‘n Ryk vrou en ‘n seuntjie

‘n Ryk vrou van Sunem het elke keer vir Elisa kos gegee as hy daar verbygaan. Sy het selfs haar man oortuig om ‘n klein bovertrekkie vir hom te bou met ‘n bed, ‘n tafel, ‘n stoel en ‘n lamp daarin. So, wanneer Elisa in daardie omgewing was, kon hy daar bly.

Elisa belowe haar: ‘Oor ‘n jaar sal jy ‘n seuntjie in jou arms hou.’ Sy het swanger geword.

Een dag het die seuntjie vreeslik hoofpyn gekry en is hy dood. Sy ma het hom na die bovertrek gedra en hom op Elisa se bed neergelê. Sy het haar slaaf opdrag gegee om vir haar ‘n donkie op te saal en sy en haar slaaf is na Elisa toe. Sy het vir haar slaaf gebied: “Jaag die donkie aan. Moenie dat hy gaan staan nie, behalwe as ek vir jou so sê.”

By Elisa aangekom, het sy sy voete vasgeklou en vreeslik gehuil. Beskuldigend sê sy vir hom: “Meneer, het ek vir jou ‘n kind gevra? Was dit wat ek wou hê?”

Elisa is saam met haar terug. Hy het alleen in die kamer ingegaan, bo-op die seun gaan lê en tot God gebid. Dit het ‘n hele tydjie aangehou. Die seun is gered. God is daardeur geëer.

Weer eens skryf ek oor die vrou. Sonder dat sy dit gevra het, het sy die kind gekry. Sy het besef dat sy eintlik te oud was. Toe die kind dood is, het sy nie net dit gelate aanvaar nie, sy het die persoon wat die belofte aan ‘n kind aan haar gegee het, gaan oproep. Watter moed moes dit nie geverg het nie? So ‘n aksie sou ‘n mens nie in daardie dae van ‘n vrou verwag het nie. ‘n Vrou met inisiatief!

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Liminal Daily Post: Liminal

Toortsie op Pinterest

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Vroue in die Bybel. Bookmark the permalink.

2 Responses to ‘n Ryk vrou en ‘n seuntjie

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s