Is the sky the limit?

Alles is nou weer stil en rustig op Rebusfontein. Die Goue Vroue geniet sommer net die saamwees en rustigheid ná hulle ervaring van ‘n leeftyd, die Jumanji-uitdaging wat behoorlik adrenalienbelaai was. Kort-kort bars een uit van die lag oor iets wat gebeur het. Hulle hou behoorlik nabetragting. Hulle kuier van die een huisie na die ander, hulle drink romerige koffie by Appeltjie, Seegogga sorg vir gluhwein teen die koue, Toortsie dra groentesop met baie vleis in aan, VirgoC het die heerlikste, baie gesonde patee gemaak met sadebeskuitjies. Trommeltjies het gaucamole gemaak om saam met beskuitjies te eet. Frannie het heerlike vars gebakte broodjies sonder klippies in gemaak. Christa bied van die heerlikste Kazakstan tee aan. Almal bring iets.

Dis tóé wat Toortsie vir Trommeltjies vra: “Trommeltjies, onthou jy toe ABBA die dag weg is, hulle vir ons elkeen ‘n briefie gelos het? Ons het mos nooit jóú nota gelees nie? Hoe het dit dan gebeur?” Trommeltjies: “Ai, ou Toortsie, jy weet, alles was so deurmekaar, almal was nog so ‘n ‘n dwaal dat dit net per ongeluk by my verbygegaan het.” Positief: “Maar het jy dit dalk iewers, ek sal ook graag wil hoor wat daarin staan.” “Ja,” antwoord Trommeltjies, “wag, ek kry dit gou.”

Liewe Goue Vrou, jy met die goeie hart wat so omsien na almal. Ons het gehoor hoe jy kop gehou het daar in Ruanda by die Gorillas toe die Goue Vroue almal verskrik was en jy hulle liefdevol daar uitgekry het. Jaag jou drome na, reik na die sterre. The sky is the limit.

“Haai, dit is mooi”, sê Appeltjie. “Leef jou drome, reik na die sterre. The sky is the limit.”

Tannie Frannie: “‘The sky is the limit’ nogal. Hulle ken nie die Goue Vroue nie. Asof hulle hulle enigsins só sal beperk.”

Una: “Frannie, verstaan ek jou reg? Bedoel jy dat die Goue Vroue baie verder as die wolke sal mik? Verder as die blou lug?”

Frannie: “Ja. Dink net, selfs die maan is nie meer vir ons Goues ontoeganklik nie.”

Aalsie: “Wel, verder as dit beteken die ruimte.”

WoordNoot: “Nou raak julle darem waaghalsig, maar hoekom nie?”

Seegogga: “Wel, ons hét al die hele Suid-Afrika platgetoer in ‘n giggelgroenbus, ‘n stukkie van die res van die wêreld verken met ‘n tent, wat keer ons om nie die ruimte te gaan besoek nie?”

Sonell: “Die ruimte? Julle weet nie hoe graag ek nog altyd dit wou doen nie! Kom ons doen dit dadelik! Oeeeee sterre, planete, komete …”

VirgoC: “Star Wars, Marsmannetjies. Ag, dis opwindend!”

Christa: “Die lekkerte van ruimte toe gaan is dat ons nie eers ‘n Covid toets hoef te ondergaan nie.”

San: “Praat jy! Daai toets is regtig geen grap nie. Maar kom, ons kan mos nie so sit en niks doen nie?”

Ekmyselff: “Ek wou nog altyd ‘n ster vir my gepluk het. Nou is ons kans! Kom, dat ons begin!”

Catch a falling star and put it in your pocket

never let it fade away

Catch a falling star and put it in your pocket

save it for a rainy day …

Trommeltjies, sal jy ons in die ruimte kry asb? Dit was tog immers jóú brief wat ons aangespoor het?

….

Ons is ‘n groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ‘n dorp ontstaan, Rebusfontein. Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.
Hierdie hoofstuk sluit by ‘n menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.
Rebus is ons wegloop-plek, en soms ons wegkruipplek. Maar feite is, Rebus is ONS s’n.
As jy ooit lus is om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.

Die Goue Vroue gaan die Ruimte ontgin! Maar nie net die Goue Vroue nie, enige een wat graag deel wil wees van hierdie ervaring, mag saamskryf! Laat weet net vir een van ons en ons sal jou graag verwelkom. Nuwe mense bring altyd nuwe idees, nuwe entoesiasme, nuwe gees. Ons skryf in geen spesifieke volgorde nie, maar soos wat elkeen van ons aandui dat sy graag volgende wil skryf. Vier dae word toegelaat voor ‘n volgende persoon haar storie plaas sodat almal genoeg tyd het om dit te kan lees. Dit sal goed wees as ons stories by mekaar kan aansluit. Komaan dames, kom ons kyk wat die ruimte ons bied. The sky is NOT the limit! Veral nie vir die Goue Vroue nie!

Volg die storie deur op HIERDIE SKAKEL te kliek.

Toortsie

ABBA-partytjie op Rebusfontein!

Ons is ñ groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ñ dorp ontstaan, Rebusfontein. Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.
Hierdie hoofstuk sluit by ñ menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.
Rebus is ons wegloop-plek, en soms ons wegkruipplek. Maar feite is, Rebus is ONS s’n.
As jy ooit lus is om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.

Volg hierdie skakel om by die Inlinksblad te kom waar al die stories in hierdie reeks gelys word.

………

Met die Goue Vroue is daar net nooit ‘n vervelige oomblik nie. As hulle nie besig is om ‘n kalender saam te stel of kos te maak nie, besoek hulle ‘n kasteel, ontdek wonderlike geheime kamers en los sommer so terloops daardie land se politieke probleme ook op. Dit is immers hoekom die koning ons soontoe genooi het! Of hulle skryf die hartseer wat hulle uit hulle boek gesny het, terug. Die mooiste stories denkbaar.

Nou is ons lus vir partytjie hou. Soos in die ou dae. ‘n Regtige Rebusfonteinpartytjie. Una het ‘n rukkie gelede uitgespreek wat in ‘n klomp van ons se harte gelê het.

My eerste gedagte was ‘n ‘Punk Partie’ soos in die 80’s. Maar sien, ons klomp het ‘n manier om heeltemal uit te haak en ons wil darem nou nie vir die punks ‘n ding of twee wys nie. Dalk tog? Maar daar is iets anders wat al lank in sommige van ons se harte lê en dit is ‘n … ABBA partie. Ja!

So, dames, hier gaan ons! Vir die partytjie is daar heelwat reëlings wat getref moet word. Daar moet musiek gereël word, lyndans, kostuums, dekor, kos … ag julle weet tog wat alles! Elke Goue Vrou wat graag wil saamskryf, kan self besluit waarvoor sy verantwoordelik wil wees vir die partytjie. Ons gaan weer volgens ons verjaarsdagmaande skryf, maar hierdie keer van Desember af terug tot by Januarie. Laat waai! Kom vertel van die partytjie!

Foto geleen van die internet.

Wie is eerste? Desemberdames? Ons voete jeuk alreeds!

Toortsie

Oktober!

Dit is die maand, Oktober, die mooiste, mooiste maand en uiteindelik mag ek my kalenderstorie plaas.

Sonell het mos vir Isabella gekry om vir ons ‘n koskursus te kom gee. Ek wonder of Isabella enigsins ‘n idee gehad het waarvoor sy haar inlaat! Dis die Goue Vroue van wie ons praat. Sy moes mos weet dat niks, ja, niks normaal sal verloop nie!

Met Oktober wat die dae al warmer begin raak en die boere by ons begin oes, besluit ek dat ons smoothies moet maak. Soos een man kom die Goue Vroue by my huisie byeen, elkeen met ietsie wat sy voel in ‘n smoothie hoort. Ek sit die smoothiemasjien aan en elkeen gooi laggende, kekkelend en dansende iets by na goeddunke.

Appeltjie is dadelik by met bevrore bessies. Geen smoothie is ‘n smoothie sonder bessies nie, sê sy. En smoothies moet koud wees. Trommeltjies weet van Banting, sy het dit self vir baie lank gevolg en staan reg met ‘n avokado. Ek voel dat ‘n smoothie lyf moet hê en gooi ‘n handvol pekanneute by. Una sê dat ‘n piesang enige iets reg toor.

Christa hou van gesondheid en gooi ‘n appel by en San voel dat geen smoothie sonder dubbelroomjoghurt werk nie. Dis net daar wat Positief die deksel optel om room by te gooi, maar dit spat dat die rooi vloeistof die wêreldvol spat. Ons lê behoorlik soos ons lag!

Sonell hou van geur en gooi gemmerstukke by terwyl WoordNoot kaneel ingooi, want kaneel sorg vir die regte smaak. Virgo se aandeel is xylitol vir die soetigheid.

Dis toé wat Frannie en Seegogga met ‘n stout glimlag daar aankom. Hulle konkel nie verniet in die middernagtelike ure nie! ‘n Smoothie móét skop hé, sê hulle en voor iemand enigsins kan keer, gooi hulle die doepa uit ‘n deurskynende glasbottel in.

Nadat almal se smoothie in ‘n mooi glas met ‘n steel gegooi is, het ek ‘n bietjie chia saad oorgegooi vir die mooiheid.

Al wat Isabella kon doen was om haar kop te skud. So iets het sy nog nooit beleef nie. Wel, al wat ek weet, was dat dit ‘n reuse sukses was. Die smoothie smaak so lekker, want hy maak so lekker!

Die foto’s:

Toortsie

Die Goue Vroue is oral

Ja, ja, ek weet! Wat is nuut? Eers het ons Kazakstan Goue Vrou, dr Christa van Staden, in die artikel wat oor haar gedoen is in die nuutste Sarie, vertel dat sy deel is van ‘n groep vroue wat saam stories skryf. Vandag weer, was die Goue Vroue behoorlik goed verteenwoordig toe die Bredasdorpse Leeskring ‘n vergadering gehad het en ek, kan jy glo, moes gesels het oor my boekskrywery. Sien, ek kan net van myne vertel, ek weet nie hoe die ander s’n werk nie. Maar dit is mos so dat ‘n mens die heel maklikste oor jouself praat, of hoe?

Wat ‘n wonderlike groep vroue! Dit was so lekker, so warm, so gesellig.

Ek vertel toe sommer vir hulle hoe my skrywery begin het. Dat ek glad nie van opstelskryf gehou het as kind nie, nie geweet het wát om te skryf nie en altyd gevoel het dat ek ‘n verkeerde storie uitgedink het. Nie dat daar eintlik ‘n storie was nie. My opstelle het begin met dit wat ek wil sê, en dan het ek elke byvoeglike naamwoord wat ek moontlik kon insit, ingesit. Dan het ek nog probeer gorrel en dit ook bygeskryf tussen die ander sinne. Totdat ek uiteindelik genoeg woorde gehad het. Wat ‘n gemors om in te gee!

Ook, omdat ons in die hoërskool vertel is dat jy óf syfervaardig, óf taalvaardig is, en ek meer syferkundig aangelê is, het ek geglo dat ek nie daai skryfding kan doen nie. Terloops, asof ‘n mens nie weerskante toe aangelê kan wees nie. En ek het in die handelsrigting studeer, waar een plus een twee is. Eienaarsbelang = Bates – Laste. Geen gehannahanna daar oor nie.

Tot ek begin skryf het in my bidboek en daar, aan die Here se voete geleer het.

En toe begin ek, baie bang, meer as tien jaar gelede om te blog. Die beste ding ooit! Sjoe! Hoe beskryf ‘n mens dit? Dit het my selfvertroue gegee. Dit was die voorloper tot nou al drie gepubliseerde boeke en ook op ander plekke gepubliseerde werke. Wat ‘n voorreg!

En ek vertel van NaNoWriMo en hoe ek, totaal onvoorbereid, twee dae voor die tyd ingeskryf het en my onthoue wat ek gedink het ek al verloor het, oopgeskryf het, een deurtjie na die ander oopgesluit het. En wat dit vir my beteken het en ek moedig almal aan om húlle stories te skryf, want elke persoon se storie is uniek. Selfs ons tien dames wat vandag daar was, sou elkeen ‘n ander storie vertel, want ons beleef dit elkeen op haar eie manier.

En ons drie Goue Vroue hou saam toespraak. Of is dit eerder praatjie. Dis nie ‘ek vertel die storie’ nie, nee, ‘ons vertel die storie!’. Lekker! Ons vul mekaar aan. Ons vertel van die Goue Vroue, hoe ons saam stories skryf, dat ons in Afrikaans skryf, oral in die wêreld woon. Ek dink nie daardie vroue het al voorheen van so iets gehoor nie. Nuut! Splinternuwe nuus. 🙂 En ons ogies blink en ons is opgewonde en lewendig.

Ja, dit was ‘n lekker dag. Baie dankie dat julle my die geleentheid gegun het, dames van Bredasdorp Leeskring.

Toortsie

Groot opgewondenheid op Rebusfontein!

Ons is ñ groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ñ dorp ontstaan, Rebusfontein. Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.
Hierdie hoofstuk sluit by ñ menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.
Rebus is ons wegloop-plek, en soms ons wegkruipplek. Maar feite is, Rebus is ONS s’n.
As jy ooit lus is om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.

Volg hierdie skakel om by die Inlinks te kom waar al die stories in die regte volgorde verskyn: https://fresh.inlinkz.com/p/e510564f63d7492b9d9a4654518443af

………

Soos ons mos almal weet, gebeur daar altyd iets op Rebusfontein, en gewoonlik is dit die onverwagte wat gebeur. Eers het ‘n nuwe dame, San, haar intrek daar geneem, en ons was natuurlik uit ons nate van blydskap. Die volgende laat weet Nossie dat sy ook lus het om daar in te trek!

Ons nuutste verhaal waarmee ons besig is, kan hier gelees word in dieselfde volgorde as wat ek dit plaas:

  1. Eers het Una geskryf: https://travel4601.wordpress.com/2021/02/18/en-selfs-in-australie-fluister-iemand-die-goue-vroue-is-oppad-rebus-toe/

Toe ek, Toortsie: https://toortsie.com/2021/02/18/rebus-hier-kom-ek/

Daarna het Christa haar storie bygelas: https://christavanstaden.com/2021/02/19/verwelkom-nuwe-inwoner-op-rebusfontein/

San was volgende met haar groot trek na Rebusfontein: https://sandreyerskryf.wordpress.com/2021/02/19/die-groot-trek-na-rebusfontein/

Daarna het San vertel hoe sy haar Rebushuisie beplan: https://sandreyerskryf.wordpress.com/2021/02/20/my-rebushuisie/

Toe vertel Una iets interessants: Iemand het Blommetjie die koei ingekleur! https://travel4601.wordpress.com/2021/02/20/wie-is-die-skuldige/

Daarna het Aalsie ‘n pragtige gedig oor ons geliefde dorpie geskryf: https://aalsie.wordpress.com/2021/02/20/glinster-en-glans/

Weer ek, sommer ‘n stukkie gesels tussen ons Goue Vroue: https://toortsie.com/2021/02/21/blommetjie/

Appeltjie laat ook nie op haar wag nie. https://appeltjie.wordpress.com/2021/02/21/op-pad-rebusfontein-toe/

En toe vertel San van haar aankoms daar: https://sandreyerskryf.wordpress.com/2021/02/22/rebusfontein/

Intussen het daar chaos onder die diere uitgebreek en dit oor ‘n bietjie verf! https://frandr.wordpress.com/2021/02/24/verf-volgens-nommers-op-rebusfontein/

Trommeltjies het ook aangeland: https://balijatiblog.wordpress.com/2021/02/14/my-wandel/

En Una het ‘n plan … ‘n lekker plan! Nossie, ek dink as ek jy is, pak vir jou iets aanderigs in, hier kom ‘n makietie. Maar dalk is dit nie iets aanderigs nie, wag, laat ons kyk wat gebeur! Jy weet, iets ‘granderigs’. 🙂 https://travel4601.wordpress.com/2021/02/25/groot-makietie-by-huisie-sonder-naam/

So, dis waar ons storie nou trek, en dit kan in enige rigting beweeg. Hou julle veiligheidsgordels vas! En Nossie, ons is opgewonde oor jou koms. Ons wag vir jou. Dit werk so: Wanneer jy lus het, skryf jy op jou blog en val net in by die storie. Kom vertel vir ons wie jy is, waarvan jy hou en hoe jou Rebusfonteinhuisie lyk. Intussen is jy sommer net laf saam met ons. 🙂

Toortsie