Kameel – ‘n rooi skildery, en buurvrou se pot

← oor persoonlikheid

Blogging gee jou ‘n stem… →

Die rooi skildery en buurvrou se pot

 

Lê-jou-eier: Vertel ‘n spookstorie

Hester se spookstorie het my aan diè twee gebeurtenisse laat terugdink. Ek het voorheen daaroor geblog.

Op ‘n dag stap ek by my ouers se eetkamer binne, en steek in my spore vas toe ek ‘n bloedrooi skildery teen die muur sien hang.  “Oe…. dis mooi!!” sê ek vol bewondering,  “waar kry julle dit?”  “Jou pa het dit in ‘n winkel gesien en dit was vir hom so mooi, dat hy dit daar en dan gekoop het antwoord my ma.  Ek bekyk die rooi en swart skildery eers van die kant, en dan van daardie kant af en besluit dat die skildery nie so mooi is, as wat hy anderste is nie.  “Gee hom vir my pappie, sê ek grapsgewys, waarop hy antwoord dat hy lanklaas iets gesien het wat vir hom so mooi is, so basta met my. Later die aand, oppad uit kar toe vang my oë weer die skildery.  In die donker gloei die rooi soos die oë van ‘n nagdier.  “Pappie kan net sowel die skildery vir my gee,” sê ek, “my naam staan daarop geskryf,”

Ek dink nie weer aan die skildery nie, maar toe ek ‘n paar weke later by hulle huis instap, kan ek nie help om my pa se siel ‘n bietjie uit te trek nie. “En hier hang my skildery sowaar nog,” sê ek. “Jy beter nou ophou met jou nonsens,” grom hy.  “Die laaste keer toe jy hier was en so oor die ding ‘ge-oe en “ge-a,’ het, het hy van die muur afgeval.”  “En dit in die middel van die nag,” onderbreek my ma hom, en vertel die storie verder.  Hulle het al geslaap toe hulle ‘n slag hoor. My pa het gaan kyk, en die skildery op die vloer sien lê. Die haak, en die draad waaraan hy gehang het, het egter niks makeer nie.  “Sien pappie nou, die skildery stem saam, hy wil by my gaan bly, lag ek oor die skildery se middernagtelike kapperjolle.

Met ons volgende besoek verdwyn alle grappies.  Die rooi skildery hang nie meer teen die muur nie, en my pa is baie ernstig toe hy vir my sê, “As jy nog daardie skildery wil hê, gaan haal hom agter die hangkas in die spaarkamer uit.  Vat die ding net uit my huis uit.”  Ek kyk my vredeliewende pa verbaas aan.  “Ek het net pappie se been getrek,” keer ek.  “Ek was nie ernstig oor die skildery nie.”  “Wel ek is,” sê my pa.  Weereens moet ek staan en luister hoe die skildery die nag na my laaste besoek van die muur afgeval, en die onderkant van die raam gebreek het. “Het ek nie geweet hoe graag jy die skildery wou hê nie, het ek daar en dan van hom ontslae geraak,” eindig my pa die vertelling.

Natuurlik is die rooi skildery saam huis toe, die skade herstel en teen ons muur opgehang. Hy het homself daarna stroopsoet gedra.

Nie lank na die skildery episode nie kry ons nuwe bure, wie ons so wan en dan oor die heining groet. Een middag stap ek oor en gaan stel myself ordentlik voor.  Buurvrou maak koffie en ons kuier net te lekker.  “Kom eet vanaand by ons,” nooi sy gulhartig.  Ons spreek ‘n tyd af.  Met die opstaanslag kyk ek na die mooi pot wat op ‘n lae tafeltjie staan.  “Dit is ‘n pragtige pot,” sê ek en voeg by, “gee hom vir my.”  (Natuurlik bewonder ek die pot, maar die “gee hom vir my,” is my manier van sê ’dit is besonders, en ek sal nie omgee om dit in my huis te hê nie.’)  Buurvrou lag.  “Niemand het nog ooit die pot so bewonder nie.  Was dit nie ‘n trougeskenk nie, het ek hom sowaar vir jou gegee.” 

Op die afgesproke tyd klop ons aan die deur.  Ek sien dadelik die pot se plek is leeg, maar vra nie daarna nie.  Ek hoef egter nie lank te wag nie toe sê buurvrou grootoog. “Ek moes daardie pot vanmiddag vir jou gegee het.  Jy was nie vyf minute weg nie toe hoor ek net ‘n slag.  Toe ek in die sitkamer kom lê die pot in skerwe op die vloer.  Hier is nie ‘n kind of kraai in die huis wat dit kon afstamp nie.  En dit was windstil, dit weet jy self.  Nou hoe daardie pot net van die tafel afgeval het, is vir my ‘n totale raaisel.”

Ek kry haar jammer oor die pot, en voel half skuldig – asof dit nou my skuld is dat die pot fyn en flenters in die asdrom lê.  En sommer ook dat my pa nou sonder sy skildery wat vir hom so mooi was, sit.  Net daar neem ek myself voor om nie weer ‘n ding met die woorde “gee dit vir my,” te bewonder nie.

 

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Advertisements
This entry was posted in 'In opdrag..... Bookmark the permalink.

29 Responses to Kameel – ‘n rooi skildery, en buurvrou se pot

  1. O wee Kameel, jy laat my nou lekker gril. Onthou net, ek het niks in my huis wat jy graag wil hê nie.

    Liked by 2 people

  2. travel460 sê:

    Kameel, as ek jou nou die dag saamvat Bali toe, hoe nou gemaak met jou losse ‘gee dit vir my’…??😂😂😂

    Liked by 1 person

    • Kameel sê:

      Dis nou ‘n probleem…. want as hulle goed van doe mure gaan begin afval of stukkend op die vloer beland gaan ek begin hardloop want ek trust nie so lekker die geesteswêreld daar nie. Miskien my mond met tape toeplak?

      Liked by 1 person

  3. ekmyselff sê:

    N ding val homself stukkend of 8n jou besit in.

    Liked by 1 person

  4. Toortsie sê:

    You’ve got magic in your words!

    Liked by 1 person

  5. Toortsie sê:

    Ek het al ‘n paar keer uit die bloute gewonder … hoe lank gaan ons jou nog hê. Deesdae skrik ek as daardie gedagtes in my kop kom. Ons verloor hulle in die kewe of in die dood!

    Like

  6. Gaats Kameel ek het 1o fots op my nuwe post gehad oor die experimental maan, maar nadat jy dit so bewonder het is daar nou net 5! nou verstaan ek hoekom 🙂 😉 :0

    Liked by 1 person

  7. Dit voel vir my of jy n aantrekking het vir mooi goed. Wat was verder op die rooi skildery wat jou aandag so getrek het? Wonder hoe ons op mekaar sal reageer as ons werklik ontmoet. Ek het n hele paar jare gelede n hande oplegging bygewoon.Die persoon aan my linkerkant het n krag uitgestraal of uitgestuur wat ek gevoel het toe ons op einde hande moes vat en in ons gedagtes vra vir heling. Dit was n belewenis wat ek nog steeds nie vergeet nie. Dit was juis op die stadium van my lewe dat ek wou opgee.

    Liked by 1 person

    • Kameel sê:

      Mooi trek my soos ‘n magneet…. ek sal maklik iemand wat ek nie ken nie stop en sê wat vir my mooi is aan hulle. Die skildery was net vreemd omdat die landskap alles bloedrooi was en in die donker soos neon gegloei het. My eerlike opinie is dat daar evil magte aan die werk was met die skildery en die pot, deur my woorde. Ek was daardie jare diep in duisternis en ongered. Die ondervinding waarvan jy praat is die krag van die Heilige Gees wat deur God se kinders werk. Daarmee het ek al heelwat te doen gekry, en dit is wonderlik wanneer God so direk werk.

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s