Ek lees verskillende mense se ervarings van covid, maar ook hoe hulle deur ander mense hanteer is. Ek? Ek kan net dankie sê.
Ek wil graag getuig dat die gemeenskap my regtig ondersteun het, gedra het, vir my gebid het toe ek en my man nou so siek was. Hulle het vir my kruideniersware gebring, aangemoedig. Die whattsappgroepe waarvan ek deel is, het moeite gedoen om my te bemoedig. Die VLV se Amigo’s, die Goue Vroue, ons bybelstudiegroepe, familiegroepe. Ds Braam. Ons bure was fantasties. Bredasdorp, ek is dankbaar en trots. Blogmaats.
Gister stap ek die eerste keer versigtig die groentewinkel binne. Steeds bang ek maak dalk iemand siek selfs al is dit al amper drie weke sedert ek geinfekteer is en regtig nie meer aansteeklik moet wees nie. Dadelik kom ‘n vrou na my en vra vriendelik of ek gesond is en hoe dit gaan, nie bang dat die kiem na haar oorspring nie. My bure whattsapp en gesels met my oor die heining. Mense wat verbyry en my in die kombuis sien staan, stop, hoet, val omtrent uit die voertuig uit om vir my te waai en te wys: ‘So bly jy is weer op die been!’
As ek stap sal iemand ook stop en vra hoe dit gaan.
Ek woon in ‘n wonderlike gemeenskap. Ek woon in ‘n wonderlike wêreld met wonderlike mense. In utopia, as jy my vra, met wonderlike mense wat lief en goed is vir my en ‘n God wat my dra. Wat meer het ek nodig?
Toortsie
https://soundcloud.app.goo.gl/q95DFhcwVc7o24gH6
Wat ń mooi getuigskrif van jou dorp en sy mense. God is goed en Sy goedheid duur vir ewig.
LikeLiked by 1 person
Amen
LikeLiked by 1 person
Hierdie is die soort getuienis wat ons nodig het: egte stories wat vir ons wys dat mense goed is. Dankie hiervoor.
LikeLiked by 1 person
Mense is regtig inherent goed en wil graag gied doen aan ander.
LikeLike
Ek is sommer lus om te grens so mooi het almal julle bygestaan. Dìs mos wat ń gemeenskap en naasteliefde beteken.
LikeLiked by 1 person
Jy is een van hulle Una. ❤️
LikeLike
So kry ek op 13 Januarie ‘n ‘happy birthday’ liedjie gesing deur die uwe Toortsie, waarvan net die laaste 2 woorde duidelik bewys lewer, díe vrou is eintlik siek. Baie dankie dat jy siek siek nog kon sing. Dankie dat jy vir ons ‘n voorbeeld is. Dankie dat jy vir ons gespaar is. Dankie!!🙏
LikeLiked by 1 person
Dankie vir jou wonderlike vriendskap Anette met een n ❤️
LikeLike
Ek is saam met jou verheug,Toortsie!
LikeLiked by 1 person
Dankie vir jou ondersteuning. Jy is kosbaar.
LikeLiked by 1 person
Dis goed om te hoor Toorts!!!
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLike
Mens oes wat jy saai en omdat jy liefde, ondersteuning en aanvaardaing gesaai het oral waar jy gaan, liewe Toortsie, het jy al hierdie dinge ge-oes in hierdie tyd.
Net weer bewys dat God se wette waar en vas is.
So bly jy is beter en weer goed op dreef.
LikeLiked by 1 person
Dankie liewe Engelroeper. Nou is dit pay back time vir my. Of eerder, pay it forward time om amder in dieselfde situasie se arma hoog te hou.
LikeLike
Amen!
LikeLiked by 1 person
So bly jy is gesond…
LikeLike
Struggle nog … maar dit gaan al baie beter. Ek loof my Here!
LikeLike
👏👏
LikeLike