Na die maan

Nie soos in iets is na die maan, bedoelende dis verby nie? Dit ook, maar na die maan. Una, ons blogmaatjie, mede Goue Vrou, is nou al vir ‘n geruime tyd ‘n maansitter. Ja, glo dit as jy wil, en as jy nie wil nie, moenie, of, glo dit maar steeds. Want dit is waar. Sy het ‘n sitplekkie op die maan! Sy klim op en af met ‘n touleer, soos die behoefte kom en gaan. Ek voel baie gemaklik daaroor, want sy hou oor ons almal ‘n ogie wanneer sy daar is.

Maar nee, die Goue Vroue issie so nie. Hulle glo aan een vir almal en almal vir een. Kort voor lank vra een van die Goue Vroue of sy maar ook mag kom sit daarbo. Natuurlik!, sê Una, ek skuif ‘n bietjie op. ‘n Ander een sê sy gaan dit dalk ook nog wil doen. ‘n Ander een fluister dat sy ook al daar sit.

Ek waarsku vir Una dat dit nie meer lank is voor almal van ons daar bo sit nie. En ek kan nie belowe dat ons sal stilbly nie. Waar het jy nou al in jou lewe ‘n spul vroumense bymekaar gesien wat stilbly? Soos in doodstil? Nee, antwoord sy, die ding is, ons sal moet stilsit! Want sê nou die maan tip? En hoe op dees aarde kry ons die maan weer terug in posisie? Nou vra ek jou dit ook? Dertien vroue, elkeen met die maan gepla, wat stilsit en stilbly?

Een vir een klim die Goue Vroue op met die touleer. Jy moet hulle sien! Appeltjie klim mooi ordentlik op. Netjies. Soos ‘n beheersde vrou dit behoort te doen. Trommeltjies is minder versigtig, ek en sy is mos darem al die Baviaansberg oor en het reeds elkeen ‘n erfie of twee daar, sommer styf teen mekaar! Vir Aalsie moes julle aanskou! Sy is mos die entoesiastiese Goue Vrou! Met entoesiasme het sy daardie touleer aangedurf en voor jy kan sê, ‘mes’, was sy al bo en het sy haar sit gekry. Scrapydo het mos kontakte met Elon Musk en sy het sommer daar uit New Zeeland, woerts met een van sy vinnige masjiene gaan land op die maan. Geen probleem vir háár nie! Tannie Frannie, grasieuse dame wat sy is, het sommer gou-gou onse Blitz gekry, vir VirgoC en WoordNoot gaan oppik en maklik die maan bereik. Sonell en Christa was baie waaghalsig en het ‘n lugballon gekry om hulle op die maan te besorg. Positief en Seegogga het ons groot vlieënde tent gebruik.

Al wat oorgebly het was ek! Ja, ek! Ek met die BAIE entoesiasme, nog ‘n groter mond, wat lyk of ek die wêreld se mannemoed het, vreeslik waaghalsig op die koop toe. Die waarheid is egter ‘n ander storie. Ek is bang. Vrek bang. Meer grootmond as grootmoed. En niemand het gedink om my met ‘n Elon Musk masjien op te tel, of Blitz te stuur, die VVVTT te navigeer tot by my of my op te pik met die lugballon nie. Want nee, dis nie hulle skuld nie, ék gaan mos sommer woerts warts met die touleer opklim. Ek bedoel, hoe moeilik kan dit nou eintlik wees? Una doen dit asof dit die kleinste ou dingetjie in die wêreld is, hoekom sal ek nie kan nie.

So, indien julle wonder waar ek is, ek staan steeds op die heel onderste sportjie van die touleer. Ek kom nie reg nie! Soos ek nou probeer opklim met hom, vou hy al weg. My lyf hang hierdie kant, my voete gaan net al hoe verder. Ek is nou al stokflou gesukkel en ek kom nie ‘n tree verder nie. En weet julle wat nog? Met die lot daar bo op die maan, wat glad nie stilbly of stilsit nie, skud die maan en natuurlik die touleer ook. Ek moet net klou vir al wat ek het! Want ek is aan die onderpunt van die tou. ‘n Effense beweginkie van die maan, is soos ‘n orkaan daar waar ek is! Una se man het nou al kom help om die maan te probeer vashou, maar dit werk ook nie.

“Hellooooooooo! Julle! Hellooooooo! Kom julle agter Toortsie is nog nie op die maan nie? Help. Heeeeeeelllllllllpppppp! Iemand! Hoooooooorrrrrrrr julle myyyyyy? Ek wil nie agterbly nie!!!!!!!”

Klink my my maantoeganery is wraggies na die maan! All dressed up and nowhere to go?

Tsk.

Toortsie

Naskrif. Nie alles my eie storie nie. Baie geleen by Una en ander Goue Vroue. Dit gebeur wanneer die Goue Vroue aan die kekkel raak. 🙂

45 thoughts on “Na die maan

      1. Gelukkig is ek nie n ou wat daarvan hou om Trompman los te laat loop nie. Hy het mos nie ore as hy moet terukom nie. Haha, hy kom elke nou en dan kyk hiekom ek so lank vat! Hy weet al as ek my foontjie uit het kan hy maar eers rustig n bietjie lê en ontspan.

        Like

                    1. Sug van verligting. Maar nou is ons elders en ek het sowaar die boksie met garing en naalde by die huis vergeet! Gelukkig het ek die ekstra garing wat ek gekoop het, hier. Moet nou iewers naalde gaan soek!

                      Like

    1. Jy kan sit solank jy wil. Hou net vir my asb ‘n stukkie kaasn! Ek is die banter after all. Banters eet kaas. En die maan is van kaas gemaak en ek mis nou die hele kaaspartytjie! Ek gaan sterf van FOMO en kaas-onttrekking!

      Like

        1. Mooi man! My eie Alter Ego het mos nou, na 4 jaar, besluit om terug te trek. Sy het my nie gewaarsku of niks nie, iemand anders moes my attend maak daarop. Maar hier is sy, haar volle sy, moet ek jou ook sê.

          Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!