Ek wil optimisties begin sê: Dit lyk my ek begin kry die Intermittent Fasting onder beheer. Ek doen mos darem al vir meer as 7 jaar Banting, soos almal weet, maar kombineer dit nou met Intermittent Fasting.
Hoekom Intermittent Fasting?
Omdat ek Pre-diabetes was en Metaboliese sindroom gehad het, wat ek alreeds kon omswaai danksy Banting … maar pre-diabetes beteken ook dat ek insulienweerstandig was en as ek nie my hand daarop hou nie, kan dit weer sy kop uitsteek. Daarom is dit uiters belangrik dat ek in die eerste plek koolhidrate tot ‘n minimum beperk. Want koolhidrate veroorsaak ‘n groter afskeiding van insulien. En as jy te veel en te gereeld insulien afskei raak jou liggaam insulienweerstandig. En as jy insulienweerstandig is neem jou selle nie die insulien op wat hy nodig het om die suikers in die bloed te verwerk nie en kry jy suikersiekte. Wat meer insulien vra. Wat jou meer laat eet. Wat jou selle nie opneem nie omdat jy insulienweerstandig is. Wat maak dat jy insulienaanvullings moet kry.
Nou ja, my vastende suikervlakke was destyds .1 (punt een) onder diabetes. NET PUNT EEN SUIKER MEER IN MY BLOED HET BETEKEN DAT EK ‘N DIABEET SOU WEES! Die Here het my beskerm. Ek het soveel waarskuwings gekry wat ek nie besef het nie. Selfs nie daardie tyd hoe ‘n verskriklike siekte diabetes is nie … mense raak blind daarvan, verloor ledemate … dis een van die top 5 indien nie top 3 gevaarlikste siektes in die wêreld.
So, my Banting het beslis gehelp dat my pre-diabetes en metabolises sindroom omgeswaai is.
Maar ek is steeds ‘n weidier wat heeldag loop en knaag en die gevaar daarin lê steeds dat dit te gereelde insulienafskeidings kan veroorsaak.
Daarom probeer ek nou slegs twee keer op ‘n dag eet met my eerste ete middagete en dan saans aandete. Beide redelike groot borde kos. En ek drink die hele oggend baie water en tee sonder melk of suiker om my te help.
Dit gaan al baie beter. Ek word nie meer regtig honger nie. Ja, my lyf vra nog vir kos en ek moet maar nog wakker wees om nie onbewustelik iets in my mond te druk nie. Tog lyk dit of daar lig in die tonnel is. En natuurlik, Bantingkos hou jou beslis langer versadig. Beslis LowGI, Glutenvry, wat is al die ander buzzwords? Die ding is, geen verandering is maklik nie, ‘n mens moet net begin. Een treetjie op ‘n slag. Een dag op ‘n slag. En as jy val, staan net weer op en beur vorentoe.
Toortsie
A tree that fills a man’s embrace grows from a seedling
A tower nine storeys high starts with one brick
A journey of a thousand miles begins with a single step
Laozi, Tao Te Ching 64
LikeLiked by 1 person
Very very true!
LikeLike
Mooi Toortsie!
LikeLike
Dankie! Nog ver om te gaan, maar elke treetjie help.
LikeLike
Sterkte, dit sal goed gaan. My pa glo ontbyt is belangrikste ete van die dag. Waarom ontbyt oorslaan?
LikeLiked by 1 person
Ek het dit ook altyd geglo en get geëet as my oë oopgaan. Omdat ek hoë vet inneem, bly ek langer versadig en kan ek regtig daarsonder klaarkom. Omdat ek net 2 etes per dag wil eet, werk dit in my huisopset beter, want ek en manlief eet nie saam ontbyt nie, maar wel middag- en aandete. So ek beïnvloed hom nie. 😌
LikeLiked by 1 person
Goeie idee.
LikeLiked by 1 person
Hou so aan. Dis vir jou gesondheid goud werd.
LikeLiked by 1 person
Dankie. Ek kom reg, maar het my nou vergryp aan salami.
LikeLike