wees.
Dit beteken dat hulle met swaarde moet kan veg. Ja, swaarde! Hulle oefen heeldag met swaarde, hulle stoei met stokke, hulle boks. Hulle duik mekaar, bak poetse op mekaar, kyk watter kattekwaad hulle alles kan aanvang. Hoe rowwer, hoe lekkerder. Hulle klim in trekkerbinnebande en rol teun die heuwels af. Hulle jag hase en muise. Hulle maak groot vure. Hulle gly met die foefieslide en val onder in die watergat. Hulle duik by die waterval af. Hulle hardloop resies, hou hinderniswedrenne, hou kussinggevegte. Bou boomhuise, klim met toulere op, swaai aan bobbejaantoue. Hulle terg mekaar tot vervelens toe. Kyk wie die ander een kan uitvang. Bak poetse die een na die ander.
Visvang. Partykeer vang hulle vis met nette. Of anders het hulle sommer stokke waarmee hulle die visse pyl. Hulle duik mekaar in die water. Druk mekaar se koppe onder die water. Kyk wie die diepste kan duik. Kyk wie die grootste aleukreukels en perlemoene kan uithaal. Wie die grootste s e e k a t kan vang! En hulle is n i k s bang vir haaie nie. O nee, haaie is vir húlle bang!
Dit is nou seuntjie-eiland, die plek waar seuntjies seuntjies word.
Toortsie
Dis nou enige seuntjie se droomeiland🤗🤩!
LikeLiked by 1 person
Ek moes van hierdie eiland geweet het toe ek klein was.
LikeLiked by 1 person
Ai man! Maar eintlik is dit staatsgeheim.
LikeLike
Ouma het vergeet van hardloop in die warm reën en speel in die modder
LikeLiked by 2 people
Ai Appeltjie! Hoekom sê jy nou eers? My kop het oortyd gewetk en al wat ek sien is Pieter en Arno besig om kattekwaad aan te vang! 🙈
LikeLike
Net seuntjies! Wat n fees. Hul hoef nie skoene aan te he, nie op te ruim ,te heerlik. Rowwe spul maar lekker.
LikeLiked by 1 person
Jajaaaa geen reëls
LikeLike
Geen ma wat in jou nek blaas om op te staan of te gaan slaap nie.
LikeLiked by 1 person
‘n Eiland van maak net wat ek wil. Wanneer ek wil.
LikeLiked by 1 person
Ek het dit nou so geniet. Seuntjie-eiland, my vier kleinseuns gaan hiervan hou.
LikeLiked by 1 person
‘n Besige eiland.
LikeLike
Dit klink na elke seuntjie se droomeiland!
LikeLiked by 1 person
Ag …kan ek my klein seuns almal stuur…
LikeLiked by 1 person
Stuur hulle! 😁
LikeLike
Defnitief ń eiland waaroor ń seuntjie kan droom!
LikeLiked by 1 person
Dankie ❤️
LikeLike
Paradys vir seuntjies
LikeLike