Ek wil al lankal smoothies maak, maar kom net nie daarby nie. Toe kom ek gister by ons groentemark en koop lekker groot sakke bevrore aarbeie en brame. Smoothietyd!

In my verpulper gooi ek ‘n halwe avo, ‘n piesang, neute, die brame en aarbeie, dubbelroom joghurt en xylitol. Dis tog te lekker, maar daar kort iets.
Vandag doen ek dit weer, maar gooi ‘n knertsie gemmer en sommer pampoensade ook by en chiasade vir versiering. Te lekker.
Dis toe wat ek besef watter groot verantwoordelikheid die kok in die huis het. Sy bepaal wat by almal se monde ingaan. Sy kan ‘n lieflike, ryk, voedsame, gesonde smoothie aanmekaarslaan of sy kan een maak wat presies dieselfde lyk, maar dit kan vol ongesonde, leë kilojoules, suikers wat mense siek maak, wees.
Ongelukkig weet ons nie altyd wat in klaar verpakte mengsels is wat ons eet nie.
Toortsie

Smoothies is my gunsteling ontbyt 🙂 Ek gebruik nooit suiker of xylitol nie.
LikeLiked by 1 person
Wat gooi jy alles in?
LikeLike
Yoghurt, bananas/berries, sunflower seeds/pumpkin seeds, apples – and sometimes a spoon of peanut butter 🙂
LikeLiked by 1 person
Sounds delicious!
LikeLike
Interessant van gronboontjiebotter wat Ann ingooi. Somertyd is ook my smoothie tyd. Vars vrugte yogurt en bietjie melk en dan met tye sommer spinasie ook ondat ek genoeg in tuin het. Ek gooi niks soets by nie. Ek vind dat die gevrieste vrugte nie so lekker is nie. Hier koop mens alles vars in seisoen. Alle bessie vrugte is volop.
LikeLiked by 2 people
Gooi jy spinasie sommer rou in?
LikeLike
Ja ek kerf dit sommer bietjie stukken en haal dit van stingel af en druk dit in, Slaai ook omdat ek genoeg het.
LikeLiked by 1 person
Grondboontjiebotter behoort lekker geur te gee.
LikeLike
Dis iets anders. Ek’s nie baie grondboontjieagtig nie. Kou ook liewers my neute en pitte sommer self.
LikeLiked by 1 person
By Banting mag ons mos nie grondboontjies eet nie. Dis legumes.
LikeLike
Nou eers gou gaan kyk wat legumes is. Ek het mos besluit om gewig te verloor en gaan vir ses maande Jenny Craigh se program doen en kyk hoe dit voel.
LikeLike
Peulgroente. Boontjies ertjies kekerertjies. Jy mag dit eet terwyl dit nog in die peul is soos groenboontjies maar nie uitgedop. Dan is dit net stysel.
LikeLike
Ek het nog verder opgesoek want hul sê geen starch veggies nie. Toe sien ek van die boontjies wat nie geëet word nie. Interessant. Het juis voor ek van die boontjies gelees het vir my groenboontjies se plantjies gekoop want nou moet daar vars groent wees wat ek self kan plan! Dit gee my weer iets om na uit te sien om te doen en te versorg.
LikeLiked by 1 person
Groenboontjies mag geëet word. In die peul.
LikeLike
Bly daaroor, dis darem n afwisseling van al die blare groentes. Sal met jou gesels sodra ek begin met die program.
LikeLiked by 1 person
Reg so
LikeLiked by 1 person
Dit lyk heerlik
LikeLiked by 1 person
Regte ‘gooi by’ glasies. 😁
LikeLike
Gaan kom kuier vir ‘n glasie.
LikeLiked by 1 person
Laat julle my nou met grondboontjiebotter n vriendin Mia verlang! Ek moes met my Thermie maak en sy het in gooi. Lyk heerlik, hoeveel piite het die vrugte in?
LikeLike
Niks pitte nie. Piesang avo bessies. Wel pampoenpitte en neute
LikeLiked by 1 person
Die bessies?
LikeLiked by 1 person
Arbeie en brame. Nie regtig pitte
LikeLiked by 1 person
Dankie, ek gaan probeer.
LikeLiked by 1 person
Dink jy kan regtig ingooi wat jy wil. 😁
LikeLiked by 1 person
Ek doen hoot, ek hou van smoothies
LikeLiked by 1 person
Ryk en lekker!!!
LikeLiked by 1 person
Die peanut botter doen die ding!!
LikeLiked by 1 person
😁👏🏻👏🏻👏🏻
LikeLike