Olga in die litchieboord…

Oorspronklik gepubliseer 15 Desember 2010 in opdrag van Olga.

Olga moes na ‘n kerkraadsvergadering gaan, maar toe sy daar kom was daar niemand te bespeur nie. Nadat sy orals gesoek het, stap sy na die litchie-boord….

http://abhi-recipecollection.blogspot.com/2009/02/fruits.html

Eers staan sy net doodstil, want iets is anders, maar sy kan dit net nie plaas nie. En dan begin sy vorentoe stap, die boord in. Tussen die bome begin sy bewus word van die mooiste klanke. Stemme. Ja, mense wat sing. Maar dis die mooiste musiek wat sy nog ooit gehoor het! Sy stap in die rigting van die musiek. Dan, hier tussen die bome sien sy hier en daar ‘n engel…. ja, dis naby kersfees, dit maak sin! Maar die engele is nie sulke klein ronde lyfies soos wat die kerskaartjies wys nie… hulle is GROOT! Groter as syself… mooi!… Hoe verder sy stap hoe meer raak hulle, en sy weet dat sy op pad is om iets Groots te sien…

Skielik is daar ‘n groot oop stuk in die boord, en sy sien mense, baie mense, die ander lede van die kerkraad is ook daar! En hulle is besig om God te loof en te prys met ‘n oorgawe wat sy nog nooit ervaar het nie. Toe sy nader gaan, is daar nie ‘n krip en herders en wyse manne en Josef en Maria en ‘n baba nie….. Nee!!! Wie sy daar sien is Jesus! Onmiskenbaar Jesus! Die Opgestane Jesus!! Ook nie soos Hy voorgestel word in kinderbybels nie. Maar dis beslis Hy! Hy kom nader na haar, vat aan haar en sê: “My kind”!!!

Olga val net daar op haar knieë en begin saam met die ander om haar om Hom te loof en te prys. Alles in haar het verander. Sy besef dat Niks anders meer saakmaak nie, maar net Hy, die Lewende God! En sy besef dat sy nie hieroor kan stilbly nie…

Geseënde Kersfees!

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Ons hou troue!

Toortsie op Pinterest

10 thoughts on “Olga in die litchieboord…

  1. So kosbaar. Ja, ek dink ons almal verlang soms na hierdie Groot Weersiens. En ek glo mens moet daaroor kan droom. Ek waardeer jou besonderse verhouding met Hom, dit kom in jou skrywe mooi deur.

    Bokbaaivygie het ‘n baie lang ruk terug (alhoewel ek nog net 2 mnde blog) net sulke mooi dinge neergeskryf. Toe wag ek, en wag ek, en wag ek. Maar sy het nie weer geskryf nie. Dis jammer. Baie mense dink so iemand is weird, met sulke ondervindinge. Sy laat my dink aan Choo se boek, waarin sy 17 keer weggeruk is.

    Die litchie-prent lyk eet-lekker. Geseende Kersfees vir julle drie ook. Hou vas. Jesus kom.

    Like

Gesels saam, asseblief!