Aartappelslaai – vars gemaak en gebottel

Ek glo natuurlik dat die mayonnaise wat jy gebruik, die sukses van die aartappelslaai bepaal. As jy goeie en lekker mayonnaise gebruik, hoef jy dit nie op te kikker met allerhande goedjies nie. Ek verkies Cross & Blackwell.

My standaard aartappelslaai wat ek maak, soos my ma gemaak het, lyk so:

Kook aartappels tot sag in hulle skil. Kook terselfdertyd sommer 4 of 6 eiers ook. (Almal word nie noodwendig in die slaai gebruik nie, maar daar is altyd ‘n kind wat lus het vir ‘n gekookte eier. 🙂 )

Wanneer die aartappels koud geword het, skil jy dit af en sny in blokke (oppas vir te klein).

Gooi daarby:

Sout, of Aromat; gerasperde kaas, blokkies ham, ‘n gurkin sal ook lekker wees, selfs ‘n ui as jy wil, die gekookte eiers in stukkies gesny. Hou so een eier oor om bo-oor te rasper vir versiering, ‘n bietjie blatjang.

Gooi ruim mayonnaise oor. Rasper eier oor.

Julle weet mos dat ‘n mens nie te rof roer in aartappelslaai nie, om die blokkies mooi heel te hou? Die ander geheim is dat jy met die agterkant van die lepel roer, dan bly dit mooi heel. Onthou, hoor!

……………………………………………………………………………………………………

Maar ek is mos inmaak verskrik, of so dink my dogter! Sy het al gesê sy weet nie hoe my kop werk nie. (Ek weet ook nie! 😉 , maar dis mos ons geheim, né?)

Werda verkoop ‘n boksie met aartappelslaai, so dalk kan ‘n mens tog aartappelslaai oor tyd hou. Op faceboek het daar ‘n resep rondgeswerf, maar ek kon dit nie kry nie. Nadat ek die naweek ‘n huis vol gaste gehad het en toe aartappels moes koop, besluit ek toe om die orige aartappels in te lê, want ek kook mos nie meer eintlik aartappels nie. 🙂 Banting, sien!

Hierdie resep van “Lekker resepte vir die jonger geslag” was my inspirasie.

My weergawe lyk só omdat ek nie al die bestanddele byderhand gehad het nie:

Aartappelslaai in bottels (Ingelegde aartappelslaai)

20150513_085802[1]

3 kg aartappels  (haar resep gee 4 kg)

1.5 pot Mayonnaise (2 potte mayonnaise vir 4 kg aaartappels)

1 blik Ideal Melk en 4 teelepels suiker (ek het nie kondensmelk in die huis gehad nie)- die regte resep sê net kondensmelk sonder suiker

3 groot uie, gekap.

Aromat, blatjang, kwart koppie asyn

Skil die aartappels en sny in blokkies. Kook tot net gaar, nie te pap nie. Gooi die water af.

In ‘n ander pot langsaan, terwyl die aartappels kook, mens wil als so warm as moontlik hê vir die bottelslag, kook jy die gekapte uie in die asyn tot ‘n bietjie sagter. Gooi die res van die bestanddele, sonder die aartappels, in. Verhit, maar moenie kook nie.

Sodra die aartappels gaar is en die water afgegooi is, gooi dit by die warm  Mayonnaise mengsel. Roer deur. Bottel dadelik in gesteriliseerde bottels.

20150605_112912[1]

Hoe lank dit gaan hou op die rak, weet ek nie!

Groete

Toorts

Beslis nie vir Banting geskik nie. 😦

Ook nie vir verslankers nie.

Loer by Pinterest vir my ander inmaak resepte

 

 

23 thoughts on “Aartappelslaai – vars gemaak en gebottel

    1. So ‘n teelepelvol. 🙂
      Dis al so drie weke terug gemaak, en daar is net een pot oor! Dis so ‘n lekker saamgee met die manne pot. Daar is nog ‘n paar aartappels oor in die sak, ek dink ek moet dit ook maar gou maak.

      Liked by 1 person

    1. Nee! Dis juis luiheid! Een keer se werk dan is dit klaar vir ‘n paar keer. 🙂 Niks meer werk as om dit normaalweg te maak nie maar as ons skielik mense kry en braai is die kos sommer reg.

      Like

    1. Ek word nie SOMMER kwaad nie, maar wel. Blogging is vir my ‘n lekker plek, en het genoeg strooi, soos almal maar, in my eie lewe. In blogland kuier ek net lekker.

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s