Toorts se Toeka Tokkel: Geluk/Ongeluk – oor ONTBOSSING

In opdrag van Scrapydo oor geluk/ongeluk.  Eintlik het Scrapydo gesê dat my bloginskrywing oor die gebou in Stellenbosch kwalifiseer.

Ontbossing is ‘n sensitiewe onderwerp. Een waaroor ekself ook sensitief is. Dis vir my so hartseer dat die boere soveel keer teenoor natuurbewaring geskets word, asof ons vyande is, twee teenpole. En tog, wat maak boere anders as om die natuur te bewaar terwyl hulle kos produseer? Vir hulle eie behoud is dit nodig dat hulle die lande beskerm en bewerk op die beste moontlike manier.

Kyk wat skryf Wikipedia oor Black Wattle: “Acacia mearnsii is a fast-growing, extremely invasive leguminous tree native to Australia. Common names for it include black wattle, Acácia-negra (Portuguese), Australian acacia, Australische Akazie (German), Swartwattel (Afrikaans), Uwatela (Zulu). This plant is now known as one of the worst invasive species in the world.”

Ongelukkig is Black Wattle daar waar ons in die berg ‘n melkery het, ‘n gegewe. 20150217_145506[1] Brandgevaar!  As ons Kaapse berge aan die brand raak, stuit dit vir niks. Daarom word daar werk gemaak om hulle soveel as moontlik uit te roei.

Bome word afgesaag en spanhoute word daarvan gemaak.20150218_125946[1] Dan word die spanhoute geweek in ou olie, sodat hulle langer kan hou. Gelukkig kan ons dit vir draadheinings op ons eie plaas gebruik. 20150218_125956[1]Ongelukkig is dit ‘n baie stadige proses en baie arbeidsintensief. Die bome loop ook so vinnig weer uit! 20150218_070022[1] Ongelukkig is die beste manier om maar die bome uit te haal. Daarvoor gebruik ons ‘n implement waarvan ek nie sal WAAG om sy naam te tik nie. 😉

20150218_070600[1]Hierdie masjien haal ‘n boom met een hou uit die grond uit. Ongelukkig is dit ‘n baie duur proses. Gelukkig belowe die Staat mos dat hulle betaal vir ontbossing. Ongelukkig het die Staat nie geld om dit te betaal nie, so, ongelukkig is dit vir die boer se eie rekening…

‘n Groot masjien is ingehuur om die bome fyn te kerf. 20150217_144727[1] Die kleiner masjiene bring die bome nader, en voer dit vir die “boomvreter”, wat dit in klein stukkies opkerf en in die blou wa gooi. Gelukkig is daar deesdae kontrakteurs beskikbaar wat sulke werk doen!

Die stukkies word in hope gegooi en met miswater, afkomstig van die melkstal, natgegooi. Daar word kompos van gemaak, ‘n proses wat ek nog nie behoorlik weet hoe dit werk nie, iets van erdwurms, en kompostee en allerhande groot woorde. 20150218_125829[1]

Gelukkig kan elke stukkie indringerboom wat uitgehaal word, teruggeploeg word op ons eie grond, daar waar verbrakking ‘n probleem is, en só kan ons dan ons grond verbeter.

Terwyl ek nou foto’s aan die aflaai is, die melkstal: 20150218_064855[1] As ek mooi onthou, vertel ek julle nog eendag meer van die melkstal en die melkery.

Boeregroete

Toorts

Onthou… Landbou voed u. 🙂 Met graagte… xx 😉

Op Pinterest het ek ‘n bord met skakels na my boerderyblogs. Dit sal met tyd nog aangevul word.

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in 'In opdrag...., Plaaslewe en Landbousake. Bookmark the permalink.

29 Responses to Toorts se Toeka Tokkel: Geluk/Ongeluk – oor ONTBOSSING

  1. Werner Olivier sê:

    Ek hou baie van julle melkstal,Toortsie.Toe ek student was het ons geleer van die verskillende melkstalle bv die tandem uitleg.Die bakteriologie en pasteurisasie van melk is ook ‘n moeilike maar interessante bedryf.Watter pasteurisasie proses gebruik julle?Die chemise samestelling van melk is ook interessant.

    Like

  2. klippie sê:

    My dogter het ‘n paar jaar gelede die kamferbome wat so vervuil in KZN laat uithaal. Dit was dieselfde proses behalwe dat dit op ‘n stadserf is en daarom het ons vir weke nie ‘n tuin gehad nie. Maar die opsnysels is wonderlik vir die grond.

    Like

  3. Kameel sê:

    Dit was interressant. wonder nou of dit dieselfde bome is wat die wêreld hier toegestaan het toe skoonseun hulle die erf gekoop het?

    Like

  4. ddupl3ss1s sê:

    Dit was heerlike lees, Toortsie.

    Like

  5. Mooi Blog èn mooi Jerseys in die stal.

    Like

  6. Sparkle sê:

    Enige dierasie maak my kloek, wys nog van die koeie, toe Toors!

    (Btw, ek het altyd gewonder hoe lyk Black Wattle bome, nou weet ek)

    Like

  7. Baie interessant Dankie vir die deel

    Like

  8. scrapydotwo sê:

    Die black wattle is beslis n verpesting. In 1980-1993 Het ons gereeld v Secunda Rand toe gery. In daardie 12 jaar het daardie einste Wattles die sykante van die hoofweg toegegroei! Ek is so bly dat julle die bome totaal en al kan uitroei en tog ook kan gebruik vir voeding in grond. Dis nou n baie mooi geluk/ongeluk beskrywing. Dankie vir deelname weereens.

    Like

    • Toortsie sê:

      Dankie. Ons sal maar nie alles kan uitroei nie. Hul staan nog dik in die klowe waar ons nie sal kan inkom met die masjiene nie.

      Like

      • scrapydotwo sê:

        Ja so gaan dit maar. Mens is eintlik in n mate magteloos. Hier is ook n indringer bos wat oorspronklik as tuin plant gebruik is. Nou is die heuwels oortrek daarmee en dis net onmoontlik om uit te roei

        Liked by 1 person

  9. scrapydotwo sê:

    Sjoe jul melkery lyk beslis goed ingerig. Het nie besef jul is sulke groot melkboere nie. Jul het nie dalk n melkstal helper nodig nie? Sal dit baie graag wou doen net vir kos en onderdak!

    Like

  10. Terug pieng: Toeka-Tokkel 11: Operasie | scrapydotwo

  11. Terug pieng: Toortsie se Toeka Tokkel: Operasie | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  12. karen sê:

    Dis wonderlik dat julle die black wattle bekamp, en dit nog kan gebruik ook. Elke bietjie help! Sou gaaf gewees het as die staat kom help het, maar hulle is besig jong 😉

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s