Scrapydo neem deel aan die uitdaging: Vers per dag. In Februarie is die tema, geloof.
Ek sal graag ook aan hierdie uitdaging wil deelneem.
My eerste gedagte was natuurlik Hebreërs 11, die groot hoofstuk in die Bybel oor geloof, maar voor ek nog soontoe kon blaai, hoor ek die woorde: ‘Laat ons dan … geloof wat ons bely.’
Hebreërs 4:14: ‘Terwyl ons dan nou ‘n groot Hoëpriester het wat reeds deur die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God, laat ons vashou aan die geloof wat ons bely.’
Scrapy, sal jy my op die vingers tik as ek vergeet of laat slaplê met die uitdaging asb? Of wie agterkom dat ek nie volhou nie?
Groete
Toortsie