Negatiewe kernoortuigings

Ek wil al ‘n hele rukkie vir julle vertel van Transformasie Gebedsbediening, of, Transformation Prayer Ministry. Toe sien ek hierdie baie oulike video van Dr Perry. I did a course in Transformation Prayer Ministry and the purpose is to identify the negative core belief, ask God’s perspective on it, get Truth and healing from it. This video explain very easily what a negative core belief is.

Die meeste van ons glo dinge van onsself wat nie waar is nie. Dinge soos, ek is ‘n sukkelaar, ek is nie goed genoeg nie, ek kan nie liefgehê word nie, ek is waardeloos, wat nog alles. Hierdie kernoortuigings word gewoonlik in ons kinderdae gemaak en dit beïnvloed ons hele lewe, keuses wat ons maak, hoe ons leef, hoe ons onsself en ander mense sien.

Selfs al weet ons die waarheid, mag dit wees dat ons anders in ons hart glo en dit wat ons glo, bepaal op die ou end ons optrede of reaksie.

Transformasie gebedsbediening is ‘n eenvoudige metode waarvolgens ons bepaal watter negatiewe kernoortuigings ons glo en waarmee ons dan waarheid by God kry. Sodoende word die leuen vervang met waarheid en bring dit heling en vernuwing. God is regtig in staat daartoe om lewens te verander.

By TPM neem ons verantwoordelikheid vir ons eie lewens. Ons kyk ons ontstellende negatiewe emosies in die oë en gaan soek doelbewus ons negatiewe kernoortuigings sodat ons kan werk maak daarvan en ophou om ons omstandighede of ander mense te blameer vir dinge wat in ons lewens gebeur. Deur dit te doen, raak ons vry en sterk en gesond. Oor en oor die moeite werd.

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Toe kom die reën

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Transformation Prayer Ministry: Bredasdorp en Riversdal

#tpm #tpmsa #tpmbredasdorp #tpmriversdal

9 thoughts on “Negatiewe kernoortuigings

  1. Negatiewe kernoortuigings…mmm, mooi gese! Jy praat so in my hart se passie in Toortsie, wonderlik om hand in hart te steek en jou vrees glo raak te vat, dit kan jou hele lewe verander as jy dit verstaan! Dankie…ek het lekker gelees!

    Liked by 2 people

      1. Die wêreld rondom my is in geheel negatief, baie meer so as in die Karoo. Ek dink dit is omdat stedelinge meer materialisties en bederf is, dinge te maklik kry en nie so maklik binne hulleself rondkrap nie. Baie arrogant, die fout is altyd elders.

        Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!