Kaalvoet

Net gister skryf ek oor hoe ek by die see was, maar gevoel het of ek in ‘n glaskas was, totdat ek my skoene uitgetrek het en kaalvoet langs die see begin stap het. Ek het ook genoem dat Dave Pepler sê ‘n mens moet kaalvoet loop omdat dit jou aard.

Asof ‘n refrein praat Dave Pepler toe net mooi vandag met Amoré Bekker van RSG, sommer oor weerlig en dat jy weerligafleiers moet aanbring en sorg dat jy nie die hoogste punt is nie omdat weerlig ‘n plek soek om te aard. Hy noem toe sommer weer van kaalvoet loop omdat dit ons aard, ons deelmaak van die aarde, want eintlik ís ons mos deel van die aarde, ons woon nie net toevallig op die aarde nie!

Daar word nie toevallig geskryf in die Bybel dat ons stof is en weer stof sal word nie, die dag as ons sterf word ons weer deel van die grond. Dis nou te sê as ons begrawe word! Maar as ons veras word, word ons as ook uitgestrooi en word ons ook deel van die grond.

Sy noem toe ook dat ons weer moet begin stoepsit, en my hele wese skree, ‘Ja!’, want die huis waar ons nou woon het nie ‘n ordentlike stoep nie en die een by die see kyk suid en die wind waai altyd, so daar kan maar min stoepgesit word. Tot die stemmetjie in my kop sê, jy jok mos nou! Daar ís ‘n stoep, ek maak net nie behoorlik gebruik daarvan nie!

So vanmiddag gaan stap ek toe weer op die lande, haal diep asem, asem goeie goed in en slegte goed uit, maar die hoogtepunt was toe ek by die huis kom, my skoene uittrek, en op my boude op die gras loop sit met my kaal voete terwyl die hond rondsnuffel en die verskalfies nuuskierig kom kyk wat nou aangaan. Ek hoor ‘n tortelduif roep en daar ver hardloop tarentale met hope kleintjies. Die tarentale het omtrent gebroei vanjaar.

Die Agapanthus begin blom, hier en daar is al een vol oop, maar die meeste maak nou knoppies. Ek hoop hulle is volgende week vol in die blom!

Geaard. Vreedsaam. Verfris.

Mooi aand!

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Ons hou troue!

Toortsie op Pinterest

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Plaaslewe en Landbousake. Bookmark the permalink.

4 Responses to Kaalvoet

  1. travel460 sê:

    Ek is skoon jaloers, Toortsie. Klink hemels, diè gesittery op die gras. En die stilword en ervaar.

    Like

  2. Kameel sê:

    Stoepsit laat my aan ‘n plaas dink; van kleintyd het ‘n mens gehoor die boer trek al sittende op die stoep met die son langs terwyl hy pyp rook. Weet nie waar hy die tyd gekry het nie want ek het gesien hoe hard my oupa gewerk het. Hopenlik doen jy dit meer dikwels om sommer net op die gras te sit en ontspan. Nou is ek lus vir piekniek!!

    Liked by 1 person

  3. Terug pieng: 10 October is barefoot day | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s